settings icon
share icon

Boek 3 Johannes

Skrywer: Die boek 3 Johannes noem nie direk sy skrywer nie. Volgens oorlewering van die vroegste dae van die kerk is gesê dat Johannes die skrywer is. Daar was soms twyfel dat 'n ander dissipel van die Here met die naam Johannes dit moontlik kon skrywe, maar alle getuienis dui op Johannes as outeur.

Datum van Skrywe: 3 Johannes is waarskynlik ongeveer in dieselfde tyd as die ander briewe van Johannes (1 en 2 Johannes) tussen 85-95 geskryf.

Doel van Skrywe: Johannes se doel met sy skrywe van hierdie sendbrief, is drievoudig. Eerstens skryf hy om sy geliefde medewerker, Gaius, aan te beveel en te bemoedig in sy bediening van gasvryheid aan die rondreisende medegelowiges, wat van plek tot plek gaan om die Evangelie van Christus te verkondig. Tweedens waarsku en veroordeel hy indirek die gedrag van Diotrefes, 'n diktatoriale leier wat een van die kerke in die provinsie van Asië oorgeneem het en wie se optrede alles waarvoor die apostel en sy Evangelie voor gestaan het, direk teengestaan het. Derdens, bevel hy die voorbeeld van Demetrius aan, van wie goeie getuienis van almal ontvang is.

Sleutelverse: 3 Joh:4, "Ek was baie bly toe hier medegelowiges kom en van jou trou aan die waarheid vertel, hoe jy in die waarheid lewe."

3 Joh:11, "Liewe Gaius, moenie die verkeerde voorbeeld volg nie, volg die goeie. Wie goed doen, behoort aan God; wie verkeerd doen, het nie vir God gesien nie."

Kort Samevatting: Johannes skryf met sy gewone sterk beklemtoning aan hierdie geliefde broer in Christus, Gaius, rakende die waarheid. Hy was welgesteld en 'n lekebroer van aansien, van die nabye stad, Efese. Hy het Gaius se omgee en gasvryheid sterk aanbeveel aan sy boodskappers, wie se sending dit was om die Evangelie van plek tot plek te versprei, ongeag of hulle aan hom bekend of vreemdelinge was. Johannes vermaan hom om voort te gaan om goed te doen en nie die verkeerde na te volg, soos Diotrefes die voorbeeld gestel het nie. Hierdie man het die leierskap in 'n kerk in Asië oorgeneem en nie slegs geweier om Johannes se outoriteit as 'n apostel te erken nie, maar ook om sy briewe te ontvang en hom aan sy leiding te onderwerp. Hy het ook kwaadwillige skinderpraatjies teen Johannes versprei en in die ban gedoen met lede wat Johannes se boodskappers ondersteun en gasvryheid teenoor hul betoon het. Voordat hy sy brief afsluit, praat hy weer van Demetrius se goeie voorbeeld en uitstekende aanbevelingsverslae wat hy ontvang.

Skakelings: Die beginsel van gasvryheid teenoor vreemdelinge het voorrang in die Ou Testament geniet. Optredes van gasvryheid in Israel sluit in die nederige en welwillende ontvangs van uitlanders in hul huise vir verblyf, kos en beskerming (Gen 18:2-8, 19:1-8; Job 31:16-23, 31-32). Daarbenewens, volgens die leer van die Ou Testament, word die Israeliete gesien as mense wat afhanklik is van God se gasvryheid en beskerming (Ps 39:13) en die Een wat medelye het met hul behoeftes, hulle bevry het vanuit Egipte en hulle in die woestyn gevoed en geklee het (Eks 16; Deut 8:2-5).

Praktiese Toepassing: Soos altyd plaas Johannes die klem op die belangrikheid daarvan om die waarheid van die Evangelie na te volg. Medelye, ondersteuning en bemoediging teenoor ons mede-Christene is een van die hoofbeginsels van Jesus se leringe en Gaius was duidelik 'n uitstaande voorbeeld van hierdie bediening. Ons moet dieselfde doen indien ons enigsins kan, deur besoekende sendelinge te verwelkom, asook leraars en vreemdelinge (indien ons seker is dat hulle ware gelowiges is), nie slegs in ons kerke nie, maar ook in ons huise en aan hulle alle nodige ondersteuning en bemoediging te gee wat hulle nodig het.

Ons moet altyd versigtig wees om net die voorbeeld van diegene te volg wie se woorde en dade ooreenstem met die Evangelie. Ons moet kan onderskei en versigtig wees vir mense soos Diotrefes, wie se gedrag nie volgens Jesus se voorbeeld en lering was nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Boek 3 Johannes
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries