settings icon
share icon

Nuwe Testament Samevatting

Die Nuwe Testament is in vyf dele opgedeel: die Evangelies (Matteus tot Johannes), geskiedenis (Handelinge), Paulus se Sendingbriewe (Romeine tot Filemon), die Algemene Sendingbriewe (Hebreërs tot Juda) en profeties (die boek Openbaring). Die Nuwe Testament is van ongeveer 45 AD tot ongeveer 95 AD geskryf. Die Nuwe Testament is was in Koine Greek (gewone Grieks, die alledaagse vorm van die Griekse taal in die eerste eeu AD.)

Die Evangelies bied ons vier verskillende, maar nie botsende weergawes nie, van die geboorte, lewe, bediening, dood en opstanding van Jesus Christus. Die Evangelies demonstreer hoe Jesus die beloofde Messias van die Ou Testament is en lê die grondslag vir die lering van die res van die Nuwe Testament. Handelinge vertel van die dade van Jesus se apostels, die manne wat Jesus uitgestuur het om Die Evangelie van verlossing regoor die wêreld uit te dra. Handelinge vertel ook van die ontstaan van die kerk en die vinnige groei in die eerste eeu AD. Paulus se Sendingbriewe, geskryf deur Paulus self, is briewe aan spesifieke kerke – dit gee amptelike Christelike lering en die praktyk wat gevolg moet word. Die Algemene Sendingbriewe vul Paulus se briewe aan deur addisionele lering en toepassing. Die boek Openbaring gee profetiese lering oor die gebeure van die eindtye.

‘n Samevatting van die Nuwe Testament is ‘n kragtige en lonende studie. Die Nuwe Testament vertel ons van Jesus se sterwe in ons plek aan die kruis – en wat ons antwoord op Sy dood moet wees. Die Nuwe Testament fokus op suiwer Christelike lering saam met die praktiese resultate wat ná lering moet volg. Onderstaande is opsommings van die verskeie Nuwe Testamentiese Boeke. Ons hoop werklik jy vind ons Nuwe Testamentiese Samevatting bruikbaar op jou lewenspad saam met Christus.

English



Evangelie Matteus

Evangelie Markus

Evangelie van Lukas

Evangelie van Johannes

Die boek Handelinge

Boek Romeine

Boek 1 Korintiërs

Boek 2 Korintiërs

Boek Galasiërs

Boek Efesiërs

Boek Filippense

Boek Kolossense

Boek 1 Tessalonisense

Boek 2 Tessalonisense

Boek 1 Timoteus

Boek 2 Timoteus

Boek Titus

Boek Filemon

Boek Hebreërs

Boek Jakobus

Boek 1 Petrus

Boek 2 Petrus

Boek 1 Johannes

Boek 2 Johannes

Boek 3 Johannes

Boek Judas

Boek Openbaring



Bybelsamevatting

Ou Testament Samevatting



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Nuwe Testament Samevatting
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries