settings icon
share icon

Boek Titus

Skrywer: Titus 1:1 identifiseer die apostel Paulus as die outeur van Titus.

Datum van Skrywe: Die sendbrief aan Titus is ongeveer 66 n C geskryf. Paulus se baie reise is goed gedokumenteer en dit dui aan dat hy aan Titus uit Nikopolis in Epirus geskryf het. In sommige Bybels lyk dit asof Paulus uit Nikopolis in Masedonië geskryf het. Tog is daar nie so 'n plek bekend nie en daar is geen geskrifte met outoriteit nie, aangesien hulle nie onbetroubaar is nie.

Doel van Skrywe: Die sendbrief aan Titus is bekend as een van die Pastorale Sendbriewe, soos die twee briewe aan Timoteus. Hierdie brief is deur Paulus geskryf om sy broer in die geloof, Titus, te bemoedig. Hy het hom in Kreta gelos om die kerk te lei, wat Paulus op een van sy sendingreise gestig het (Titus 1:5). Hierdie brief adviseer Titus na watter kwalifikasies daar in kerkleiers gekyk moet word. Hy waarsku Titus ook aangaande die reputasies van die inwoners van die eiland Kreta (Titus 1:12).

Paulus het Titus ook bemoedig om na Nikopolis terug te gaan vir 'n besoek. Met ander woorde, Paulus het voortgegaan om Titus en nog andere te dissipel, soos hulle in die genade van die Here gegroei het (Titus 3:13).

Sleutelverse: Titus 1:5, "Ek het jou op Kreta agtergelaat met die bedoeling dat jy die dinge wat nog gereël moes word, in orde moet bring en dat jy in elke dorp ouderlinge moet aanstel soos ek dit aan jou opgedra het."

Titus 1:16,"Hulle gee voor dat hulle God ken, maar hulle dade weerspreek dit. Hulle is verfoeilik en koppig en deug vir geen goeie werk nie."

Titus 2:15, "Dit is die dinge waaroor jy moet praat. Gebruik jou volle gesag om aan te moedig en tereg te wys. Gee aan niemand aanleiding om op jou neer te sien nie."

Titus 3:3-6, "Vroeër was ons ook onverstandig, ongehoorsaam, op die verkeerde pad, verslaaf aan allerlei begeertes en singenot; ons het ons lewe in kwaadwilligheid en jaloesie deurgebring; ons was haatlik en het mekaar gehaat. Maar toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir die mens verskyn. Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van Sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser."

Kort Samevatting: Hoe wonderlik moes dit nie gewees het toe Titus 'n brief van sy mentor, Paulus, ontvang het nie. Paulus was hoog in aansien en tereg ook so, want hy het verskeie kerke tot stand gebring, regdeur die oostelike wêreld. Hierdie beroemde inleiding van die apostel sou deur Titus gelees word, "Aan Titus, my eie kind in die geloof wat ons albei bely. Genade en vrede van God die Vader en Christus Jesus ons Verlosser! (Titus 1:4).

Die eiland van Kreta waar Titus deur Paulus gelos is om die kerk te lei, was bewoon deur inboorlinge van die eiland en Jode wat nie die waarheid oor Jesus Christus geken het nie (Titus 1:12-14). Paulus het homself verantwoordelik gevoel om met Titus op te volg en hom instruksies te gee en te bemoedig met sy opleiding van kerkleiers in Kreta. Soos die apostel Paulus vir Titus leiding gegee het in sy soeke na leiers, het hy ook voorgestel dat Titus die leiers onderrig, sodat hulle in hul geloof in Christus kan groei. Sy opleiding het beide manne en vroue van alle ouderdomme ingesluit (Titus 2:1-8).

Om Titus te help met sy geloofsgroei in Christus, het Paulus voorgestel dat Titus na Nikopolis toe gaan en saam met hom twee gemeentelede van die kerk saambring (Titus 3:12-13).

Skakelpunte: Paulus het dit weer nodig gevind om die kerkleiers te waarsku teen Judaïsme. Hulle het werke bygevoeg tot die genadegawe, waaruit verlossing gevloei het. Hy waarsku teen rebelse verleiers, veral diegene wat voortgegaan het met besnyding en die aanhang van rituele en seremonies van die Mosaïese wet (Titus 1:10-11). Hierdie tema word regdeur Paulus se sendbriewe voortgesit en in die boek Titus gaan hy selfs sover om te sê "Hulle mond moet gesnoer word."

Praktiese Toepassing: Die apostel Paulus verdien ons aandag as ons na die Bybel kyk vir leiding om 'n lewe van gehoorsaamheid voor die Here te leef. Ons kan leer wat ons moet vermy, sowel as wat ons streef om na te volg. Paulus stel voor dat ons strewe moet wees om rein te lewe en dinge wat ons gedagtes en verstand besoedel, te vermy. Dan maak Paulus 'n verklaring wat ons nooit moet vergeet nie: "Hulle gee voor dat hulle God ken, maar hulle dade weerspreek dit. Hulle is verfoeilik en koppig en deug vir geen goeie werk nie" (Titus 1:16). Ons as Christene moet onsself ondersoek om seker te maak dat ons op die regte pad is ten opsigte van ons geloof in Christus, wat ons bely (2 Kor 13:5).

Saam met hierdie waarskuwing, vertel Paulus ons hoe om te vermy om God te ontken: "Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van Sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser" (Titus 3:5-6). Deur daagliks ons gedagtes te vernuwe deur die Heilige Gees, kan ons verander in Christene wat God, deur die manier waarop ons lewe, vereer.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Boek Titus
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries