settings icon
share icon

Boek Hebreërs

Skrywer: Alhoewel sommige die Hebreërboek tussen die apostel Paulus se geskrifte invoeg, bly die identiteit van die skrywer 'n raaisel. Paulus se gewone begroeting wat algemeen voorkom in sy ander briewe, word gemis. Verderaan is daar die gevoel dat die skrywer van hierdie brief staatgemaak het op kennis en inligting wat voorsien is deur ander mense, wat eintlik ooggetuies van Christus Jesus was (2:3). Dit maak Paulus se betrokkenheid as skrywer twyfelagtig. Daar word ook gemeen dat Lukas die outeur kan wees; ander meen dat Apollos, Barnabas, Silas, Filippus of Aquila en Prisilla moontlikhede is. Ongeag wie die skrywer was, is die Heilige Gees van God die Goddelike outeur van die hele Skrif (2 Tim 3:16). Dus spreek Hebreërs met dieselfde egtheid van outoriteit as die ander 65 boeke van die Bybel.

Datum van Skrywe: Die vroeë kerkvader Clement het in 95 n C vanuit Hebreërs aangehaal. Interne bewyse het egter aangedui dat die boek rondom 65 n C geskryf is: Timoteus het nog gelewe op die tyd dat die sendbrief geskryf is en die afwesigheid van enige getuienis van die einde van die Ou Testamentiese offerandestelsel, wat plaasgevind het saam met Jerusalem se verwoesting in 70 n C.

Doel van Skrywe: Die oorlede dr Walter Martin, stigter van die Christelike Navorsings-Instituut en skrywer van die beste verkoper, Kingdom of the Cults, grap op sy gewone tong-in-die-kies manier dat Hebreërs deur 'n Hebreër aan 'n ander Hebreër geskryf is om die Hebreërs te vertel om op te hou om soos die Hebreërs op te tree. Baie van die vroeë Joodse gelowiges het inderwaarheid terug gegly in die kerkgebruike en rituele van Judaïsme, in 'n poging om die toenemende vervolging vry te spring. Hierdie brief is dan 'n vermaning aan diegene wat vervolgde gelowiges is, om voort te gaan in die genade van Jesus Christus.

Sleutelverse: Heb 1:1-2, "In die verlede het God baiekeer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak."

Heb 2:3, "hoe sal ons dan ontkom as ons so 'n groot saligheid verontagsaam het?"

Heb 4:14-16, "Terwyl ons dan nou 'n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word."

Heb 11:1, "Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie."

Heb 12:1-2, "Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God."

Kort Samevatting: Hebreërs spreek drie aparte groepe aan: gelowiges in Christus, ongelowiges wat kennis gehad het van 'n intellektuele aanvaarding van die feite oor Christus en ongelowiges wat aangetrokke was tot Christus, maar wat Hom uitermate verwerp het. Dit is belangrik om te verstaan watter groep aangespreek word in watter gedeelte. Om te faal om dit te doen, kan veroorsaak dat ons gevolgtrekkings maak wat teendstrydig is met die res van die Skrif.

Die skrywer van Hebreërs maak voortdurend melding van die voortreflikheid van Christus in beide Sy persoon en in Sy bedieningswerk. In die geskrifte van die Ou Testament, verstaan ons die rituele en seremonies van Judaïsme en hoe dit simbolies heenwys na die koms van die Messias. Met ander woorde, die kerkgebruike van Judaïsme was niks anders as skadubeelde van wat sou kom nie. Hebreërs vertel aan ons dat Christus Jesus beter is as enigiets wat godsdiens ooit kan bied. Al die vertoon en omstandighede van godsdienstig verflou in vergelyking met die persoon, werk en bediening van Christus Jesus. Dit is die verhewenheid van ons Here Jesus, wat dan die tema bly van hierdie veelseggende geskrewe brief.

Skakelings: Miskien nêrens in die Nuwe Testament kom die Ou Testament meer in fokus as in die Hebreërboek nie. Die fondasie is die Levitiese priesterskap. Die skrywer vergelyk kort-kort die tekortkominge van die Ou Testamentiese offerandestelsel met die volmaakte en afgehandelde werk in Christus. Die Ou Verbond vereis aanhoudende offers en 'n jaarlikse versoening vir sondes, wat deur 'n menslike priester geoffer moes word, terwyl die Nuwe Verbond 'n eens en vir altyd offerande wat Christus gebring het (Heb 10:10) en direkte toegang tot die troon van God, bied vir almal wat in Hom is.

Praktiese Toepassing: Die sendbrief aan die Hebreërs is ryk aan fundamentele Christelike lering en gee ons bemoedigende voorbeelde van God se geloofshelde, wat volhard het ten spyte van groot moeilikhede en vyandige omstandighede (Heb 11). Hierdie lede van God se Muur van Geloofshelde voorsien oorweldigende getuienis ten opsigte van die onvoorwaardelike sekerheid en absolute betroubaarheid van God. Soos hulle, kan ons volkome vertroue behou in God se ryke beloftes, ongeag ons omstandighede, deur op die rotsvaste en soliede getrouheid van God se werkinge in die lewens van Sy Ou Testamentiese heiliges te mediteer.

Die skrywer gee oorvloedige bemoediging aan gelowiges, maar daar is vyf ernstige waarskuwings wat ons moet op let. Daar is die gevaar van verontagsaming (Heb 2:1-4), die gevaar van ongeloof (Heb 3:7-4:13), die gevaar van geestelike onvolwassenheid (Heb 5:11-6:20), die gevaar van moed opgee (Heb 10:26-39) en die inherente gevaar om God te verwerp (Heb 12:25-29). So vind ons in hierdie gekroonde meesterstuk 'n groot rykdom van lering, 'n verfrissende bron van bemoediging en 'n fontein van waardevolle, praktiese waarskuwings teen traagheid in ons Christelike lewe. Daar is nog meer, want in Hebreërs vind ons 'n weergawe van 'n vergrote beeld van ons Here Jesus Christus – die Skrywer/Begin en Voleinder van ons groot verlossing (Heb 12:2).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Boek Hebreërs
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries