settings icon
share icon

Boek Kolossense

Skrywer: Die apostel Paulus is die hoofskrywer van Kolossense (Kol 1:13). Timoteus ontvang egter ook krediet daarvoor.

Datum van Skrywe: Kolossense is waarskynlik tussen 58-62 n C geskrywe.

Doel van Skrywe: Kolossense is 'n sedeleerkursus in die kleine en dit spreek elke area van die Christelike lewe aan. Paulus begin by die individuele lewe en gaan voort na die huis en die familie, vanaf die werk tot die manier hoe ons mekaar moet behandel. Hierdie tema in hierdie boek dui op die volkomenheid van ons Here, Jesus Christus om ons behoeftes op elke terrein tegemoet te kom.

Sleutelverse: Kol 1:15-16, "Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie. Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping. God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, ook die engele om Sy troon en al die geestelike magte. Alles is deur Hom en vir Hom geskep."

Kol 2:8, "Pas op dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Dit is dinge wat berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reëls en nie op Christus nie."

Kol 3:12-13, "Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe."

Kol 4:5-6, "Tree met wysheid op teenoor die mense wat nog buite die gemeente is. Maak die beste gebruik van elke geleentheid. Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord."

Kort Samevatting: Kolossense is uitdruklik geskrywe om die dwaalleer wat in Kolosse ontstaan het, aan te spreek, aangesien dit die voortbestaan van die kerk in gevaargestel het. Ons weet nie wat aan Paulus vertel is nie, maar hierdie brief is sy antwoord daarop. Ons vermoede kan ons baseer op Paulus se antwoord dat hy besig was om te handel met 'n verwronge siening van Christus. (Sy ware en werklike mensheid en nie 'n aanvaarding van Sy volmaakte goddelikheid nie.) Dit wil voorkom of Paulus ook ontevrede is met die "Joodse" klem wat gelê word op besnydenis en tradisies (Kol 2:8-11; 3:11). Dit wil voorkom of die dwaalleer óf 'n Joodse-Gnostisisme óf 'n mengsel tussen Joodse asketisme en Griekse (Stoïsynse?) filosofie is. Hy doen 'n merkwaardige werk deur ons te wys op die volheid van Christus.

Die boek Kolossense bevat dogmatiese onderrig oor die goddelikheid van Christus en valse filosofieë (1:15-2:23), sowel as praktiese vermanings aangaande Christelike gedrag, waaronder vriende en redevoering (3:1-4:18).

Skakelpunte: Soos met al die vroeëre kerke, was die Joodse wettisisme in Kolosse vir Paulus van groot besorgdheid. Die konsep van verlossing deur genade, sonder werke, was so radikaal, dat diegene wat in die Ou Testamentiese wet opgegaan het, dit moeilik gevind het om te begryp. Gevolglik was daar aanhoudende beweging tussen die wettiese navolgers om sekere wetsvereistes by hierdie nuwe geloof by te voeg. Die vereiste van besnydenis was veral hoog op die lys, aangesien dit nog steeds onder die Joodse bekeerlinge 'n gebruik was. Paulus het hierdie fout teengestaan in Kol 2:11-15, waar hy verklaar het dat besnydenis van die vlees nie meer nodig was nie, aangesien Christus gekom het. Hy was die besnydenis van die hart, nie die vlees nie en daardeur is die seremoniële gebruike van die Ou Testament nie langer meer nodig nie (Deut 10:16, 30:6; Jer 4:4, 9:26; Hand 7:51; Rom 2:29).

Praktiese Toepassing: Alhoewel Paulus baie areas aanspreek, is die basiese toepassing vir ons vandag die totale en volkome volheid van Christus in ons lewens, beide vir ons verlossing en ons heiligmaking. Ons moet die Evangelie ken en verstaan, sodat ons nie mislei word deur listige vorms van wettisisme en dwaalleer nie. Ons moet op ons hoede wees vir enige afdwaalpaaie, wat verhoed dat Christus as Here en Verlosser die middelpunt vorm. Enige "godsdiens" wat probeer om homself gelyk te stel met die waarheid, deur boeke te gebruik wat standpunt inneem dat hul outoriteit gelykstaande is met dié van die Bybel of wat menslike poging verbind met goddelike uitvoering ten opsigte van verlossing, moet vermy word. Ander godsdienste kan nie verbind of bygevoeg word tot die Christendom nie. Christus gee vir ons vasgestelde standaarde van morele gedrag. Die Christendom is 'n familie, 'n lewenstyl en 'n verhouding – nie 'n godsdiens nie. Goeie dade, astrologie, okkulte en horoskope dui nie op God se manier van doen nie. Net Christus alleen. Sy wil word in Sy Woord geopenbaar, Sy liefdesbrief aan ons; ons moet begin om dit te ken!

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Boek Kolossense
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries