settings icon
share icon

Boek Filemon

Skrywer: Die outeur van die boek Filemon was die apostel Paulus (Filemon 1:1).

Datum van Skrywe: Filemon is ongeveer 60 n C geskryf.

Doel van Skrywe: Die brief aan Filemon is die kortste van al Paulus se geskrifte en handel oor die praktyk van slawerny. Volgens die brief wil dit voorkom asof Paulus in die tronk was gedurende die skrywe. Filemon was 'n slawe-eienaar wat ook 'n kerk in sy huis bedryf het. Gedurende Paulus se bediening in Efese, het Filemon blykbaar na die stad toe gereis, van Paulus se prediking gehoor en 'n Christen geword. Die slaaf, Onesimus, het vir Filemon, sy eienaar, besteel en weggehardloop na Rome, waar Paulus was. Onesimus was nog steeds die eiendom van Filemon en Paulus het die brief geskryf om sy terugkeer na sy eienaar te versag. Deur middel van Paulus se getuienis, het Onesimus 'n Christen geraak (Fil:10) en Paulus het gevra dat Filemon, Onesimus as 'n broer in Christus moes aanvaar en nie net as 'n slaaf nie.

Sleutelverse: Fil:6, "My bede is dat die gemeenskap wat jy deur die geloof met ons het, jou 'n dieper insig sal gee in al die goeie dinge wat ons vir Christus kan doen.

Fil:16, "nou nie langer as 'n slaaf nie, maar meer as 'n slaaf: as 'n geliefde broer. Dit is hy besonderlik vir my; hoeveel te meer sal hy dit dan nie vir jou wees nie, as mens en as broer in die Here."

Fil:18, "As hy jou enige skade aangedoen het of iets skuld, sit dit op my rekening."

Kort Samevatting: Paulus het die eienaars van slawe gewaarsku dat hulle 'n verantwoordelikheid teenoor hul slawe het en het slawe daarop gewys dat hulle verantwoordelike, morele, godvresende wesens moes wees. Deur Filemon het Paulus nie slawerny veroordeel nie, maar hy het Onesimus voorgestel as 'n Christenbroer in plaas van 'n slaaf. Wanneer 'n eienaar na 'n slaaf as 'n broer kan verwys, het die slaaf 'n posisie bereik waarin die wetlike benaming van "slaaf" betekenisloos is. Die vroeë kerk het nie slawerny direk aangeval nie, maar 'n fondasie gelê vir 'n nuwe verhouding tussen eienaar en slaaf. Paulus het probeer om beide Filemon en Onesimus met Christusliefde te verenig, sodat vrylating noodsaaklik sou word. Slegs na blootstelling aan die lig van die Evangelie, sou die instelling van slawerny uitsterf.

Skakelpunte: Byna nêrens in die Nuwe Testament is die onderskeiding tussen wet en genade so pragtig uitgebeeld nie. Beide die Romeinse wet en die Mosaïese wet van die Ou Testament het aan Filemon die reg gegee om 'n wegloopslaaf, wat as eiendom beskou was, te straf. Die Genadeverbond deur die Here Jesus egter het beide eienaar en slaaf toegelaat om in liefde, op gelyke basis, 'n verhouding te bou, in die liggaam van Christus.

Praktiese Toepassing: Werkgewers, politieke leiers, korporatiewe amptenare en ouers kan die gees van Paulus se lering volg, deur Christelike amptenare, medewerkers en familielede as lede van die liggaam van Christus te behandel. Christene in moderne gemeenskappe moenie helpers as 'n oorgangsmiddel beskou, om hulle te help om hul doelwitte te bereik nie, maar as Christenbroers en -susters wat genadig behandel moet word. Alle Christelike leiers moet erken dat God hulle verantwoordelik hou vir die behandeling van diegene wat vir hulle werk, óf die werkers Christene is óf nie. Hulle (die leiers) moet uiteindelik aan God verantwoordbaar wees vir hul optrede (Kol 4:1).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Boek Filemon
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries