settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ek die vrees om dood te gaan, oorkom? Hoe kan ek ophou om die dood te vrees?

Antwoord


Selfs die mees geborge, toegewyde gelowige kan soms oomblikke van vrees vir die dood beleef. Dit is natuurlik om te wens om die dood te vermy. Die dood was nie deel van God se oorspronklike plan vir Sy skepping nie. Ons is geskep om volkome (whole) en heilig te wees en om in die paradys in verhouding saam met Hom te leef. Die toetrede van die dood was ‘n nodige reaksie op die toeganklikheid van sonde tot die wêreld. Dit is ‘n groot genade dat ons gaan sterf. Sou ons nie doodgaan nie, moes ons vir ewig in ‘n sondige wêreld bly.

Daardie kennis staan nie noodwendig die diepgesete reaksie teen, ten opsigte van die gedagte aan jou eie mortaliteit nie. Die broosheid van ons fisiese liggame en voorbeelde van die skielike staking van lewe, is herinneringe rakende ons tekort aan beheer in ‘n groot, gevaarlike wêreld. Ons het ‘n groot hoop dat Hy wat in ons is, groter is as hy wat in die wêreld is (1 Joh 4:4). En Hy gaan om vir ons plek te berei, sodat ons saam met Hom kan wees (Joh 14:2). Maar dit mag help om die meer onmiddellike, praktiese oorwegings wat ons in die gesig staar, in ag te neem.

Daar is verskeie aspekte van die dood wat moontlik vrees veroorsaak. Gelukkig het God ‘n antwoord vir elkeen:

Vrees vir die Onbekende

Hoe voel dit presies om te sterf? Wat kan jy sien as jou lewe jou fisiese liggaam verlaat? Hoe sal dit gebeur? Is dit enigsins soos mense al vertel het – ‘n helder lig? ‘n Groep naasbestaandes?

Niemand weet met sekerheid hoe dit voel nie, maar die Bybel beskryf wat gebeur. 2 Kor 5:6-8 en Fil 1:23 sê dat wanneer ons ons liggaam verlaat, ons tuis is by die Here. Wat ‘n gerusstellende gedagte! Ons sal in hierdie toestand bly tot Christus weer kom en die gelowiges opwek (1 Kor 15:20-22, 6:14), wanneer ons ‘n nuwe, verheerlikte liggaam sal ontvang.

Vrees om Beheer te verloor

Teen die tyd dat mense volwassenheid bereik, het hul ‘n redelike goeie idee om met die wêreld om hulle om te gaan. Hulle weet hoe om te kry wat hulle benodig, om te gaan waar hul wil wees en om met ander om te gaan, op ‘n manier wat hul oogmerk vervul.

Baie, selfs hulle wat geloof in God bely, is so bevrees om nie te kry wat hulle benodig nie, dat hulle voel hul moet hul omgewings en die mense rondom hulle manipuleer tot hul eie voordeel. Ons het al almal mans en vrouens ontmoet wat mishandel en hulle vergryp aan dinge, uit vrees. Hulle vertrou nie dat God in hul behoeftes sal voorsien nie, dus sien hulle self om na dinge. Hulle vertrou nie ander nie, dus vorder hulle in wat húlle dink hul nodig het.

Hoeveel meer moet hulle nie vrees om beheer oor hul eie dood te verloor nie! Soos Jesus aan Petrus gesê het, toe Hy sy dood beskryf het, “Dit verseker Ek jou: Toe jy jonger was, het jy self jou klere vasgemaak en gegaan waar jy wil; maar wanneer jy oud is, sal jy jou hande uitsteek en iemand anders sal jou vasmaak en jou bring waar jy nie wil wees nie” (Joh 21:18). Voordat Petrus hierdie waarskuwing gekry het, het hy Jesus verloën uit vrees. Maar nadat Jesus teruggekeer het hemel toe, het Petrus ‘n nuwe mens geword – een waarvan die passie vir Christus se boodskap by verre sy behoefte om sy milieu te beheer,oorskry het (Hand 5:17-42). Slegs die Heilige Gees het hom die krag gegee om enige uitdaging in die oë te kon kyk.

Vrees ten opsigte van hulle wat agterbly

Die Christen se siening rakende dood, is “skeiding.” Die ergste dood is om van God geskei te wees. By fisiese dood sal ons van ons geliefdes op aarde vir ‘n tyd geskei wees. Indien hulle ook Christene is, weet ons dat dit ‘n kort skeiding sal wees, in vergelyking met die ewigheid. As hulle nie Christene is nie, sal dit nie die geval wees nie. Ons opdrag is dan om terwyl ons nog bymekaar is, te praat oor waarheen hulle sou wil gaan as hulle sterf. Die besluit berus uiteindelik by hulle.

Vrees vir die aksie van dood

Min van ons weet hoe ons sal sterf. Vinnig en sonder pyn, in ons slaap, ‘n lang uitgerekte siekte – die geheim daarvan, die onvermoë om voor te berei, kan vreesaanjaend wees. Selfs al weet ons, as ons met ‘n terminale siekte gediagnoseer is, kan dit steeds vrees aanjaag.

Dit is egter net ‘n oomblik. ‘n Oomblik wat feitlik elkeen al deurgegaan het of sal deurgaan. Christene kan op Fil 3:20-21 aanspraak maak: “Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag. Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos Sy verheerlikte liggaam te wees.”

Om vrees te help versag, kan jy stappe neem om jouself voor te berei vir die dood, asook vir hulle rondom jou.

Praktiese stappe om die vrees vir die dood te oorkom

Baie mense glo dat hulle nie sal sterf nie, omdat hulle te veel het om voor te lewe. Dikwels beteken dit dat hulle verantwoordelikhede en onafgehandelde besigheid het, wat nie na omgesien sal word as hulle nie meer daar is nie. Verantwoordelikhede sal jou nie van die dood weerhou, as jou tyd daar is nie. Om vooruit te beplan kan vrees verlig.

Indien jy ‘n besigheid of kinders of ander afhanklikes het, neem hul versorging in ag. Besluit wie jou rol sal oorneem en maak ‘n plan met daardie persoon. Skryf ‘n testament of stig‘n trust. Maak seker dat alle nodige paierwerk in orde is en maklik om te vind. Herstel gebroke verhoudinge voordat jy nie meer kan nie, maar moenie leef om te sterf nie. Daar is ‘n verskil tussen redelike stappe en om obsessief te raak oor die dood.

Fisiese stappe om die vrees vir die dood te oorkom

As jy sterk gevoelens het oor wat jy wil hê met jou moet gebeur, sou jy onbevoeg raak, maak jou wense nou bekend. Dit is heeltemal moontlik dat jy gedurende die verloop van ‘n siekte of besering, beheer oor die situasie kan verloor en nie jou wense kan uitspreek nie. Kry ‘n lewende testament. Laat die mense naaste aan jou, weet wat jy begeer – of sê ten minste waar dit neergeskryf is. Kies iemand wat jy vertrou en gee hom/haar volmag om besluite namens jou te neem.

Geestelike stappe om die vrees vir die dood te oorkom

Die belangrikste ding om te onthou ten opsigte van die dood, is die waarheid oor die lewe. Jy is lief vir jou familie en gee om vir hulle, maar God is nog liewer vir hulle. Jy mag dalk bekommerd wees oor jou aardse nalatenskap, maar God is meer begaan oor ‘n hemelse perspektief. Alle papierwerk in die wêreld sal nie die gemoedsrus van een eenvoudige handeling bring nie: bly in Hom (abide).

In die middel van hierdie lewe te leef, is dit moeilik om in gedagte te hou dat dit slegs ‘n tydelike toestand is. 1 Joh 2:15-17 sê, “Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie. Die wêreldse dinge – alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld. En die wêreld met al sy begeertes gaan verby, maar wie die wil van God doen, bly ewg lewe.” Hoe ons dit onthou, is deur vas te hou, te bly in Hom(1 Joh 2:24). Deur te bly in die Waarheid van Sy Woord, deur te glo wat Hy vir ons sê oor ons en die wêreld om ons, sal vir ons die regte perspektief gee aangaande hierdie lewe en die een wat ons sal ontvang.

As ons in staat is om daardie ewigheidsperspektief te behou, sal ons in staat wees om 1 Joh 3:1-3 te vervul: “Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God en ons is dit ook. En die wêreld ken ons nie, omdat dit Hom nie ken nie. Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God. Dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie, maar ons weet dat, wanneer Jesus kom, ons soos Hy sal wees. Ons sal Hom sien soos Hy werklik is. Elkeen wat hierdie verwagting in verband met Hom koester, hou homself rein soos Jesus rein is.” Dit sal so duidelik wees dat ons nie aan hierdie wêreld behoort nie, dat ander mense dit ook sal sien. Ons sal eienaarskap van ons posisie as kinders van God opneem, sodat ons daadwerklik die dag sal soek dat ons soos Christus kan wees en Hom sien soos Hy werklik is.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ek die vrees om dood te gaan, oorkom? Hoe kan ek ophou om die dood te vrees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries