settings icon
share icon

Boek Jakobus

Skrywer: Die skrywer van hierdie brief is Jakobus, ook genoem Jakobus die regverdige. Daar word vermoed dat hy Jesus Christus se broer is (Matt 13:55; Mark 6:3). Jakobus was nie 'n gelowige (Joh 7:3-5), voordat die opstanding plaasgevind het nie (Hand 1:14; 1 Kor 15:7; Gal 1:19). Hy het die hoof van die kerk in Jerusalem geword en staan bekend as die pilaar van die kerk (Gal 2:9).

Datum van Skrywe: Die boek Jakobus is moontlik die oudste boek van die Nuwe Testament en is reeds miskien so vroeg as 45 n C geskrywe, voor die eerste raad van Jerusalem in 50 n C. Volgens die historiese Josephus is Jakobus ongeveer in 62 n C as martelaar dood.

Doel van Skrywe: Sommige dink dat hierdie brief geskryf is in antwoord op 'n oorywerige interpretasie van Paulus se lering aangaande geloof. Hierdie ekstreme siening, antinomianisme, deel die siening dat deur geloof in Christus 'n mens volkome vry is van alles in die Ou Testamentiese wet, alle wettisisme, alle sekulêre wette en van alle moraliteit in die samelewing. Die boek Jakobus is gerig aan Joodse Christene wat tussen alle nasies versprei is (Jak 1:1). Martin Luther het hierdie brief verfoei en dit "the epistle of straw" genoem. Hy het nie daarin geslaag om te begryp dat Jakobus se lering aangaande werke, Paulus se geloofslering gekomplimenteer het, in plaas van om dit te opponeer nie. Paulus konsentreer op ons regverdigmaking deur God, terwyl Jakobus konsentreer op die werke wat regverdigmaking toelig. Jakobus bemoedig die Jode om aan te hou groei in hierdie nuwe Christelike geloof. Hy beklemtoon ook dat goeie dade natuurlik sal vloei vanuit diegene wat met die Gees gevul is en bevraagteken of iemand 'n reddende geloof het of nie, indien die vrug van die Gees nie gesien word, soos Paulus dit in Gal 5:22-23 beskryf nie.

Sleutelverse: Jak 1:2-3, "My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard."

Jak 1:19, "My liewe broers, dit moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie."

Jak 2:17-18, "So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood. Maar iemand kan miskien sê: 'Die een het die geloof en die ander het die dade.' Goed, wys dan vir my jou geloof wat sonder dade is en ek sal jou my geloof wys uit my dade."

Jak 3:5, "So is die tong ook maar 'n klein liggaamsdeeltjie en tog het dit groot mag. 'n Klein vuurtjie kan 'n groot bos aan die brand steek."

Jak 5:16b,"Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking."

Kort Samevatting: Die boek Jakobus skets die geloofspad deur middel van opregte en suiwer godsdiens (1:1-27), ware geloof (2:1-3:12) en hemelse wysheid (3:13-5:20). Hierdie boek bevat 'n merkwaardige ooreenkoms met Jesus se Bergpredikasie in Matt 5-7. Jakobus begin in die eerste hoofstuk deur die algemene kenmerke van die geloofspad te beskryf. In hoofstuk 2 en die begin van 3 bespreek hy sosiale optrede en 'n gesprek oor geloof in aksie. Dan vergelyk en kontrasteer hy die verskil tussen wêreldse en goddelike wysheid en vermaan ons om weg te draai van die bose en na God toe om te draai. Jakobus gee 'n spesifieke streng vermaning aan die rykes wat besittings vergader en ook diegene wat op hulself staatmaak. Ten slotte eindig hy met bemoediging aan die gelowiges om geduldig te wees in lyding, om vir mekaar te bid en om te gee en ons geloof deur vriendskaplike verhoudings te versterk.

Skakelpunte: Die boek Jakobus is die beste voorskrif aangaande die verhouding tussen geloof en werke. Die Joodse Christene was so verknog aan die Mosaïese wet en die werksisteme daarvan dat Jakobus aansienlik tyd gespandeer het om die moeilike waarheid te verduidelik, dat niemand deur die werke van die wet geregverdig word nie (Gal 2:16). Hy verklaar aan hulle dat selfs deur hul uiterste bes te probeer om al die verskillende wette en rituele te onderhou, hulle nie daarin sal slaag nie en dat dit onmoontlik is, want deur die geringste deeltjie van die wet te oortree, het hulle skuldig gemaak aan die hele wet (Jak 2:10). Die wet is 'n geheel en deur net een deeltjie daarvan te verbreek, beteken dat dit alles gebreek is.

Praktiese Toepassing: In die boek Jakobus sien ons 'n uitdaging aan gelowige volgelinge van Jesus Christus om nie net mooi praatjies te praat nie, maar werklik die geloofspad in waarheid te loop. Terwyl ons in geloof stap en met sekerheid, benodig ons groei deur middel van kennis uit die Woord. Jakobus vermaan ons om nie daar te stop nie. Baie Christene sal hierdie brief uitdagend vind, want Jakobus bied 60 verpligtinge in net 108 verse aan. Hy vestig die aandag op die waarhede rondom Jesus se Bergpredikasie en motiveer ons om te handel volgens wat Hy ons leer.

Die brief kom ook tot die gevolgtrekking dat iemand 'n Christen kan wees en tog in sonde voortleef. Dus geen vrug van regverdigmaking voortbring nie. So 'n "geloof" is volgens Jakobus vanuit die bose: "hulle sidder van angs" (Jak 2:19), want "die duiwels glo dit ook". So 'n "geloof" kan nie red nie, omdat dit nie deur die werke wat altyd opregte reddende geloof vergesel, bevestig word nie (Ef 2:10). Goeie werke is nie die oorsaak van verlossing nie, maar die gevolg daarvan.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Boek Jakobus
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries