settings icon
share icon
Vraag

Moet 'n Christen wêreldvrede promoveer?

Antwoord


Wêreldvrede is 'n pragtige ideaal, maar dit sal slegs besef word met Jesus se Wederkoms (Openbaring 21:4). Tot dan, sal vrede regdeur die wêreld nooit gebeur nie. Jesus het gesê dat, tot Hy weer kom, sal daar "oorloë en gerugte van oorloë" wees en dat "Die een nasie sal teen die ander te staan kom en die een koninkryk teen die ander" (Matt 24:6-7). Daar was nooit 'n tyd in die geskiedenis van die wêreld dat iewers, iemand nie met iemand anders geveg het nie. Of dit 'n wêreldoorlog was waar dosyne volke betrokke was of 'n plaaslike skermutseling waar stamme of groepe betrokke was, mense was altyd in oorlog met mekaar.

Om wêreldvrede te promoveer is nie Bybels nie, aangesien ons weet dat menslike wesens, maak nie saak hoe hard hul probeer nie, nooit by magte sal wees om dit so te doen nie.Terwyl ons aan liefdadigheid skenk, verdraagsaamheid uitleef en deel, is dit sekerlik van toepassing op Christene, en moet ons dit in die Naam van Jesus doen, en verstaan dat Hy alleen die Bringer van vrede op aarde is. Totdat elke knie sal buig en elke tong bely dat Jesus Christus die Here is (Fil 2:10), kan daar geen ware en blywende vrede wees nie. Tot dan, moet Christene die volgende doen, "Beywer julle vir vrede met alle mense, asook vir 'n heilige lewe, waarsonder niemand die Here sal sien nie (Heb 12:14).

Soos Christene moet ons vrede uitleef in plaas van konflik, maar ons moet onthou dat deur ons eie aksies, sal ons nooit volkome vrede bereik nie, as gevolg van die gevalle toestand van die mens. Ons geloof bly in God en Jesus Christus, die Prins van Vrede. Totdat Hy kom om die wêreld te vernuwe en ware vrede te bring, sal wêreldvrede net 'n bietjie meer as 'n droom bly. Ons belangrikste taak is om ander te oortuig hoe nodig hulle die Verlosser het, en Hy is die enigste Een wat vrede tussen individue en God kan bring. "God het ons dan nou vrygespreek omdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus" (Rom 5:1). "Ons tree dus op as gesante van Christus en dit is God wat deur ons 'n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het!" (2 Kor 5:20).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Moet 'n Christen wêreldvrede promoveer?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries