settings icon
share icon

Boek 2 Tessalonisense

Skrywer: 2 Tess 1:1 dui aan dat 2 Tessalonisense deur die apostel Paulus geskryf is, moontlik in samewerking met Silas en Timoteus.

Datum van Skrywe: 2 Tessalonisense is waarskynlik 51-52 n C geskryf.

Doel van Skrywe: Die kerk in Tessalonisense het steeds 'n paar misverstande aangaande die Wederkoms van die Here gehad. Hulle het gedink dat dit reeds al gebeur het en dus opgehou om te werk. Hulle was baie erg onder vervolging geteister. Paulus het geskryf om die misverstande op te klaar en hulle te troos.

Sleutelverse: 2 Tess 1:6-8, "God is tog regverdig: die mense onder wie julle nou so ly, sal Hy as straf ook so laat ly; en aan julle lyding en ons s'n, sal Hy 'n einde maak wanneer die Here Jesus met Sy magtige engele in 'n vuurvlam uit die hemel verskyn."

2 Tess 2:13, "Ons moet God altyd vir julle dank, broers. Die Here het julle lief en God het julle uitverkies om van die eerstes te wees wat gered word. Julle is gered deurdat die Gees julle vir Hom afgesonder het en deurdat julle die waarheid glo."

2 Tess 3:3, "Die Here is getrou; Hy sal julle versterk en julle van die Bose bewaar."

2 Tess 3:10, "Toe ons nog by julle was, het ons vir julle uitdruklik gesê: 'As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie'".

Kort Samevatting: Paulus groet die kerk van Tessalonisense en bemoedig en vermaan hulle. Hy prys hulle vir dit wat hy hoor hulle vir die Here doen en hy bid vir hulle (2 Tess 1:11-12). In hoofstuk 2 verduidelik Paulus wat met die Wederkoms sal gebeur (2 Tess 2:1-12). Paulus bemoedig hulle dan om vas te staan en gee opdrag om hulle te distansieer van leeglêers en broers wat nie volgens die Evangelie leef nie (2 Tess 3:6).

Skakelpunte: Paulus verwys na sekere Ou Testamentiese gedeeltes in sy gesprek aangaande die eindtye en bevestig en versoen dit met die Ou Testamentiese profete. Baie van sy lering oor die eindtye in hierdie brief, is gebaseer op die profeet Daniël en sy visioene. In 2 Tess 2:3-9 verwys hy na Daniël se profesie in verband met die "sondige menslike wese" (Daniël 7-8).

Praktiese Toepassing: 2 Tessalonisense is gevul met inligting aangaande die eindtye. Dit vermaan ons ook om besig te bly en te werk vir ons lewensonderhoud. Daar is ook 'n paar besonderse gebede in 2 Tess, wat as voorbeeld vir ons dien van hoe om te bid, asook vir ander gelowiges.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Boek 2 Tessalonisense
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries