settings icon
share icon

Boek 1 Johannes

Skrywer: 1,2 en 3 Johannes word sedert die vroegste tye aan die apostel Johannes opgedra. Hy het ook die Johannes Evangelie geskryf, die inhoud, styl en woordgebruik lyk baie eenders en dit bring ons by die slotsom dat hierdie drie sendbriewe aan dieselfde lesers geskryf is as die Johannes Evangelie .

Datum van Skrywe: Die boek 1 Johannes is waarskynlik tussen 85-95 n C geskryf.

Doel van Skrywe: 1 Johannes lyk na 'n samevatting wat aanvaar dat die leser kennis dra van die evangelie soos deur Johannes geskryf is en dat dit sekerheid bied vir hul geloof in Christus. Die eerste sendbrief dui aan dat die lesers gekonfronteer word met Gnostisisme, wat 'n groter probleem in die tweede eeu geraak het. Soos die filosofie van godsdiens hou dit in dat materie boos is en gees goed is. Die oplossing tot die spanning tussen hierdie twee was kennis of gnosis, waardeur die mens vanaf die aardsheid na die geestelike opstyg. In die evangelieboodskap het hierdie na valse teorieë gelei, betreffende die Persoon van Christus, Dosetisme – wat die mens Jesus as 'n spook geag het – en Cerintinisme – wat van Jesus 'n dubbele persoonlikheid maak, soms die mens, en soms goddelik. Die hoofdoel van 1 Johannes is om beperkings te stel op die inhoud van geloof en om aan gelowiges die sekerheid van hul verlossing te gee.

Sleutelverse: 1 Joh 1:9, "Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid."

1 Joh 3:6, "Iemand wat in Hom bly, hou nie aan met sondig nie; iemand wat aanhou sondig, het Hom nie gesien nie en ken Hom nie."

1 Joh 4:4, "Julle behoort aan God, liewe kinders, en het die vals profete klaar oorwin, Omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is."

1 Joh 5:13, "Hierdie brief skrywe ek vir julle sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo."

Die sleutelwoord is kennis; saam met die verwante woorde kom dit ten minste 13 keer in die boek van 1 Johannes voor.

Kort Samevatting: Valse geestelike leraars was 'n groot probleem in die vroeë kerk. Aangesien daar nie 'n volledige Nuwe Testament was waarna gelowiges kon verwys nie, het baie kerke ten prooi geval van mense wat voorgegee het en hul eie idees verkondig en hulself as leiers verhoog het. Johannes het hierdie brief geskryf om reguit te praat oor sommige belangrike sake, veral rakende die identiteit van Jesus Christus.

Aangesien Johannes se brief oor die basis van geloof in Christus gehandel het, het dit sy lesers gehelp om eerlikheid in hul geloof te reflekteer. Dit het hulle gehelp om die vraag te antwoord, "Is ons ware gelowiges?" Johannes het gesê dat hulle dit kon vasstel deur hul optrede. Indien hulle mekaar liefgehad het, sou dit die getuienis van God se teenwoordigheid in hul lewens weerspieël het. Sou hulle egter die hele tyd twis en baklei of selfsugtig wees en nie omgee vir mekaar nie, hulle hulself en ander mislei het en God inderdaad nie geken het nie.

Dit het egter nie beteken dat hulle volmaak moes wees nie. Inteendeel Johannes het ook erken dat om te glo, sluit in om ons sondes te bely en God se vergifnis te soek. Afhanklikheid van God vir reiniging van skuld, tesame met belydenis van ons verkeerde optredes teenoor ander en deur te verander, was 'n ander belangrike deel daarvan om God te ken.

Skakelings: Een van die gedeeltes in verband met sonde wat die meeste aangehaal word, word in 1 Joh 2:16 gevind. In hierdie gedeelte beskryf Johannes die drie aspekte van sonde wat die eerste en die grootste versoekings in die hele Skrif in herinnering roep. Die eerste sonde – die ongehoorsaamheid van Eva – was die gevolg dat sy toegegee het aan dieselfde drie versoekings soos dit in Gen 3:6 geskrywe staan: die wellus van die vlees (goed om te eet); die lus van die oë (mooi om na te kyk); en die trots van die lewe (begeerlik omdat dit kennis kan gee).

Praktiese Toepassing: 1 Johannes is 'n boek vol liefde en blydskap. Dit verduidelik die gemeenskap wat ons met ander deel en met Jesus Christus. Dit onderskei tussen geluk, wat tydelik is en van verbygaande aard en ware vreugde, wat 1 Johannes aan ons vertel om te verkry. Indien ons Johannes se geskrewe woorde neem en dit op ons daaglike lewens toepas, sal ware liefde, eenheid, gemeenskap en vreugde waarna ons verlang, ons s'n wees.

Die apostel Johannes het Christus goed geken. Hy vertel aan ons dat ons almal daardie intieme verhouding met Jesus Christus kan hê. Ons het die getuienis van mense wat direkte en persoonlike kontak met Hom gehad het. Die Evangelieskrywers is verteenwoordigers van hul vaste gebaseerde getuienis op historiese werklikheid. Hoe raak dit nou ons lewens? Jesus het hierheen gekom as die Seun van God om 'n eenheid te skep, wat op Sy genade, barmhartigheid, liefde en aanvaarding gegrond is. Mense dink so dikwels dat Jesus ver van ons af is en dat Hy nie regtig in ons daaglikse probleme, worstelstryd en bekommernisse betrokke is nie. Johannes vertel egter vir ons dat Jesus midde-in ons eenvoudigste, aardse gebeure van ons lewens is, asook in alle ingewikkelde, sielsvernietigende aangeleenthede. Johannes getuig vanuit sy persoonlike ondervindinge dat God vlees geword het en onder die mense kom woon het. Dit beteken dat Christus hier kom woon het om by ons te kom bly en Hy woon nog steeds by ons. Soos Hy op aarde langs Johannes gestap het, so loop Hy elke dag saam met ons ook. Ons moet hierdie waarheid in ons lewens toepas en so lewe asof Jesus elke sekonde van die dag langs ons staan. Indien ons hierdie waarheid in die praktyk toepas, sal Christus ons lewens heilig en ons al meer en meer soos Hy verander.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Boek 1 Johannes
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries