Ontvang God se vergifnis
 

Hoe ontvang ek God se vergifnis?




Vraag: "Hoe ontvang ek God se vergifnis?"

Antwoord:
Handelinge 13:38 bevestig, “Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word.”

Wat is vergifnis en hoekom het ek dit nodig?

Die woord “vergewe” beteken om die rekord skoon te vee, om vry te stel, om skuld af te los. Wanneer ons iemand te na kom, soek ons vergifnis sodat die verhouding herstel kan word. Niemand word vergewe omdat hy of sy dit verdien nie. Niemand verdien om vergewe te word nie. Vergifnis is ‘n daad van liefde en genade. Vergifnis is ‘n keuse om nie iemand verantwoordelik vir ‘n daad te hou nie, ongeag wat daardie persoon aan jou gedoen het.

Die Bybel leer ons dat ons almal God se vergifnis benodig. Ons het almal gesondig. Prediker 7:20 leer, “Want daar is geen regverdige mens op die aarde wat goed doen sonder om te sondig nie.” 1 Johannes 1:8 leer, “As ons sę dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.” Alle sonde is eintlik rebellie teen God (Psalm 51:4). Derhalwe het ons God se vergifnis nodig. Indien ons sonde nie vergewe word nie, sal ons vir ewig ly onder ons sondelas (Matthëus 25:46; Johannes 3:36).

Hoe kan ek vergewe word?

Gelukkig is God liefdevol en genadig-ywerig om ons sondes te vergewe! 2 Petrus 3:9 leer ons, “Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hę dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom”. Dit is God se begeerte om ons te vergewe en Hy het daarvoor voorsiening gemaak.

Die enigste ware straf vir ons sondes is die Dood. Die eerste gedeelte van Romeine 6:23 leer: “Want die loon van die sonde is die dood…” Die ewige dood is die nagevolg van ons sonde. God, In Sy perfekte Plan, het Hy vlees geword -Jesus Christus (Johannes 1:1, 14). Jesus het die kruisdood gesterf en daardeur ons oordeel, die dood, op Hom geneem. 2 Korinthiërs 5:21 leer ons, “Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.” Jesus het ons straf, deur middel van die kruisdood, op Hom geneem! As God, het Jesus se dood vergifnis vir die ganse węreld verseker. 1 Johannes 2:2 bevestig, “En Hy is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele węreld.” Jesus het uit die dood opgestaan en daardeur Sy oorwinning oor die dood en sonde bevestig. (1 Korinthiërs 15:1-28). Prys die Heer! Deur die kruisdood en opstanding van Jesus Christus word die tweede helfte van Romeine 6:23 waar, “…maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here”.

Soek u na vergifnis van sonde? Voel u ‘n knaende skuldgevoel wat net nie wil weggaan nie? Vergifnis van sonde is beskikbaar indien u in Jesus Christus as u Verlosser glo. Efesiërs 1:7 leer, “In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade”. Jesus het ons skuld namens ons betaal, sodat ons vergewe kan word. U hoef slegs God te vra om u te vergewe, deur Jesus, en glo dat Jesus die kruisdood gesterf het vir u vergifnis- en God sal u vergewe! Johannes 3:16-17 bevat die wonderlike boodskap, “Want so lief het God die węreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hę. Want God het sy Seun in die węreld gestuur nie om die węreld te veroordeel nie, maar dat die węreld deur Hom gered kan word”.

Vergifnis – is dit werklik so maklik?

JA! Dit is werklik so maklik! U kan nie God se vergifnis verdien nie. U kan nie daarvoor betaal nie. U kan dit slegs, deur middel van geloof en deur Sy Genade, ontvang. Indien u Jesus Christus as u Verlosser wil aanneem en God se vergifnis wil ontvang, bid die volgende gebed. Deur slegs hierdie of enige ander gebed uit te spreek, sal nie u redding bewerkstellig nie. Slegs vertroue in Jesus Christus kan vergifnis van sonde bewerkstellig. Die gebed is ‘n eenvoudige manier om u geloof in God te bevestig en Hom te dank vir Sy vergifnis. “Here, u weet dat ek teenoor U gesondig het en dat ek verdien om gestraf te word. Maar Jesus het my straf op Hom geneem, sodat ek deur middel van geloof in Hom, vergifnis kan ontvang. Ek keer my rug op my sondes en plaas my vertroue tot redding in U. Dankie vir U wonderlike genade en vergifnis! Amen!”

Het u ‘n besluit vír Jesus Christus geneem as gevolg van wat u hier gelees het? Indien wel, druk op die “Ek het Jesus Christus vandag aanvaar” - knoppie hier onder.


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe ontvang ek God se vergifnis?