settings icon
share icon

Boek 1 Korintiërs

Skrywer: 1 Kor 1:1 identifiseer die skrywer van die boek 1 Korintiërs as die apostel Paulus.

Datum van Skrywe: 1 Korintiërs is ongeveer 55 n C geskrywe.

Doel van Skrywe: Die apostel Paulus het die kerk in Korinte gestig. 'n Paar jaar nadat hy die kerk verlaat het, het Paulus ontstellende nuus oor die kerk daar gekry. Hulle was vol trotsheid en seksuele immoraliteit was in omgang. Geestelike gawes is onbehoorlik aangewend en daar was verregaande misverstande in verband met sleutel Christelike leerstellings. Die apostel Paulus het sy eerste brief aan die Korintiërs geskryf in 'n poging om die Korintiese kerk terug, tot by sy fondasie, – Jesus Christus – te herstel.

Sleutelverse: 1 Kor 3:3, "want julle is nog wêreldse mense. Daar kom jaloesie en twis onder julle voor. Is dit nie omdat julle nog wêrelds is en julle wêrelds gedra nie?"

1 Kor 6:19-20, "Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik."

1 Kor 10:31, "Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God."

1 Kor 12:7, "Aan elkeen afsonderlik word 'n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal."

1 Kor 13:4-7, "Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles."

1 Kor 15: 3-4, " Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte."

Kort Samevatting: Die Korintiese kerk is deur verdeeldheid ontwrig. Die gelowiges in Korinte is in groepe verdeel en het lojaal gebly teenoor sekere geestelike leiers (1 Kor 1:12; 3:1-6). Paulus het die Korintiese gelowiges vermaan om verenig te lewe, as gevolg van toewyding aan Christus (1 Kor 3:21-23). Baie mense in die kerk het hoofsaaklik 'n immorele verhouding goedgekeur (1 Kor 5:1-2). Paulus het hulle opdrag gegee om die slegte mens uit die kerk te verban (1 Kor 5:13). Die gelowiges het mekaar hof toe geneem (1 Kor 6:1-2). Paulus het die Korintiërs geleer dat dit beter sou wees om 'n saak self te besleg, anders as om hul Christelike getuienis te skaad (1 Kor 6:3-8).

Paulus het die kerk opdrag gegee aangaande die huwelik en om selibaat te wees (hoofstuk 7), oor kos wat aan afgode geoffer word (Hoofstukke 8 en 10), Christelike Vryheid (Hoofstuk 9), hoofbedekking van vroue (1 Kor 11:1-16), die Nagmaal ( 1 Kor 11:17-34), geestelike gawes (hoofstukke 12-14) en die opstanding (hoofstuk 15). Paulus het die boek van 1 Korintiërs saamgestel deur beantwoording van vrae wat die Korintiese gelowiges hom gevra het en deur teenoor ongewenste gedrag te reageer en ook teenoor onjuiste oortuigings wat hulle aangehang het.

Skakelings: In hoofstuk 10 van 1 Korintiërs, gebruik Paulus die storie van die Israeliete wat deur die woestyn trek om aan die Korintiese gelowiges te illustreer die dwaasheid van misbruikte vryheid en die gevaar van selfversekerdheid. Paulus het die Korintiërs gewaarsku oor hul tekort aan selfdissipline (1 Kor 9:24-27). Hy gaan voort om te beskryf hoe die Israeliete, ten spyte van al God se wonderwerke en sorg aan hulle – die verdeling van die Rooi See, die wonderbaarlike voorsiening van hemelse manna en water uit 'n rots – hulle hul vryheid misbruik het, teenoor God gerebelleer het en verval het in immoraliteit en afgodery. Paulus het die Korintiese kerk gemaan om te let op die Israeliete se voorbeeld en listigheid en seksuele immoraliteit te vermy (verse 6-8) en nie God te toets en nie te murmureer nie (verse 9-10). Lees Numeri 11:4, 34, 25:1-9; Eks 16:2, 17:2, 7.

Praktiese Toepassing: Baie van die probleme en vrae waarmee die Korintiese kerk mee gekonfronteer was, is nog steeds in vandag se kerk teenwoordig. Kerke sukkel steeds met verdeeldheid, met immoraliteit en met die aanwending van geestelike gawes. Die boek 1 Korintiërs kon net sowel aan die kerk van vandag geskryf gewees het en ons kon net sowel gehoor gee aan Paulus se waarskuwings en dit vir onsself toepas. Ten spyte van al die vermanings en teregwysigings, bring 1 Korintiërs ons aandag terug na waar dit behoort te wees – op Christus. Opregte Christelike liefde is die antwoord op baie probleme (Hoofstuk 13). 'n Behoorlike begrip oor die opstanding van Christus, soos in hoofstuk 15 geopenbaar en daarby 'n behoorlike verstaan van ons eie opstanding, is die genesing vir dit wat verdeeldheid meebring en ons sodoende vernietig.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Boek 1 Korintiërs
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries