settings icon
share icon

Boek Judas

Skrywer: Judas 1 identifiseer die skrywer van die boek Judas as Judas, 'n broer van Jakobus. Heel moontlik is dit Jesus se halfbroer, aangesien Hy ook 'n halfbroer met die naam Jakobus gehad het (Matt 13:55). Judas identifiseer homself nie as 'n broer van Jesus nie, dalk as gevolg van nederigheid en eerbied teenoor Christus.

Datum van Skrywe: Die boek Judas is na-aan die boek 2 Petrus verbonde. Die datum van outeurskap vir Judas hang daarvan af of Judas die inhoud van 2 Petrus gebruik het en of Petrus die inhoud van Judas gebruik het in 2 Petrus. Die boek Judas is iewers tussen 60 en 80 n C geskryf.

Doel van Skrywe: Judas is vir ons vandag 'n belangrike boek, omdat dit vir die eindtye geskryf is, die einde van die kerktyd. Die kerk het met Pinksterfees begin. Judas is die enigste boek wat in totaliteit oor die groot afvalligheid skryf. Judas skryf dat bose werke die oorsaak is. Hy vermaan ons om te stry vir die geloof, aangesien daar onkruid tussen die koring is. Daar is valse profete in die kerk en die heiliges is in gevaar. Judas is 'n kort, maar belangrike boek en van waarde om te bestudeer. Dit is geskryf vir vandag se Christene.

Sleutelverse: Judas:3, "Geliefdes, ek was vas van plan om aan julle te skrywe oor die verlossing waaraan ons almal deel het. Maar nou voel ek my verplig om julle met my brief aan te spoor om te stry vir die geloof wat eenmaal oorgelewer is aan dié wat God vir Hom afgesonder het."

Judas:17-19, "Maar julle, geliefdes, moet die dinge onthou wat die apostels van ons Here Jesus Christus voorheen reeds vir julle geleer het. Hulle het vir julle gesê: 'Daar sal in die laaste dae mense wees wie se lewe deur hulle eie goddelose begeertes beheers word en hulle sal met julle die spot dryf. Hierdie mense bring verdeeldheid; hulle word deur hulle natuurlike drange beheers en nie deur die Gees van God nie.'"

Judas: 24-25, "Aan Hom wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle onbevlek en met vreugde Sy heerlikheid te laat aanskou, aan die enigste God, ons Verlosser deur Jesus Christus ons Here, aan Hom behoort die heerlikheid en die majesteit, die krag en die mag, van alle ewigheid af, ook nou en tot in alle ewigheid! Amen."

Kort Samevatting: Na aanleiding van vers 3 was Judas opgewonde om oor ons verlossing te skryf; tog het hy die onderwerp verander en die stryd om geloof te behou, aangespreek. Hierdie geloof omarm die totale liggaam van die Christelike leer wat deur Christus verkondig is en later oorgedra is aan die apostels. Na Judas se waarskuwing oor valse leraars (verse 4-16), adviseer hy ons hoe om geestelike oorlogvoering te bemeester (verse 20-21). Hier is wysheid wat ons positief kan raak, indien ons dit aanvaar en ook aanhang soos ons deur hierdie laaste dae van die eindtye gaan.

Skakelpunte: Judas is vol van verwysings na die Ou Testament, insluitend die uittog (v. 5); Satan se rebellie (v. 6); Sodom en Gomorra (v. 7); Moses se dood (v. 9); Kain (v. 11); Bileam (v. 11); Korag (v. 11); Henog (v. 14-15) en Adam (v. 14). Judas se gebruik van die welbekende historiese illustrasies van Sodom en Gomorra, Kain, Bileam en Korag, herinner die Joodse Christene aan die noodsaaklikheid van opregte geloof en gehoorsaamheid.

Praktiese Toepassing: Ons lewe in 'n unieke tyd in die geskiedenis en hierdie kort geskrif van Judas rus ons toe vir die onbekende uitdagings vir ons lewens in die eindtye. Vandag se Christen moet paraat wees vir valse leringe wat ons maklik kan mislei, indien ons nie vastigheid in die Woord het nie. Ons moet die Evangelie ken om dit te beskerm en te verdedig en die Heerskappy van Christus aanvaar, wat getuig van 'n lewensverandering. Betroubare geloof weerspieël die gedrag van Christus. Ons lewe in Christus moet ons eie hartskennis reflekteer, wat op die outoriteit van die Almagtige Skepper en Vader berus, wat geloof in aksie laat oorgaan. Ons benodig daardie persoonlike verhouding met Hom en slegs dan sal ons Sy stem só goed ken dat ons niemand anders wil volg nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Boek Judas
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries