settings icon
share icon

Boek Efesiërs

Skrywer: Ef 1:1 identifiseer die skrywer van die boek Efesiërs as die apostel Paulus.

Datum van Skrywe: Efesiërs is heel moontlik tussen 60-63 n C geskryf.

Doel van Skrywe: Volgens Paulus is dit sy wens dat almal wat begeer om volwassenheid in Christus te bereik, hierdie brief moet ontvang. Ingesluit by die boek Efesiërs, is daar ook die dissipline wat nodig is om tot opregte kinders van God te ontwikkel. Verderaan sal 'n studie in Efesiërs die gelowige help om versterk te word en om hom/haar te vestig, sodat die doel en roeping wat Christus hom/haar gegee het, vervul kan word. Die doel van sy sendbrief is om 'n groeiende kerk te bekragtig en toe te rus. Dit verteenwoordig 'n gebalanseerde beeld van die liggaam van Christus en die belangrikheid daarvan in God se ekonomie.

Sleutelverse: Ef 1:3, "Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is."

Ef 2:8-10, "Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie, Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het."

Ef 4:4-6, "Daar is net één liggaam en net één Gees, soos daar net één hoop is waartoe God julle geroep het. Daar is net één Here, één geloof, één doop, één God en Vader van almal: Hy wat oor almal is, deur almal werk en in almal woon."

Ef 5:21, "Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig."

Ef 6:10-11, "Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in Sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel."

Kort Samevatting: Lering neem die grootste deel van die boek Efesiërs in beslag. Die helfte van die onderrig in hierdie sendbrief hou verband met ons posisie in Christus en die orige deel affekteer ons toestand. Al te dikwels gaan diegene wat vanuit hierdie boek onderrig gee, die fundamentele opdragte verby en gaan direk na die laaste hoofstuk. Dit is hierdie hoofstuk wat die klem plaas op die oorlogvoering of die stryd van die gelowiges. Om egter ten volle te baat by die inhoud van hierdie sendbrief, moet daar begin word by die aanvang van Paulus se opdrag in die brief.

Eerstens as volgelinge van Christus moet ons volledig verstaan wie God verklaar het wie ons is. Ons moet ook gegrond raak in die kennis van God se voltooide werk vir die ganse mensdom. Die volgende ding is dat ons huidige bestaan en menswees moet geoefen en versterk word. Dit moet voortgaan totdat ons nie meer struikel of terug en vorentoe hunker, as gevolg van elke gees of lering en sluheid van mense wat op ons pad kom nie.

Paulus se brief kan in drie hoofsegmente opgebreek word. (1) Hoofstukke 1-3 gee 'n inleiding van beginsels oor respek aangaande God se voltooide werk. (2) Hoofstukke 4-5 gee beginsels rakende ons huidige bestaan. (3) Hoofstuk 6 verteenwoordig beginsels met betrekking tot ons daaglike stryd.

Skakelpunte: Die primêre skakel met die Ou Testament in Efesiërs lê in die aanvanklike (vir die Jode) konsep van die kerk as liggaam van Christus (Ef 5:32). Hierdie ongelooflike geheimenis ('n waarheid wat nie vroeër geopenbaar is nie) van die kerk, is dat "deur die verkondiging van die Evangelie en in hulle verbondenheid met Christus Jesus, word ook mense wat nie Jode is nie, saam met ons deel van die volk van God en lede van die liggaam van Christus en kry hulle ook saam met ons deel aan wat God belowe het" (Ef 3:6). Dit was 'n geheimenis wat heeltemal van die Ou Testamentiese heiliges verberg was (Ef 3:5,9). Die Israeliete wat ware volgelinge van God was, het geglo dat net hulle God se uitverkore mense was (Deut 7:6). Om Heidene op 'n gelyke basis in hierdie nuwe paradigma te aanvaar, was uiters moeilik en het baie verskille onder Joodse gelowiges en Heidense bekeerlinge veroorsaak. Paulus praat ook van die geheimenis van die kerk as die "bruid van Christus". Dit was ook 'n totale vreemde en nuwe konsep in die Ou Testament.

Praktiese Toepassing: Miskien meer as enige ander Bybelboek is Efesiërs die boek wat klem plaas op die verband tussen suiwer lering en korrekte toepassing in die Christelike lewe. Veels te baie mense ignoreer "teologie" en wil net die "praktiese" dinge bespreek. In Efesiërs argumenteer Paulus dat teologie prakties is. Om God se wil vir ons lewens prakties uit te leef, moet ons eerstens verstaan wie ons volgens lering in Christus is.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Boek Efesiërs
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries