Evangelie van Johannes



Skrywer: Joh 21:20-24 beskryf die skrywer as "die dissipel vir wie Jesus baie lief was" en vir beide historiese en interne redes word daar verstaan dat dit die apostel Johannes moes wees, een van die seuns van Sebedeus (Luk 5:10).

Datum van Skrywe: Rondom 135 n C is sekere stukke papirus ontdek en daarvolgens lyk dit of dit voor daardie tyd geskryf, gekopieer en gesirkuleer is. Sommige dink dit is geskrywe voordat Jerusalem verwoes is (70 n C), 85-90 n C is 'n meer aanvaarbare skryfdatum.

Doel van Skrywe: Joh 20:31 beskryf die doel as volg: "Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God en sodat julle deur te glo, in Sy Naam die lewe kan hê." Anders as die drie sinoptiese Evangelies, is Johannes se doel nie om 'n kronologiese vertelling van die lewe van Christus aan te bied nie, maar om Sy Godheid te vertoon. Johannes het nie gesoek om die geloof van die tweede generasie van gelowiges se geloof te versterk nie, sowel as om geloof in ander te bewerk nie, maar hy het ook daarna gesoek om die valse lering wat versprei is, reg te stel. Johannes het beklemtoon dat Jesus Christus die "Seun van God" is, volledig God en volledig mens, in teenstelling met die valse lering dat die "Christus-gees" op die mens, Jesus, tydens Sy doop gekom het en Hom met die kruisiging verlaat het.

Sleutelverse: "In die begin was die Woord daar en die Woord was by God en die Woord was self God. Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het Sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy, as die enigste Seun, van die Vader het, vol genade en waarheid" (Joh 1:1,14).

"Die volgende dag sien Johannes vir Jesus na hom toe kom. Hy sê toe, 'Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!" (Joh 1:29).

"God het die wêreld so liefgehad, dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê" (Joh 3:16).

"En Jesus antwoord hulle: 'Wat God van julle verlang, is dat julle moet glo in Hom wat Hy gestuur het" (Joh 6:29).

"'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê en dit in oorvloed" (Joh 10:10).

"Ek gee hulle die ewige lewe en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit die hand van die Vader ruk nie" (Joh 10:28).

"Toe sê Jesus vir haar: 'Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?'" (Joh 11:25-26).

"As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is" (Joh 13:35).

"Jesus het vir hom gesê: 'Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie'" (Joh 14:6).

"En Jesus sê vir hom: 'Ek is al so lank by julle en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe kan jy dan sê: 'Wys vir ons die Vader?'" (Joh 14:9).

"Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid" (Joh 17:17).

"Nadat Jesus die suur wyn gedrink het, het Hy gesê: 'Dit is volbring.' Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas" (Joh 19:30).

"Toe sê Jesus vir hom: 'Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo'" (Joh 20:29).

Kort Samevatting: Die Evangelie van Johannes kies net sewe wondertekens uit om die goddelikheid van Christus te demonstreer en Sy bediening te illustreer. Sommige van hierdie tekens en stories word net in Johannes gevind. Syne is die mees teologiese van die vier Evangelies en gee dikwels die redes agter die gebeure, genoem in die ander Evangelies. Hy deel baie oor die naderende bediening van die Heilige Gees na Sy hemelvaart. Daar is sekere woorde of frases wat Johannes herhaaldelik gebruik: glo, getuie, Trooster, lewe – dood, lig – duisternis, Ek is…(soos in Jesus is die "Ek is") en liefde.

Johannes se Evangelie is 'n bekendstelling van Christus, nie van Sy geboorte af nie, maar van "die begin" as "die Woord" (Logos) wat as Godheid betrokke is in elke aspek van die skepping (1:1-3) en wat later mens geword het (1:14) sodat Hy ons sondes kon wegneem, die vleklose Offerlam (Joh 1:29). Johannes selekteer geestelike gesprekke wat toon dat Jesus die Messias is (4:26) en om te verduidelik hoe iemand deur Sy plaasvervangende dood aan die kruis gered word (3:14-16). Hy het herhaaldelik die Joodse leiers kwaad gemaak deur hulle tereg te wys (2:13-16); genesing op die Sabbat en deur karaktertrekke van God vir Hom toe te eien (5:18; 8:56-59; 9:6,16; 10:33). Jesus het Sy dissipels vir Sy naderende dood voorberei, asook vir hul bediening na Sy opstanding en hemelvaart (Joh 14-17). Dan sterf Hy gewilliglik aan die kruis in ons plek (10:15-18), betaal ons sondeskuld ten volle (19:30) sodat almal wat in Hom as hul Verlosser van sonde glo, gered sal word (Joh 3:14-16). Dan staan Hy op uit die dood en oortuig selfs die dissipels, waarvan sommige die meeste getwyfel het, dat Hy God en Here is (20:24-29).

Skakelings: Johannes se uitbeelding van Jesus as die God van die Ou Testament word meestal duidelik in die sewe "Ek is" uitsprake van Jesus gesien. Hy is die "Brood wat lewe gee" (Joh 6:35), deur God voorsien om die siele van Sy mense te voed, soos Hy die manna uit die hemel voorsien het, om die Israeliete in die woestyn te voed (Eks 16:11-36). Jesus is die "Lig vir die wêreld" (Joh 8:12), dieselfde Lig wat God aan Sy mense in die Ou Testament belowe het (Jes 30:26, 60:19-22) en wat sy hoogtepunt sal vind in die Nuwe Jerusalem, wanneer Christus, die Lam, sy Lig sal wees (Rev 21:23). Twee van die "Ek is" uitsprake verwys na Jesus as beide die "Goeie Herder" en die "Deur van die skape." Hier is duidelike verwysings na Jesus as die God van die Ou Testament, die Herder van Israel (Ps 23:1, 80:1; Jer 31:10; Eseg 34:23) en as die enigste Deur as ingang na die skaapkraal, die enigste weg na verlossing.

Die Jode het in die opstanding geglo en het dit gebruik om Jesus uit te vang deur stellings te maak, wat hulle teen Hom kon gebruik het. Sy stelling egter by Lasarus se graf "Ek is die opstanding en die lewe" (Joh 11:25) moes hulle in verwondering gelaat het. Hy het bevestig dat Hy die oorsaak van die opstanding en die besitter van die mag oor lewe en dood is. Niemand anders as God self kon so 'n aanname maak nie. Dieselfde met Sy stelling oor die "weg, die waarheid en die lewe" (Joh 14:6) het Hom sonder twyfel met die Ou Testament verbind. Die "Gewyde Pad" wat in Jes 35:8 geprofeteer word, is Syne; Hy rig die "Stad van Trou" op in Sag 8:3, toe Hy as die "Waarheid" self in Jerusalem was en die waarhede van die Evangelie deur Hom en Sy apostels gepreek is; en as die "Lewe" bevestig Hy Sy Godheid, die Skepper van lewe, deur God vlees geword (Joh 1:1-3). Uiteindelik as die "Ware Wingerdstok" (Joh 15:1,5) identifiseer Jesus Homself met die volk Israel, wat baie keer in die Ou Testament die wingerdstok van die Here genoem word. As die ware Wynstok van die wingerd van Israel, beeld Hy Homself uit as die Here van die "ware Israel" – almal wat Hom in geloof aanvaar, omdat "nie almal wat van Israel afstam, is werklik Israel nie (Rom 9:6).

Praktiese Toepassing: Die Evangelie van Johannes gaan voort om sy doelwit te bereik, deur soveel moontlik bruikbare inligting vir evangelisasie saam te vat (Joh 3:16 is maklik die bekendste vers, al word dit nie ten volle deur baie mense verstaan nie) en word dikwels in Bybelstudies gebruik. In die geskrewe ontmoetings tussen Jesus en Nikodemus en die vrou by die put (hoofstukke 3-4), kan ons baie leer van Jesus se model/manier of persoonlike evangelisasie. Sy vertroostende woorde aan Sy dissipels voor Sy dood (14:1-6, 16; 16:33) is steeds van groot troos in tye wanneer ons 'n geliefde in Christus deur die dood verloor, soos ook Sy "Hoëpriesterlike gebed" vir gelowiges in hoofstuk 17. Johannes se lerings rakende die Godheid van Christus (1:1-3,14; 5:22-23; 8:58; 14:8-9; 20:28, ens) is van groot hulp om die valse leringe van sommige mense wat Jesus sien, asof Hy minder as volkome God is, te verwerp.


Nuwe Testament Samevatting

Evangelie van Johannes