settings icon
share icon
Vraag

Waar is die hel? Wat is die ligging van die hel?

Antwoord


Verskeie teorieë oor die ligging van die hel is al geopper.’n Tradisionele siening is dat die hel in die middel van die aarde is. Ander sê dat dit in die buitenste ruimte in ‘n swart gat is. In die Ou Testament word “hel” vertaal as “Sheol”; In die Nuwe Testament is dit “Hades” ( beteken “onsigbaar”) en Gehenna (“die Vallei van Hinnom”). Sheol word ook vertaal as “put” en “graf.” Beide Sheol en Hades verwys na ‘n tydelike verblyfplek vir die dooies voor die oordeel (Ps 9:17; Openbaring 1:18). Gehenna verwys na ‘n ewige toestand van pyniging of straf vir die goddelose afgestorwenes (Markus 9:43).

Die idee dat hel onderkant ons is, miskien in die middel van die aarde, kom van gedeeltes soos Lukas 10;15: “En jy, Kapernaum, dink jy jý sal tot die hemel verhoog word? Nee, jy sal tot in die doderyk afdaal!” Ook in 1 Sam 28:28:13-15, sien die waarsêer van Endor die gees van Samuel “uit die aarde” opkom. Ons moet nogtans daarop let dat geeneen van daardie gedeeltes begaan is oor die geografiese ligging van die hel nie. Kapernaum se verwysing van afdaling is miskien “ter veroordeling”, eerder as ‘n fisiese aanduiding. En die visioen van Endor oor Samuel was net dit: ‘n visioen.

In die King James Version sê Ef 4:9 dat, voordat Jesus opgevaar het na die hemel, “Hy eers neergedaal het na wat laer is, naamlik na die aarde toe.” Sommige Christene vermoed dat dit ‘n verwysing na die hel is, waar Jesus die tyd tussen Sy dood en opstanding gespandeer het. Tog gee die NIV ‘n beter vertaling: “He also descended to the lower, earthly regions.” Hierdie vers sê eenvoudig dat Jesus aarde toe gekom het. Dit is ‘n verwysing na Sy menswording, nie waar Hy na Sy dood was nie.

Die mening dat hel iewers in die buitenste ruimte is, moontlik in ‘n swart gat, is gebaseer op die kennis dat swart gate plekke van groot hitte en drukking is, waarvan niks, selfs nie lig, kan ontsnap nie. ‘n Ander spekulasie is dat die aarde self die “vuurpoel” sal wees, waarvan in Openbaring 20:10-15 gepraat word. Wanneer die aarde deur vuur verwoes is (2Pet 3:10; Openbaring 21:1), na aanleiding van die teorie, sal God daardie brandende sfeer as die ewigdurende plek van pyniging vir die goddelose gebruik. Weereens is dit net spekulasie.

Om op te som, die Skrif gee nie vir ons die geologiese (of kosmologiese) ligging van die hel nie. Hel is letterlik ‘n plek van werklike pyniging, maar ons weet nie waar dit is nie. Die hel kan ‘n fisiese ligging in hierdie heelal hê of dit kan ‘n totale anderse “dimensie” wees. Wat ookal die saak is, die hel se ligging is by verre minder belangrik as die nodigheid om te voorkom om daarheen te gaan.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Waar is die hel? Wat is die ligging van die hel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries