settings icon
share icon

Boek Openbaring

Skrywer: Openbaring 1:1,4,9 en 22:8 identifiseer baie spesifiek die skrywer van Openbaring as die apostel Johannes.

Datum van Skrywe: Openbaring is skynbaar tussen 90 en 95 n C geskryf.

Doel van Skrywe: Die Openbaring van Jesus Christus is deur God aan Johannes gegee om aan sy dienaars bekend te maak "wat binnekort moes gebeur". Hierdie boek is vol geheimenisse oor dinge wat kom. Dit is die finale waarskuwing dat die wêreld sekerlik sal vergaan en oordeel is 'n sekerheid. Dit gee aan ons 'n geringe blik op die hemel en al die heerlikheid wat vir diegene wag wat hul klere wit hou. Openbaring neem ons deur die groot verdrukking met al sy smarte en die finale vuur wat alle ongelowiges tot in ewigheid sal moet deurmaak. Die boek herhaal die val van Satan en die lot waarvoor hy en sy engele bestem is. Ons word bekendgestel aan die pligte van alle kreature en engele in die hemel en die beloftes van die heiliges wat vir ewig saam met Jesus in die Nuwe Jerusalem sal woon. Soos vir Johannes, is dit moeilik om in woorde te beskryf wat in Openbaring openbaar gemaak word.

Sleutelverse: Open 1:19, "Skrywe nou op wat jy gesien het, wat nou daar is en wat hierna gaan gebeur."

Open 13:16-17, "Hy verplig al die mense, klein en groot, ryk en arm, vryes en slawe, om 'n merk op hulle regterhand of op hulle voorkop te dra en laat niemand toe om te koop of te verkoop nie, behalwe die mense wat die merk het. Die merk is die naam van die dier of die getal van sy naam."

Open 19:11, "Toe het ek gesien die hemel is oop. Daar was 'n wit perd. Sy ruiter word die Getroue en die Betroubare genoem. Met regverdigheid oordeel Hy en voer Hy oorlog."

Open 20:11, "Toe het ek 'n groot wit troon gesien en die Een wat daarop sit. Die aarde en die hemel het voor Hom padgegee en daar was nie meer plek vir hulle nie."

Open 21:1, "Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn en die see het nie meer bestaan nie."

Kort Samevatting: Die Openbaring is ryk aan kleurvolle beskrywings van die visioene wat die laaste dae voorafgaan, voor die Wederkoms van Christus en die aankondiging van die nuwe hemel en die nuwe aarde. Openbaring begin met briewe aan die sewe kerke in Klein-Asië, dan gaan dit aan om die reeks verdrukkings wat op die aarde uitgestort word, te openbaar; die merk van die ondier, "666"; die kritieke geveg van Armageddon; die binding van Satan; die heerskappy van die Here; die Groot Wit Troon van oordeel; en die voorkoms van die ewige stad van God. Profesieë aangaande Jesus Christus is vervul en 'n slotroep tot Sy Heerskappy verseker ons dat Hy spoedig terug sal kom.

Skakelpunte: Die boek Openbaring is die hoogtepunt van die profesieë oor die eindtye, wat reeds in die Ou Testament begin. Die beskrywing van die antichrist wat in Daniël 9:27 genoem word, is volledig ontwikkel in Openbaring 13. Buiten Openbaring, is daar voorbeelde van apokaliptiese literatuur in die Bybel, soos hoofstukke in Daniël 7-12, Jesaja 24-27, Eseg 37-41 en Sagaria 9-14. Al hierdie profesieë kom uiteindelik saam in die Openbaringboek.

Praktiese Toepassing: Het jy Christus as jou Verlosser aangeneem? Indien dit so is, het jy niks om te vrees wanneer God die wêreld kom oordeel, soos in Openbaring beskryf word nie. Die Regter is aan ons kant. Voor die finale oordeel begin, moet ons getuig teenoor vriende en bure oor God se offer van die ewige lewe in Christus. Die gebeure in hierdie boek is 'n werklikheid. Ons moet ons lewens leef soos ons glo, sodat ander mense kan sien hoeveel vreugde ons beleef oor ons toekoms en dat hulle ook wil deel wees van die nuwe en glorieryke Stad.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Boek Openbaring
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries