settings icon
share icon

Bybelsamevatting

‘n Goeie opsomming of samevatting van die Bybel is moeilik om te bemeester. Die Bybel bevat 2 Testamente, 66 verskillende boeke, 1189 hoofstukke, 31173 verse en 773692 woorde. Die verskillende boeke van die Bybel dek verskillende onderwerpe en word aan verskillende gehore gerig. Die Bybelboeke is deur ongeveer 40 verskillende mense geskryf, oor ‘n periode van ongeveer 1500 jaar. ‘n Opsomming van die hele Bybel is dus ‘n reusetaak.

Die Heilige Gees was terselfdertyd die inspirerende outeur van die Bybel. God “breathed out” Sy Woord en het die profete en apostels gebruik om dit neer te skryf (2 Tim 3:16-17; 2 Pet 1:21). Verderaan, almal wat hul geloof in Jesus Christus geplaas het, in hulle woon die Heilige Gees (Rom 8:9; 1 Kor 12:13). Die Heilige Gees het die begeerte om ons te help om die Bybel te verstaan (1 Kor 2:10-16).

Die doel van ons Bybelopsommings-afdeling is daarop gemik om ‘n basiese agtergrond van elke Bybelboek te gee. Vir elke Bybelboek sal die skrywer, datum van skrywe, doel van skrywe, sleutelverse en ‘n kort samevatting gegee word. Ons hoop werklik dat ons Bybelsamevatting jou sal help om die Bybel beter te verstaan en jou sal bemoedig om die Bybel meer in diepte te bestudeer.

English

Ou Testament Samevatting

Nuwe Testament Samevatting



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Bybelsamevatting
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries