settings icon
share icon

Boek 2 Johannes

Skrywer: 2 Johannes noem nie 'n skrywer nie. Volgens oorlewering was dit die apostel Johannes. Daar was verskeie bespiegelinge oor die jare heen dat 'n ander dissipel van Christus, by name Johannes, dit kon geskryf het. Al die getuienis wys egter na Johannes, die geliefde dissipel, wat ook die Johannes Evangelie geskryf het.

Datum van Skrywe: 2 Johannes is heel waarskynlik gedurende dieselfde tyd as die ander briewe, 1 en 3 Johannes geskryf, tussen 85-95 n C.

Doel van Skrywe: 2 Johannes is 'n dringende oproep dat die lesers van Johannes se brief hul liefde vir God en Sy Seun Jesus moes betoon, deur die wet om mekaar lief te hê, te gehoorsaam en hul lewens in gehoorsaamheid aan die Skrif te leef. Die brief is ook 'n skerp vermaning om op die uitkyk vir bedrieërs te wees, wat predik dat Christus nie werklik in die vlees opgestaan het nie.

Sleutelverse: 2 Joh:6, "En liefde beteken dat ons volgens die gebooie van God lewe. Soos julle van die begin af gehoor het, is dit Sy gebod dat julle in liefde moet lewe."

2 Joh:8-9, "Julle moet toesien dat julle nie verloor wat ons voor gewerk het nie, maar dat julle die volle loon ontvang. Elkeen wat nie by die leer oor Christus bly nie maar daarvan verander, erken God nie. Wie in dié leer bly, erken sowel die Vader as die Seun."

Kort Samevatting: 2 Johannes is gerig aan "die uitverkore vrou en aan haar kinders." Dit kon óf 'n belangrike dame in die kerk wees óf n verwysing na die plaaslike kerk en die gemeente. In daardie dae van vervolging is sulke verskuilde begroetinge dikwels gebruik.

Hierdie brief handel hoofsaaklik oor 'n dringende waarskuwing rakende bedrieglike mense, wat nie die ware leer van Christus verkondig het nie en wat oortuig was dat Jesus nie in die vlees, maar net in die gees opgestaan het. Johannes is baie begaan dat ware gelowiges van hierdie valse leraars bewus moes wees en niks met hulle te doen sou hê nie.

Skakelings: Johannes beskryf liefde nie as 'n emosie of gevoel nie, maar as gehoorsaamheid aan die gebooie van God. Jesus het die belangrikheid van die gebooie herhaal, veral die "eerste en grootste gebod", liefde vir God (Deut 6:5) en die tweede – liefde vir mekaar (Matt 22:37-40; Lev 19:18). Jesus het nie gekom om die wet van die Ou Testament te vernietig nie, maar om dit te kom vervul deur die betekenis van vervulling op Homself te neem.

Praktiese Toepassing: Dit is uiters belangrik dat ons alles wat ons sien, moet nagaan, hoor en lees wat aanspraak maak op "Christenskap" en met die Skrif moet vergelyk. Dit kan nie sterk genoeg beklemtoon word nie, aangesien een van Satan se grootste wapens "misleiding" is. Dit is baie maklik om ingetrek te word deur 'n nuwe en aantreklike leer of godsdiens wat op die oog af lyk of dit op die Skrif gegrond is, maar van naderby bekyk, is dit ver weg van die Woord van God. Indien wat gebeur nie duidelik in lyn is met die Skrif nie, is dit vals en nie van die Gees af nie en ons moet dit ten alle koste verwerp.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Boek 2 Johannes
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries