settings icon
share icon

Boek 1 Timoteus

Skrywer: Die boek 1 Timoteus is deur die apostel Paulus geskryf (1 Tim 1:1).

Datum van Skrywe: 1 Timoteus is 62-66 n C geskryf.

Doel van Skrywe: Paulus het aan Timoteus geskrywe om hom te bemoedig in sy verantwoordelikheid om om te sien na die werk van die kerk in Efese en moontlik die ander kerke in die provinsie van Asië (1 Tim 1:3). Hierdie brief lê die grondslag om ouderlinge te kies (1 Tim 3:1-7) en gee leiding om mense soos diakens in die kerk aan te stel (1 Tim 3:8-13). 1 Timoteus is hoofsaaklik 'n handleiding vir kerklike organisasies om leierskap en administrasie daar te stel.

Sleutelverse: 1 Tim 2:5, "Daar is immers net een God en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus."

1 Tim 2:12, "Ek laat haar nie toe om daar onderrig te gee of oor die man gesag uit te oefen nie; sy moet stil wees."

1 Tim 3 :1-2, "Dit is 'n waar woord: as iemand graag ouderling wil wees, begeer hy 'n voortreflike werk. 'n Ouderling moet onberispelik wees, getrou aan sy vrou, nugter, verstandig, beskaaf, gasvry en bekwaam om te onderrig; hy moenie aan drank verslaaf of 'n rusiemaker wees nie, maar inskiklik, vredeliewend en nie geldgierig nie."

1 Tim 4:9-10, "Dit is 'n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word. Met hierdie vooruitsig span ons ons kragte in en stry ons, want ons het ons hoop op die lewende God gevestig, wat die Verlosser is van alle mense, van almal wat glo."

1 Tim 6:12, "In die goeie wedloop van die geloof moet jy al jou kragte inspan en die ewige lewe as prys behaal. Daartoe het God jou geroep en het jy die goeie belydenis voor baie getuies afgelê."

Kort Samevatting: Dit is die eerste brief wat Paulus aan Timoteus geskryf het. Timoteus was 'n jong prediker wat vir Paulus in sy werk gehelp het. Hy was 'n Griek. Sy ma was 'n Jodin en sy pa was Grieks. Paulus was meer as net 'n mentor en leier vir Timoteus, hy was soos 'n vader vir hom en Timoteus was soos 'n seun vir Paulus (1 Tim 1:2). Paulus begin die brief deur Timoteus aan te moedig om op sy pos vir die valse leraars en valse leringe te wees. Tog bestaan 'n groot gedeelte van die brief uit opdragte, rakende pastorale gedrag. Paulus leer vir Timoteus hoe om te aanbid (hoofstuk 2) en hoe om volwasse leiers vir die kerk op te lei (hoofstuk 3). Die grootste deel van die brief handel oor pastorale gedrag, waarskuwings teen valse leraars en die kerk se verantwoordelikheid teenoor lede wat sondig, weduwees, ouderlinge en slawe. Regdeur die brief bemoedig Paulus vir Timoteus om vas te staan, te volhard en getrou te bly aan sy roeping.

Skakelpunte:' n Interessante skakel met die Ou Testament is Paulus se aanhaling in verband met die basis waarop ouderlinge vir die kerk waardig beskou word en "dubbele erkenning" ontvang en respek moet verdien, wanneer dit kom by beskuldigings as gevolg van verkeerde optrede (1 Tim 5:17-19). Deut 24:15,25:4 en Lev 19:13 praat almal van die nodigheid om 'n werker te betaal wat hy verdien het en om dit tydig te betaal. 'n Gedeelte van die Mosaïese Wet beveel dat twee of drie getuies nodig is om 'n beskuldiging teen iemand in te bring (Deut 19:15). Die Joodse Christene in die kerke waar Timoteus onderrig het, sou wel deeglik bewus gewees het van hierdie Ou Testamentiese skakels.

Praktiese Toepassing: Jesus Christus word deur Paulus bekendgestel as die Middelaar tussen God en mens (1 Tim 2:5), die Verlosser vir almal wat in Hom glo. Hy is Here van die kerk en Timoteus dien Hom deur Sy Kerk te lei. Ons vind die hoofdoel van Paulus in sy eerste brief aan: "my eie kind in die geloof." Paulus gee aan Timoteus opdrag aangaande kerksake soos leringe, kerkleierskap en –administrasie. Ons kan daardie selfde opdragte vandag nog gebruik om ons plaaslike byeenkomste te administreer. Die werk en bediening van 'n prediker, die kwalifikasies van 'n ouderling en diaken is net so belangrik en gepas vandag as in die tyd van Timoteus. Paulus se eerste brief aan Timoteus is gelykstaande aan 'n voorskriftelike boek, aangaande leierskap, administrasie en pastorale leiding van die plaaslike kerk. Hierdie instruksies in hierdie brief is geldig vir enige leier of voorgenome leier van Christus se kerk en is vandag net so relevant soos in Paulus se tyd. Vir diegene wat nog nie tot leierskaprolle van hul kerk geroepe is nie, is hierdie boek nog steeds van praktiese waarde. Elke volgeling moet stry vir geloof en valse lering vermy. Elke volgeling moet vas staan en volhard.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Boek 1 Timoteus
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries