settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ek gevoelens van verwerping oorkom?

Antwoord


Ons is almal geneig tot teleurstelling en gevoelens van verwerping en dit is veral waar ná ‘n gebroke verhouding. Tog, as wedergebore gelowiges het ons ‘n bron in God se Woord, waar ons vertroosting en helderheid oor die situasie kan kry. Een persoon se verwerping beteken nie dat ons nie liefgehê kan word nie. Ons kan toelaat dat een verwerping kan bepaal hoe ons voel en toelaat dat daardie gevoel ons idee van wie ons is, verander of ons kan kies om dit agter ons te sit en vorentoe te beweeg op grond van iets wat veel verder strek.

Wat is dit? Vir gelowiges is dit ons posisie in Christus. Met ons wedergeboorte, is ons aangeneem. “Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. In Sy liefde het Hy ons, volgens Sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. Daarom moet ons God prys vir Sy groot genade wat Hy in Sy geliefde Seun vrylik aan ons geskenk het” (Ef 1:3-6).

Alhoewel ons dit nie verdien nie, kan ons dit ook nie verwerf nie (Ef 2:8-9), maar die Here Jesus Christus het ons geseën met elke geestelike seëning en ons aanvaarbaar vir Hom gemaak. Hierdie aanvaarding is Sy geskenk van genade en dit oorweldig enige en alle ander “gevoelens” wat ons mag hê, omdat dit nie gebaseer is op “hoop so” nie, maar “weet so”. Ons weet dat dit waar is, aangesien God se Woord dit sê en soos ons op hierdie waarheid staan deur geloof, raak dit realiteit in ons harte en lewens.

Deur met ons gevoelens saam te leef, is soos om deur die wêreld te loop met ons harte op ons mou. Ons is gedoem om seer te kry en teleurgestel te word, want ons lewe in ‘n gevalle wêreld. Hoe ons kies om met daardie seer en teleurstelling te doen, sal ons óf sterker laat groei in ons verhouding met die Here óf dit sal beteken dat ons verhouding geskend is. Beide uitkomste is ons keuse. God maak dit moontlik vir ons om deur die teleurstellings in die lewe te gaan met ‘n erkenning dat Sy voorsiening vir ons werk. Sy genade en troos is soos ons in Hom geanker is. Elke wedergebore kind van God het al hierdie voorsienings en seëninge in Christus, maar ons moet kies hoe om hulle aan te wend. Dit is soos om ‘n miljoen dollar in die bank te hê en kies om van die honger dood te gaan, aangesien ons nie daardie geld gebruik om kos te koop nie. Dit is ook waar dat ons nie kan gebruik wat ons nie weet ons het nie. Dus, is dit nodig dat elke gelowige dié God moet “ken” wat vir ons ken en liefhet en dit beteken meer as ‘n toegewyde lees van God se Woord, maar deur dit te bestudeer, verander ons perspektief (2 Tim 3:16-17) en laat ons toe om die lewe gewapend in die gesig te staar met werklike verstaan aangaande die realiteit van om in geloof te lewe.

As gelowiges word ons nie gedefinieer deur ons foute van die verlede nie of teleurstelling deur die verwerping deur ander nie. Ons word gedefinieer as kinders van God, wedergebore tot ‘n nuwe lewe en toegerus met elke geestelike gawe en in Christus Jesus aangeneem. Dit is die definiërende faktor wanneer dit kom by lewe in oorvloed en oorwinning. God het vir elkeen van ons unieke geleenthede voorberei om deur die lewe met sy “baie dinge” te gaan. Ons kan in ons eie krag gaan en wat die apostel Paulus noem ons “vlees” of ons kan stap in die krag van God se voorsiening, wat Hy deur die Heilige Gees vir ons voorsien. Dit is ons keuse. God het ons voorsien van die wapenrusting (Ef 6:11-18), maar dit is ons keuse om dit uit geloof aan te trek.

Dus, as jy ‘n kind van God is, sal daar teleurstelling in hierdie lewe wees, maar jy moet onthou dat as Koningskind, is hierdie verwerping ‘n tydelike stamp in die pad. Jy het ‘n keuse óf dat dit jou omver gooi en die verhouding seermaak óf jy kan kies om die erfenis van ‘n kind van God te aanvaar en vorentoe te beweeg uit genade. Vergifnis vir ander en jouself miskien, is ‘n gawe wat jy kan gee, omdat dit die geskenk is wat jy ontvang het van die Here Jesus Christus (Ef 4:32).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ek gevoelens van verwerping oorkom?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries