settings icon
share icon
Vraag

Wat is die verskil tussen die siel en die gees van ‘n mens?

Antwoord


Die siel en die gees is twee primêre nie-materialistiese aspekte wat Skrif toereken aan mensdom. Om onderskeid tussen hierdie twee aspekte, te verstaan kan baie verwarring veroorsaak. Die woord “gees” verwys slegs na ‘n nie-materialistiese faset van mensdom. Mense besit ‘n gees maar is nie geeste nie. Die Bybel vertel ons dat gelowiges is geestelik lewendig (1 Korintiërs 2:11; Hebreërs 4:12; Jakobus 2:26), terwyl ongelowiges geestelik dood is (Effesiërs 2:1-5; Kololissense 2:13). In Paulus se skrywe is die geestelike deel van die gelowige die vernaamste aspek (1 Korintiërs 2:14; 3:1; Effesiërs 1:3; 5:19; Kololissense 1:9; 3:16). Die gees is die element in mens wat ons die vermoë gee om in ‘n intieme verhouding met God te staan. Wanneer die woord “gees” gebruik word verwys dit na die nie-materialistiese deel wat ons met God “bind”, God self is gees (Johannes 4:24).

Die woord “siel” verwys beide na die materialistiese en die nie-materialistiese aspek van menswees. Ons kan dit verduidelik deur te sê mense besit ‘n gees, maar is self ‘n siel. Afgesien van hierdie basiese siening praat die Bybel op baie verskillende maniere oor die siel. Een van hierdie is mens se gretigheid om te sondig (Lukas 12:26). Mense is van nature boos en daardeur is ons siel bevlek. Die siel bestaan dus uit twee dele, die een deel wat die lewende deel is of dan wel die nie-materialistiese deel sal met afsterwe verwyder word van die liggaam (Genesis 35:18; Jeremia 15:2). Die siel, soos met die gees, is die oorsprong van baie geestelike en emosionêle ervarings (Job 30:25; Psalm 43:5; Jeremia 13:17). Wanneer die woord “siel” gebruik word, verwys dit na die mens as geheel in hierdie lewe maar ook in die lewe hierna.

Die siel en die gees is gebind maar staan ook los van mekaar (Hebreërs 4:12). Die siel is die kern van mens wees, dit is wie ons is. Die gees is die aspek wat ons met God verbind.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die verskil tussen die siel en die gees van ‘n mens?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries