settings icon
share icon

Boek 1 Tessalonisense

Skrywer: 1 Tessalonisense 1:1 dui aan dat hierdie boek deur die apostel Paulus geskryf is, heel moontlik saam met Silas en Timoteus.

Datum van Skrywe: 1 Tessalonisense is ongeveer 50 n C geskryf.

Doel van Skrywe: In die kerk van Tessalonisense was daar 'n paar misverstande rondom die wederkoms van Christus. Paulus het gepoog om dit in sy brief op te klaar. Hy het dit ook geskryf as 'n aanduiding van 'n heilige lewe.

Sleutelverse: 1 Tes 3:5, "Toe ek dus nie langer kon uithou nie, het ek vir Timoteus gestuur om vas te stel hoe dit met julle geloof staan: of die verleier julle nie reeds verlei het en al ons harde werk dalk op niks uitgeloop het nie."

1 Tess 3:7, "Daarom, broers, het ons in al ons nood en swaarkry weer moed geskep vir julle omdat julle nog glo."

1 Tess 4:14-17, "Ons glo immers dat Jesus gesterwe maar ook opgestaan het. Net so glo ons ook dat God saam met Jesus die ontslapenes wat in Hom geglo het, na Hom toe sal neem. Dit sê ons vir julle op grond van wat die Here gesê het: Ons wat bly lewe tot met die wederkoms van die Here, sal die ontslapenes hoegenaamd nie voor wees nie. Wanneer die bevel gegee word en die stem van die aartsengel en die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood opstaan; daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet. En so sal ons altyd by die Here wees."

1 Tess 5:16, "Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag."

Kort Samevatting: Die eerste drie hoofstukke handel oor Paulus wat verlang om die kerk in Tessalonisense te besoek, maar tot nog toe deur Satan verhinder is (1 Tess 2:18) en hoe Paulus oor hulle bekommerd en bemoedig was om te hoor hoe dit met hulle gaan. Paulus bid dan vir hulle (1 Tess 3:11-13). In hoofstuk 4, leer Paulus die gelowiges in Tessalonisense hoe om 'n heilige lewe in Christus Jesus te leef (1 Tess 4:1-12). Paulus gaan voort met lering aangaande 'n misverstand wat hulle het. Hy vertel hulle dat die mense wat in Christus Jesus gesterf het, ook hemel toe sal gaan wanneer Hy weer terugkom (1 Tess 4:13-18, 5:1-11). Die boek eindig met finale opdragte oor hoe om 'n Christelike lewe te leef.

Skakelpunte: Paulus herinner die Tessalonisense dat die vervolging deur hul eie mense, die Jode, (2:15) die Jode wat hul Messias verwerp het, dieselfde mense is, wat die Ou Testamentiese profete laat ly het (Jer 2:30; Matt 23:31). Jesus het gewaarsku dat die ware profete van God altyd deur die onregverdiges vervolg sou word (Luk 11:49). In Kolossense herinner Paulus hulle aan daardie waarheid.

Praktiese Toepassing: Hierdie boek is op baie lewenssituasies van toepassing. Dit gee vir ons as Christene die vertroue dat, dood of lewend, wanneer Christus weer kom, ons almal saam met Hom sal wees (1 Tess 4:13-18). Dit verseker ons as Christene dat ons nie God se wraak sal ontvang nie (1 Tess 5:8-9). Dit leer ons hoe om die Christelike lewe daagliks te leef en die regte pad te stap (1 Tess 4-5).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Boek 1 Tessalonisense
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries