settings icon
share icon

Evangelie Matteus

Skrywer: Hierdie Evangelie staan bekend as die Evangelie van Matteus, omdat dit deur die apostel met dieselfde naam geskryf is. Die skryfstyl van die boek is presies wat van 'n destydse belastinggaarder verwag sou word. Matteus het 'n ywerige belangstelling in rekenkunde (18:23-24; 25:14-15). Die boek is baie goed georden en saaklik. Eerder as om in kronologiese volgorde te skryf, rangskik Matteus hierdie Evangelie in ses besprekings.

Soos 'n belastinggaarder, het Matteus 'n gawe besit, wat sy skryfwerk al hoe aangenamer vir Christene maak. Daar was verwag dat tollenaars die vermoë gehad het om in 'n tipe van snelskrif te kon skryf, wat hoofsaaklik beteken het dat Matteus 'n persoon se woorde, terwyl hy/sy gepraat het, woord vir woord, sou neerskryf. Hierdie vermoë beteken dat Matteus se woorde nie alleen deur die Heilige Gees geïnspireer is nie, maar ook 'n presiese transkripsie van sommige van Christus se preke kan wees. Die Bergpredikasie byvoorbeeld, is in hoofstukke 5-7 geskryf en is bykans sekerlik 'n presiese weergawe van daardie wonderlike boodskap.

Datum van Skrywe: Matteus, die apostel, het hierdie boek in die vroeë periode van die kerk geskryf, waarskynlik om en by 50 n C. Dit was gedurende 'n tyd waar die meeste Christene Joodse bekeerlinge was. Matteus konsentreer dus op Joodse perspektief in hierdie Evangelie, wat verstaanbaar is.

Doel van Skrywe: Matteus probeer om aan die Jode te bewys dat Jesus Christus die beloofde Messias is. Meer as enige ander Evangelie, haal Matteus die Ou Testament aan om te wys dat Jesus die woorde van die Joodse profete vervul het. Matteus beskryf breedvoerig die geslagslyn van Jesus vanaf Dawid en gebruik baie spreekvorme wat die Jode gemaklik sou laat voel. Matteus se liefde en omgee vir sy mense is duidelik sigbaar deur sy oorpresiese houding, ten opsigte van die oorvertelling van die Evangelie.

Sleutelverse: Matt 5:17: "Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle, hulle volle betekenis te laat kry."

Matt 5:43_44: "Julle het gehoor dat daar gesê is: 'Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.' Maar Ek sê vir julle: 'Julle moet julle vyande liefhê en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg.'"

Matt 6:9-13: "So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat U Naam geheilig word; laat U koninkryk kom; laat U wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons oortredinge soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose."

Matt 16:26: "Wat sal dit 'n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal 'n mens gee in ruil vir sy lewe?"

Matt 22:37-40: "Jesus antwoord hom: 'Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.' Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelykstaan, is: 'Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.' In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat."

Matt 27:31: "Nadat hulle Hom klaar bespot het, het hulle die mantel uitgetrek en weer Sy eie klere vir Hom aangetrek. Toe lei hulle Hom weg om Hom te kruisig."

Matt 28:5-6: "Toe sê die engel vir die vroue: 'Julle moet nie bang wees nie. Ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is. Hy is nie hier nie, want Hy is uit die dood opgewek, soos Hy gesê het. Kom nader en kyk: daar is die plek waar Hy gelê het.'"

Matt 28:19-20: "Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle bevel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld."

Kort Samevatting: In die eerste twee hoofstukke bespreek Matteus die geslagsregister, geboorte en Christus se vroeë lewe. Van daar af volg die bediening van Jesus. Die beskrywings van Christus se leringe is rondom "gesprekke" soos die Bergpredikasie in hoofstukke 5-7. Hoofstuk 10 behels die sending en doel van die dissipels; hoofstuk 13 is 'n samevatting van die gelykenisse; hoofstuk 18 bespreek die kerk; hoofstuk 23 begin 'n gesprek oor skynheiligheid en die toekoms. Hoofstukke 21-27 bespreek die gevangeneming, marteling en teregstelling van Jesus. Die laaste hoofstuk beskryf die Opstanding en die Groot Opdrag.

Skakelpunte: Aangesien dit Matteus se doel was om Jesus Christus as die Koning en Messias van Israel voor te stel, haal hy meer uit die Ou Testament aan as enige van die ander drie Evangelieskrywers. Matteus haal meer as 60 keer vanuit die profetiese gedeeltes in die Ou Testament aan, om te bewys hoe Jesus dit vervul het. Hy begin sy Evangelie met die geslagsregister van Jesus tot sover terug tot by Abraham, die stamvader van die Jode. Vandaar af haal Matteus omvattend aan vanuit die profete, dikwels met die volgende frase "Dit het alles gebeur sodat die woord wat die Here deur Sy profeet gesê het, vervul sou word" (Matt 1:22-23, 2:5-6, 2:15, 4:13-16, 8:16-17, 13:35, 21:4-5). Hierdie verse verwys na die Ou Testamentiese profesieë aangaande Sy maagdelike geboorte (Jes 7:14) in Betlehem (Miga 5:2), Sy terugkeer na Egipte na die dood van Herodes (Hoses 11:1), Sy bediening aan die Heidene (Jes 9:1-2; 60:1-3), Sy wonderwerkende genesings van siel en liggaam (Jes 53:4), Sy vertellings in gelykenisse (Ps 78:2), en Sy triomfantelike intog in Jerusalem (Sag 9:9).

Praktiese Toepassing: Die Evangelie van Matteus is 'n uitstekende inleiding ten opsigte van die kernleringe van die Christendom. Die logiese oorsigtelike skryfstyl maak dit maklik om die gesprekke oor verskeie onderwerpe in konteks te plaas. Die Evangelie van Matteus is veral baie handig om te verstaan hoe die lewe van Christus, die vervulling van die Ou Testamentiese profesieë waar gemaak het.

Die gehoor waarop Matteus gemik het, was sy mede-Jode, waarvan baie – veral die Fariseërs en Sadduseërs – koppig geweier het om Jesus as hul Messias te aanvaar. Ten spyte van eeue van lees en bestudering van die Ou Testament, was hul oë verblind vir die waarheid van wie Jesus was. Jesus het hulle bestraf vir hul hardheid van hart en hul weiering om dié Een te erken, vir Wie hulle veronderstel was om te wag (Joh 5:38-40). Hulle wou 'n Messias op hul eie voorwaardes hê, een wat volgens hul begeertes sou optree en doen wat hulle van hom verwag het. Hoe dikwels soek ons God nie op ons eie voorwaardes nie? Verwerp ons Hom nie deur aan Hom voor te skryf watter eienskappe ons aanvaarbaar vind nie, daardie wat ons goed laat voel – Sy liefde, genade, barmhartigheid – terwyl ons daardie verwerp wat ons aanstootlik vind – Sy wraak, oordeel, en heilige woede? Ons durf nie dieselfde fout begaan as die Fariseërs nie, deur God te skep na ons eie beeld en van Hom te verwag om volgens ons eie standaarde op te tree nie. So 'n God is niks meer as net 'n afgod nie. Die Bybel gee vir ons meer as genoeg inligting oor die ware natuur en identiteit van God en Jesus Christus, wat ons aanbidding en gehoorsaamheid waarborg.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Evangelie Matteus
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries