settings icon
share icon

Boek 1 Petrus

Skrywer: 1 Pet 1:1 identifiseer die skrywer as die apostel Petrus.

Datum van Skrywe: I Petrus is waarskynlik tussen 60-65 n C geskryf.

Doel van Skrywe: 1 Pet is 'n brief van Petrus aan die gelowiges wat versprei was deur die antieke wêreld en erge vervolging ondergaan het. As enigeen vervolging geken het, dan was dit Petrus. Hy is geslaan, gedreig, gestraf en gevange gehou, omdat hy die Woord van God verkondig het. Hy het geweet wat dit was om te verduur, sonder bitterheid, sonder om hoop te verloor en het in vaste geloof 'n lewe geleef van gehoorsaamheid, 'n lewe van oorwinning. Hierdie kennis van 'n lewe van hoop in Jesus was die boodskap en Christus se voorbeeld was die een om na te volg.

Sleutelverse: 1 Pet 1:3, "Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In Sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood."

1 Pet 2:9, "Julle, daarenteen, is die uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na Sy wonderbare lig."

1 Pet 2:24, "Hy het self ons sondes in Sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur Sy wonde is julle genees."

1 Pet 5:8-9, "Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur."

Kort Samevatting: Alhoewel hierdie tyd van vervolging baie erg was, het Petrus openbaar gemaak dat dit eintlik 'n tyd van blydskap was. Hy sê dat dit gesien moet word as 'n voorreg om vir die saak van Christus te ly, want Hy het as Verlosser vir hulle gely. Hierdie brief is 'n heenwysing na Petrus se persoonlike ondervindinge met Jesus en sy prediking vanuit die boek Handelinge. Petrus bevestig dat Satan die groot vyand van elke Christen is, maar die Wederkoms van Christus is die dryfveer agter hoop.

Skakelings: Petrus se bekendheid met die Ou Testamentiese wet en profete het dit vir hom moontlik gemaak om verskeie gedeeltes uit die Ou Testament te verduidelik in die lig en lewe van die Messias, Jesus Christus. In 1 Pet 1:16 haal hy Lev 11:44 aan: "wees heilig, want Ek is heilig." Hy verduidelik dit deur te sê dat heiligheid nie deur wetsonderhouding verkry kan word nie, maar deur die genade wat uitgestort is op almal wat in Christus glo (vgl 13). Verderaan verduidelik Petrus deur te verwys na die "hoekklip" in Jes 28:16 en Ps 118:22 as Christus, wat deur die Jode verwerp is deur hul ongehoorsaamheid en ongeloof. Bykomende Ou Testamentiese verwysings sluit die sondelose Christus in (1 Pet 2:22/Jes 53:9) en vermanings om heilig te lewe deur die krag van God wat seëninge oplewer (1 Pet 3:10 en 12; Ps 34:12-16; 1 Pet 5:5; Spreuke 3:34).

Praktiese Toepassing: Die sekerheid van die ewige lewe is aan alle Christene gegee. Een manier om met Christus te identifiseer, is om in Sy lyding te deel. Dit is vir ons bedoel wat beledigings en beskuldigings van ander moet verduur, ten opsigte van "heiligheid". Dit is 'n karige vergelyking met wat Christus vir ons aan die kruis moes verduur. Staan op vir wat jy weet en glo reg is en wees bly as die wêreld en Satan mik om jou seer te maak.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Boek 1 Petrus
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries