settings icon
share icon
Vraag

Op watter manier is Jesus Christus uniek?

Antwoord


Hy is die enigste, unieke Seun van God (Ps 2:7, 11-12; Joh 1:14; Luk 1:35).

Hy is ewig. Hy het van ewigheid af bestaan in die verlede, Hy bestaan in die teenwoordige tyd en Hy sal bestaan tot in ewigheid, in die toekomstige tyd (Joh 1:1-3, 14, 8:58).

Jesus alleen is die Een wat ons sondes gedra het, sodat ons vergifnis kon ontvang en van ons sondes verlos kon word (Jes 53; Matt 1:21; Joh 1:29; 1 Pet 2:24; 1 Kor 15:1-3).

Jesus is die enigste Weg na die Vader (Joh 14:6; Hand 4:12; 1 Tim 2:5); daar is geen ander weg om verlos te word nie. Hy is die enigste regverdige Een, wat daardie volmaakte regverdigheid vir ons sondes verruil het (2 Kor 5:21).

Jesus alleen het mag oor Sy eie dood en die vermoë om Sy lewe weer terug te neem (Joh 2:19, 10:17-18). Sy opstanding was nie "geestelik" nie, maar fisies (Luk 24:39). Sy opstanding uit die dood, om nooit weer te sterf nie, het Hom onderskei as die unieke Seun van God (Rom 1:4).

Jesus alleen het aanbidding ontvang, gelykstaande aan die Vader (Joh 20:28-29; Fil 2:6), en God die Vader het inderdaad verklaar dat die Seun geëer moet word, netsoos die Vader geëer word (Joh 5:23). Al die ander, hetsy Jesus se dissipels óf engele-wesens het met reg daardie aanbidding verwerp (Hand 10:25-26; Hand 14:14-15; Matt 4:10; Openbaring 19:10, 22:9).

Jesus het die mag om lewe te gee aan wie Hy wil (Joh 5:21).

Die Vader het alle oordeel aan Jesus oorgegee (volmag) (Joh 5:22).

Jesus was by die Vader en direk betrokke in die skepping en dit is deur Sý hand dat alle dinge tot stand gekom het (Joh 1:1-3; Ef 3:9; Heb 1:8-10; Kol 1:17).

Dit is Jesus wat die wêreld aan die einde van hierdie teenswoordige tydperk sal regeer (Heb 1:8; Jes 9:6-7; Dan 2:35, 44; Openbaring 19:11-16).

Jesus alleen is uit 'n maagd gebore, verwek deur die Heilige Gees (Jes 7:14; Matt 1:20-23; Luk 1:30-35).

Dit is Jesus wat getoon het dat Hy die karaktereienskappe van God het (die mag om sonde te vergewe en siekes te genees (Matt 9:1-7); om die wind en die golwe te laat bedaar (Mark 4:37-41); Ps 89:8-9), om ons te ken en volkome met ons bekentenis te hê (Ps 139; Joh 1:46-50, 2:23-25), om die dooies op te wek (Joh 11; Luk 7:12-15, 8:41-55).

Daar is 'n groot aantal profesieë aangaande die geboorte van die Messias, Sy lewe, opstanding, persoon en doelwit. Almal is deur Hom vervul en deur niemand anders nie(Jes 7:14; Miga 5:2; Ps 22; Sag 11:12-13, 13:7; Jes 9:6-7; Jes 53; Ps 16:10).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Op watter manier is Jesus Christus uniek?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries