settings icon
share icon

Die boek Handelinge

Skrywer: Handelinge identifiseer nie spesifiek die skrywer nie. Volgens Lukas 1:1-4 en Handelinge 1:1-3 is dit duidelik dat dieselfde skrywer beide Lukas en Handelinge geskryf het. Volgens die vroeë kerk het Lukas, 'n vriend van die apostel Paulus, beide Lukas en Handelinge geskryf (Kol 4:14; 2 Tim 4:11).

Datum van Skrywe: Die boek Handelinge is skynbaar tussen 61-64 n C geskryf.

Doel van Skrywe: Handelinge is geskryf om die geskiedenis van die vroeë kerk vas te lê. Die klem word gelê op die belangrikheid van Pinksterfees en die bekragtiging om effektiewe getuienisse vir Jesus Christus te wees. Handelinge vertel van die apostels wat getuies vir Christus was in Jerusalem, Judea, Samaria en in die res van die omliggende wêrelddele. Handelinge plaas lig op die gawe van die Heilige Gees, wat bekragtig, lei, onderrig en dien as Helper. Deur Handelinge te lees, word ons ingelig en bemoedig deur die baie wonderwerke wat plaasgevind het, gedurende die tyd van die dissipels soos Petrus, Johannes en Paulus. Handelinge plaas klem op die belangrikheid om gehoorsaam te wees aan God se Woord en die verandering wat plaasvind as gevolg daarvan om Christus te ken. Daar is ook baie verwysings na diegene wat die waarheid van die Here Jesus Christus, waaroor die dissipels gepreek het, verwerp het. Mag, hebsug en baie ander booshede wat Satan gebruik het, kom in Handelinge voor.

Sleutelverse: Hand 1:8, "Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal my getuies wees in Jerusalem, sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld."

Hand 2:4, "Almal is met die Heilige Gees vervul en hulle het in ander tale begin praat, soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het om onder sy leiding te doen.

Hand 4:12, "Hý bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie."

Hand 4:19-20, "Maar Petrus en Johannes het vir hulle gesê: 'Julle moet maar self besluit wat voor God reg is: om aan júlle gehoorsaam te wees of aan God. Wat ons betref, dit is onmoontlik om nie te praat oor wat ons gesien en gehoor het nie.'"

Hand 9:3-6, "Toe hy (Saulus) op reis naby Damaskus kom, het daar skielik 'n lig uit die hemel op hom gestraal. Hy het op die grond neergeval en 'n stem vir hom hoor sê: 'Saul, Saul, waarom vervolg jy my?' 'Wie is U, Here?' vra hy toe. 'Ek is Jesus,' antwoord hy. 'Dit is vir My wat jy vervolg. Maar staan op en gaan na die stad toe. Daar sal vir jou gesê word wat jy moet doen.'"

Hand 16:31, "Hulle antwoord hom: 'Glo in die Here Jesus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin."

Kort Samevatting: Die boek Handelinge gee die geskiedenis van die Christelike kerk en die verspreiding van die Evangelie van Jesus Christus, sowel as die stygende teenstand daarteenoor. Alhoewel baie gelowige dienaars gebruik is om te preek en die Evangelie van Jesus Christus te onderrig, was Saulus, wie se naam na Paulus verander is, een van die invloedrykste. Voordat hy tot bekering gekom het, het Paulus dit geniet om Christene te vervolg en dood te maak. Paulus se dramatiese omdraaiing op die Damaskuspad (Hand 9:1-31) is 'n hoogtepunt in die boek Handelinge. Na sy bekering het hy na die teenoorgestelde uiterste beweeg om God lief te hê en Sy Woord kragtig, vurig en met die Gees van die ware en lewende God te verkondig. Die dissipels was bekragtig deur die Heilige Gees as Sy getuies in Jerusalem (hoofstukke 1-8:3), Judea en Samaria (hoofstukke 8:4-12:25) en tot by die eindes van die aarde (hoofstukke 13:1-28). In die laaste gedeelte is Paulus se drie sendingreise ingesluit (13:1-21:16), sy beproewings in Jerusalem en Sesarea (21:17-26:32) en sy finale reis na Rome (27:1-28:31).

Skakelings: Die boek Handelinge dien as 'n oorgang van die Ou Verbond of wetsonderhouding na die Nuwe Verbond van genade en geloof. Hierdie oorgang word in verskeie sleutelgebeure in Handelinge gesien. Eerstens was daar 'n verandering in die bediening van die Heilige Gees, wie se hooffunksie in die Ou Testament die eksterne "salwing" van God se mense was: Moses (Numeri 11:17) Otniël (Rigters 3:8-10) Gideon (Rigters 6:34) en Saul (1 Samuel 10:6-10). Na die opstanding van Jesus, het die Gees gekom en in die harte van gelowiges kom woon (Romeine 8:9-11; 1 Kor 3:16) en hulle gelei en versterk van binne af. Die invulling van die Gees is die gawe van God aan diegene wat tot geloof in Hom kom.

Paulus se bekering was 'n dramatiese voorbeeld van die oorgang van die Ou Verbond na die Nuwe. Paulus het erken, dat, voordat hy die verrese Verlosser ontmoet het, hy die ywerigste Israeliet was en onberispelik "in onderhouding van die wet van Moses om vryspraak te kry" (Filippense 3:6). Hy het selfs so ver gegaan om diegene wat verlossing deur genade deur geloof in Christus verkondig het, te vervolg, maar ná sy bekering het hy besef dat al sy wettiese pogings waardeloos was, deur te sê, "ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik, sodat ek Christus as enigste bate kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat 'n mens in Hom glo" (Fil 3:8b-9). "Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie" (Ef 2:8-9).

Petrus se visioen aangaande die "groot doek" in Hand 10:9-15 is nog 'n teken van die oorgang van die Ou Verbond – in hierdie geval die voedselwette spesifiek vir die Jode – aan die Nuwe Verbond se Jode en Heidene as 'n eenheid in een universele Kerk. Die "rein" diere simboliseer die Jode en die "onrein" diere simboliseer die Heidene en beide is "rein" verklaar deur God deur die offerdood van Christus. Nie meer onder die Ou Verbondswet nie, beide is nou verbonde as 'n eenheid onder die Nuwe Genadeverbond deur geloof in die bloed van Christus, wat aan die kruis gestort is.

Praktiese Toepassing: God kan ongelooflike dinge deur gewone mense doen, as Hy hulle deur Sy Gees bekragtig. God het juis 'n groep vissermanne geroep en gebruik om die wêreld om te keer (Hand 17:6). God het 'n Christenhater en –moordenaar geneem en hom in die grootste Christen-evangelis verander, die skrywer van byna die helfte van die Nuwe Testamentiese boeke. God het vervolging gebruik om die vinnigste uitbreiding van 'n "nuwe geloof" te laat plaasvind, in die wêreld se geskiedenis. God kan en doen dieselfde deur ons – hartsverandering, bekragtiging deur die Heilige Gees en ons ontvang 'n passie om die Goeie Nuus van verlossing deur Christus te versprei. Indien ons hierdie dinge in ons eie krag probeer, sal ons faal. Soos die dissipels in Hand 1:8, moet ons wag vir die bekragtiging van die Gees en dan in Sy krag gaan om die Groot Opdrag te vervul (Matt 28:19-20).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Die boek Handelinge
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries