Ewige Lewe
 
 

Het u al die Ewige Lewe beërwe?



Vraag: "Het u al die Ewige Lewe beërwe?"

Antwoord:
Die Bybel omskryf ‘n duidelike Weg na die Ewige Lewe. Eerstens moet ons besef dat ons teen God gesondig het: “Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God” (Romeine 3:23). Ons verdien God se straf aangesien ons almal dade gepleeg het wat onaanvaarbaar vir God is. Aangesien al ons sondes uiteindelik teen ‘n ewige God is, sal slegs ‘n ewige straf daarvoor voldoende wees. “Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here” (Romeine 6:23).

Nieteenstaande het Jesus Christus, die sondelose (1 Petrus 2:22), ewige Seun van God, vlees geword (Johannes 1: 1, 14) en gesterf om ons losprys te betaal. “Maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was” (Romeine 5:8). Hy het die kruisdood gesterf (Johannes 19:31-42) en die straf wat vir ons bestem was, op Hom geneem (2 Korinthiërs 15:21). Hy het drie dae later uit die dood opgestaan (1 Korinthiërs 15:1-4) en deur middel van Sy opstanding, sy oorwinning oor die sonde en die dood bewys “…wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode” (1 Petrus 1:3).

In geloof moet ons die rug op die sonde keer en ons na Jesus Christus wend vir Versoening (Handelinge 3:19). Indien ons, ons geloof op Hom vestig en vertrou dat Sy kruisdood die losprys vir ons sondes betaal het, word ons vergewe en word die belofte van ‘n Ewige Lewe vervul. “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê” (Johannes 3:16). “As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word” (Romeine 10:9). Slegs geloof in die voldoende dood van Jesus Christus op die kruis, is die enigste ware Pad na die Ewige Lewe! “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie” (Efesiërs 2:8-9).

Indien u Jesus Christus as u Verlosser wil aanneem, bied ons u ‘n voorbeeld van ‘n gebed wat u kan bid. U moet onthou dat hierdie gebed of enige ander gebed nie u Redding sal bewerkstellig nie. Slegs deur op Jesus Christus te vertrou, kan u van sonde verlos word. Hierdie gebed is slegs ‘n voorbeeld waar u dank teenoor God vir u Verlossing, sowel as u geloof in Hom, kan uitspreek. “Vader, ek weet dat ek teenoor U gesondig het en dat ek U straf daarvoor verdien. Maar U Seun, Jesus Christus, het hierdie straf, wat ek verdien, op Hom geneem en word ek, deur middel van my geloof in Hom, daarvan vrygespreek. Dankie vir U wonderlike Genade en Vergifnis en die Gawe van die Ewige Lewe! Amen!”

Het u ‘n besluit vír Jesus Christus geneem as gevolg van wat u hier gelees het? Indien wel, druk op die “Ek het Jesus Christus vandag aanvaar” - knoppie hier onder.


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Het u al die Ewige Lewe beërwe?