Behoort vroue te dien as pastore / predikers? Wat sê die Bybel omtrent vroue in die bediening?




Vraag: "Behoort vroue te dien as pastore / predikers? Wat sê die Bybel omtrent vroue in die bediening?"

Antwoord:
Daar is heel waarskynlik nie nog ‘n meer debatteerbare kwessie in die kerk van vandag as die kwessie van vroue wat as pastore/predikers in die bediening staan nie. As ‘n resultaat hiervan, is dit baie belangrik om nie die kwessie van mans versus vroue as sulks in oënskou te neem nie. Daar is vroue wat glo dat vroue nie as pastore behoort te dien nie en dat die Bybel beperkings plaas op die bediening van vroue – en daar is ook mans wat glo dat vroue as pastore kan dien en dat daar nie beperkings op vroue in die bediening is nie. Dis nie ‘n kwessie van chauvinisme of diskriminasie nie. Dit is ‘n saak van Bybelse interpretasie.

1 Timóthëus 2:11-12 kondig aan, “Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid. Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.” In die kerk gee God verskillende rolle aan mans en vroue. Dit is ‘n uitvloeisel van die wyse waarop die mens geskape is (1 Timótheüs 2:13) en die wyse waarop sonde die wêreld binne gekom het (2 Timótheüs 2:14). Op grond van die Apostel Paulus se geskrifte beperk God vroue om op geestelike terrein rolle te vervul waarin hul ‘n outoriteitsposisie beklee en aan die man lering verskaf. Dit verhinder vroue om te bedien as pastore en sluit beslis die volgende in: preek, lering en die beskikking van geestelike outoriteit oor mans.

Talle “besware” ten opsigte van bogenoemde siening van vroue in die bediening/vroue pastore is al geopper. Een sodaninge algemene beswaar is dat Paulus vroue beperk vir sover dit lering aangaan, aangesien vroue in die eerste eeu tipies ongeletterd was. Nêrens in 1 Timótheüs 2:11-14 is daar egter sprake van opvoedkundige status nie. Indien opvoeding ‘n kwalifikasie vir die bediening was, sou die meerderheid van Jesus se dissipels waarskynlik nie hiervoor gekwalifiseer het nie. ‘n Tweede algemene beswaar is dat Paulus slegs die Efesiese vroue beperk ten opsigte van lering (1 Timótheüs was geskryf aan Timótheüs, wie die pastoor van die kerk in Efese was). Die stad Efese was bekend vir sy Artemis tempel, ‘n valse Grieks/Romeinse godin. Binne die konteks van die Artemis aanbidding was vroue beskou as diegene in outoriteitsposisies. Die boek 1 Timótheüs maak egter nêrens sprake van Artemis nie, en Paulus erken ook nie Artemis-aanbidding as ‘n rede vir die beperkings in 1 Timótheüs 2:11-12 nie.

‘n Derde algemene beswaar is dat Paulus slegs verwys na getroude mans en vroue en nie na mans en vroue oor die algemeen nie. Die Griekse woorde in 1 Timótheüs 2:11-14 kon moontlik na getroude mans en vroue verwys het. Die basiese betekenis van die woorde verwys egter na mans en vroue oor die algemeen. Dieselfde Griekse woorde word buitendien ook gebruik in 1 Timótheüs 2: 8-10. Behoort slegs getroude mans heilige hande in gebed op te hef, sonder toorn of twis (1 Timótheüs2:8)? Behoort slegs getroude vroue hulle te versier, met behoorlike kleding en gepaardgaande met beskeidenheid en ingetoënheid, goeie werke te openbaar en God te aanbid (1 Timótheüs 9-10) Natuurlik nie. 1 Timótheüs 2: 8-10 verwys duidelik na mans en vroue oor die algemeen, nie na getroude mans en vroue nie. Daar is geen aanduiding in hierdie konteks wat vir ons ‘n verskuiwing na getroude mans en vroue in 1 Timótheüs 2: 11-14 aandui nie.

Nog ‘n algemene beswaar vir sover dit die interpretasie van vroue pastore/predikers aangaan, is geleë in verhouding tot Miriam, Debora, Hilda, Priscilla, Fébé, ens. – vroue wie posisies van leierskap in die Bybel beklee. Hierdie beswaar skiet egter te kort vir sover dit baie veelseggende faktore aangaan. Wat Debora aanbetref, sy was die enigste vroulike rigter tussen 13 manlike rigters. En wat Hilda aanbetref, sy was die enigste vroulike profeet tussen duisende van die manlike profete wat in die Bybel genoem word. Miriam het bloot net iets met leierskap in gemeen gehad op grond van die feit dat sy Moses en Aäron se suster was. Die twee mees prominente vroue in die tyd van die Konings was Atalia en Isebel – kwalik voorbeelde van enige goddelike vroulike leierskap.

In die boek Handelinge, hoofstuk 18, word Priscilla en Aquila voorgestel as getroue predikers vir Christus. Priscilla se naam word eerste genoem, wat vermoedelik aandui dat sy meer “prominent” in die bediening was as haar man. Priscilla word egter nêrens beskryf as iemand wat deelneem aan ‘n bedieningsaktiwiteit wat teenstrydig met 1 Timótheüs 2:11-14 is nie. Priscilla en Aquila het Apollos in hul huis ingeneem en albei van hulle het van hom ‘n dissipel gemaak deur die Woord van God noukeuriger aan hom uit te lê. (Handelinge 18:26).

Selfs al word Fébé in Romeine 16:1 beskou as ‘n “diakones” in plaas van ‘n “dienskneg” – bewys dit nog steeds nie dat Fébé ‘n leraar in die gemeente was nie. “In staat om te onderrig” word beskou as ‘n kwalifikasie vir ouderlinge, nie vir diakens nie (1 Timótheüs 3:1-13, Titus 1:6-9). Ouderlinge / biskoppe / diakens word beskou as “ ’n man van een vrou,” “ ‘n man wie gelowige kinders het,” en ‘n “man werd om gerespekteer te word.” Buitendien word daar ook eksklusiewe manlike voornaamwoorde in 1 Timótheüs 3:1-13 en in Titus 1:6-9 gebruik om na ouderlinge/biskoppe/diakens te verwys.

Die struktuur van 1 Timótheüs 2:11-14 maak die “rede” volmaak helder. 1 Timótheüs 2 : 13 begin met “vir” en gee die ‘rede” vir dit wat Paulus in 1 Timótheüs 2 : 11-12 genoem het. Waarom behoort vroue nie te onderrig of outoriteit oor mans te hê nie? Omdat – “Adam eerste gemaak is, daarna Eva. En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei.” Dit is dan die rede. God het Adam eerste geskape en daarna Eva om ‘n “helper” vir Adam te wees. Die Skeppingsorde het ‘n universele aanvraag ten opsigte van menslikheid in die gesin (Efésiërs 5:22-33) en in die kerk. Die feit dat Eva bedrieg was word ook aangegee as ‘n rede waarom vroue nie moet dien as pastore of geestelike outoriteit oor mans behoort te hê nie. Dit het aanleiding daartoe gegee dat sommige geglo het dat vroue nie moet onderrig nie, aangesien hul meer geredelik bedrieg kan word. Die konsep is debatteerbaar, maar indien vroue meer geredelik bedrieg kan word, waarom moet hul dan toegelaat word om kinders te onderrig (wie nog makliker bedrieg kan word) asook ander vroue (wie veronderstel in om ook makliker bedrieg te kan word)? Dis egter nie wat die teks sê nie. Vroue is nie veronderstel om te leer of om geestelike outoriteit oor mans te hê nie, aangesien Eva bedrieg was. As ‘n uitvloeisel hiervan, gee God dus dan aan mans die primêre onderrig-outoriteit in die kerk.

Vroue blink uit in die gawes van gasvryheid, genade, onderrig en hulp. ‘n Groot deel van die bediening in die kerk hang van vroue af. Vroue in die kerk word nie beperk vir sover dit openbare gebed of profesie aangaan nie (1 Korinthiërs 11:5), maar slegs met betrekking tot die geestelike onderrig- outoriteit oor hul mans. Nêrens beperk die Bybel vroue om hul gawes van die Heilige Gees uit te oefen nie (1 Korinthiërs 12). Vroue, nes mans, word geroep om andere te bedien, om die vrugte van die Gees te demonstreer (Galasiërs 5:22-23), en om die Evangelie aan die wat verlore is te verkondig (Mattheüs 28:18-20; Handelinge 1:8; 1 Petrus 3:15).

God het bepaal dat slegs mans in posisies van geestelike onderrig-outoriteit in die kerk moet dien. Dis nie omdat mans noodwendig beter onderwysers is nie, of omdat vroue minderwaardiger of minder intelligent is nie (wat beslis nie die geval is nie). Dis doodeenvoudig die manier waarop God die kerk ontwerp het om te funksioneer. Mans behoort die voorbeeld in geestelike leierskap te stel – in hul lewens asook deur hulle woorde. Vroue behoort ‘n minder outoritêre rol te vervul. Vroue word aangemoedig om ander vroue te onderrig (Titus 2:3-5). Die Bybel beperk ook nie vroue om kinders te onderrig nie. Die enigste aktiwiteit waarin vroue beperk word is onderrig met betrekking tot mans of om geestelike outoriteit oor mans te hê. Dit sluit dan heel logies ook in vroue wat as pastore/predikers dien. Dit maak nie vroue minder belangrik nie, beslis nie, maar gee hul eerder ‘n bedieningsfokus wat meer ooreenstem met hoe God hul begenadig het.


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Behoort vroue te dien as pastore / predikers? Wat sê die Bybel omtrent vroue in die bediening?