Boek Filippense



Skrywer: Fil 1:1 identifiseer die skrywer van die boek Filippense as die apostel Paulus, moontlik met die hulp van Timoteus.

Datum van Skrywe: Filippense is ongeveer 61 n C geskryf.

Doel van Skrywe: Die sendbrief aan die Filippense is een van Paulus se tronkbriewe en in Rome geskryf. Dit was in Filippi, wat Paulus op sy tweede sendingreis besoek het (Hand 16:12), dat Lidia en die Filippynse tronkbewaarder en sy familie hul tot Christus bekeer het. 'n Paar jaar later was die kerk goed gevestig, soos afgelei kan word uit die aanhef van die brief wat "ouderlinge en diakens" insluit (Fil 1:1)

Die rede vir die sendbrief was die erkenning van 'n skenking van geld deur die kerk in Filippi. Dit is aan die apostel deur Epafroditos, een van die gemeentelede, gebring (Fil 4:10-18). Dit is 'n teer brief aan 'n groep Christene wat spesiaal baie naby aan Paulus se hart was (2 Kor 8:1-6) en betreklik min is oor foutiewe kerklering gesê.

Sleutelverse: Fil 1:21, "want om te lewe, is vir my Christus en om te sterwe, is vir my wins."

Fil 3:7, "Maar wat eers vir my 'n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus."

Fil 4:4, "Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!"

Fil 4:6-7, "Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus."

Fil 4:13, "Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee."

Kort Samevatting: Filippense kan "Hulpbronne ten tye van Lyding" genoem word. Die boek handel oor Christus in ons lewe, Christus in ons denke, Christus as ons doelwit, Christus as ons sterkte en vreugde deur lyding. Dit is tydens Paulus se gevangenskap in Rome geskryf, ongeveer dertig jaar na Christus se hemelvaart en ongeveer tien jaar na Paulus vir die eerste keer in Filippi gepreek het.

Paulus was Nero se gevangene en tog is die sendbrief gevul met uitroepe van oorwinning: die woorde "blydskap" en "verbly" verskyn dikwels (Fil 1:4, 18, 25, 26; 2:2,28; Fil 3:1, 4:1, 4,10). Ware Christenbelewenis is die uitwerking, wat ook al die omstandighede mag wees, van die lewe, natuur en denke van Christus wat in ons woon (Fil 1:6, 11; 2:5,13). Filippense bereik sy hoogtepunt in 2:5-11 met die glorieryke en diepgaande verklaring aangaande die vernedering en verheerliking van ons Here Jesus Christus.

Filippense kan soos volg ingedeel word:

Inleiding, 1:1-7

1.Christus die Christen se Lewe: Verblyding ten spyte van lyding, 1:8-30

2.Christus die Christen se Voorbeeld: Verblyding in Nederige Diens, 2:1-30

3.Christus die Doelwit van die Christen se geloof, Begeerte en Verwagting, 3:1-21

4.Christus die Christen se Sterkte: Verblyding deur Angs, 4:1-9

Slot, 4:10-23

Skakelpunte: Soos met baie van sy briewe, het Paulus die nuwe gelowiges in die kerk van Filippi gewaarsku om versigtig te wees vir die neiging van wettisisme wat aanhoudend opgeduik het in die vroeë kerke. Die Jode was so geheg aan die Ou Testamentiese wet dat daar 'n gedurige poging aan die kant van Judaïsme was om terug te draai na die lering van verlossing deur werke. Paulus het egter daardie redding verwerp deur geloof in Christus alleen en het Judaïsme gebrandmerk as "honde" en "dwaalleraars". Die wettiese mense het veral aangedring dat die nuwe gelowiges in Christus moes aanhou om hulself te laat besny volgens die voorskrifte van die Ou Verbond (Gen 17:10-12; Lev 12:3). Op hierdie wyse het hulle probeer om God deur hul eie pogings te eer en hulself verhef bo die heidense Christene wat nie aan hierdie ritueel deelgeneem het nie. Paulus het verduidelik dat diegene wat deur die bloed van die Lam gewas is, nie langer so hoef op te tree nie, aangesien hierdie ritueel die behoefte aan 'n rein hart gesimboliseer het.

Praktiese Toepassing: Filippense is een van Paulus se mees persoonlike briewe en daarom het dit verskeie persoonlike toepassings op gelowiges. Aangesien dit tydens sy gevangenskap in Rome geskryf is, vermaan Paulus die Filippynse mense om sy voorbeeld na te volg en dit al hoe meer te waag "om die Woord van God onbevrees te verkondig" (Fil 1:14) gedurende die tye van vervolging. Alle Christene het een of ander tyd die vyandigheid van ongelowiges teen die Evangelie van Christus beleef. Dit kan verwag word. Jesus het gesê dat die wêreld Hom gehaat het en dit sal ook Sy volgelinge haat (Joh 5:18). Paulus vermaan ons om te volhard ten spyte van vervolging, "Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus moet wees" (Fil 1:27).

'n Ander toepassing van Filippense is die behoefte vir Christene om in nederigheid saam te staan. Ons is met Christus verenig en ons moet strewe om met mekaar op dieselfde wyse te verenig. Paulus herinner ons om "volkome eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe" en om selfsug en eersug te vermy, "maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander" (Fil 2:2-4). Daar sou baie minder verskille tussen kerke vandag bestaan het, sou ons Paulus se raad ter harte geneem het.

'n Ander toepassing is die blydskap en verblyding wat regdeur sy brief voorkom. Hy is verheug dat Christus erken word (Fil 1:8); hy verbly hom in sy vervolging (2:18); hy vermaan andere om hulself in die Here te verbly (3:1); en hy verwys na die Filippynse broers as sy "blydskap" en "kroon" (4:1). Hy vat saam met sy vermaning aan die gelowiges: "Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!" (4:4-7). As gelowiges kan ons die vrede van God beleef en geniet deur al ons bekommernisse op Hom te plaas, indien ons in alles ons "begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend maak" (4:6). Paulus se blydskap, ten spyte van vervolging en gevangenskap, skyn regdeur hierdie sendbrief en vir ons word dieselfde blydskap belowe wat hy beleef het, indien ons ons gedagtes op Christus rig (Fil 4:8).

English


Nuwe Testament Samevatting

Boek Filippense