settings icon
share icon
Vraag

Wat is die uitverskiesing? Is die uitverkiesingsleer Skriftelik?

Antwoord


Romeine 8:29-30 vertel vir ons, “Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is. Dié wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep. En dié wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek. En dié wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik”. Effesiërs 1:5 en 11 verklaar, “In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. . . Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit al bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem, Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit”. Baie mense het sterk teenkanting teen die leerstelling van uitverskiesing. Maar die uitverskiesing is wel ‘n Bybelse leerstelling en ons moet net poog om dit in Bybelse terme te verstaan.

Die woord “uitverskiesing” of “bestem” in die Bybel kom van die Griekse woord proorizo wat die betekenis dra dat God dinge weet voor die tyd. Nou wat beplan God voor die tyd? Volgens Romeine 8:29-30 het God bestem dat sekere individue gevorm (verander) sal word na die ewebeeld van Sy Seun, Jesus Christus, hulle sal geroep word, hulle sal vrygespreek word en hulle sal verheerlik word. God bestem dat sekere individue gered sal word. Verkeie verse verwys na gelowiges in Christus wat uitverkies is (Matteus 24:22, 31; Markus 13:20, 27; Romeine 8:33, 9:11, 11:5-7, 28; Effesiërs 1:11; Kolossense 3:12; 1 Tessalonissense 1:4; 1 Timoteus 5:21; 2 Timoteus 2:10; Titus 1:1; 1 Petrus 1:1-2, 2:9; 2 Petrus 1:10). Die uitverskiesings leer is ‘n Bybelse leerstelling waar God deur Sy soewereiniteit, sekere individue kies om gered te word.

Die mees algemene teenkanting is dat dit onregverdig is. Hoekom sal God sekere individue kies en nie ander nie? Dit is belangrik om in gedagte te hou dat niemand verdien om gered te word nie. Ons het almal gesondig (Romeine 3:23) en moet almal eintlik gestraf word (Romeine 6:23). So, God sal geheel en al regverdig wees indien Hy ons almal verderf toe stuur. Maar, God kies om sommige van ons te red. Hy is nie onregverdig teenoor die wat Hy nie kies nie want hulle kry wat hulle toekom. God se Wil om genade te betoon aan sekere mense is nie onregverdig teenoor die ander nie. Nie een verdien enige iets van God nie, so niemand kan stry as hy of sy niks van God ontvang nie. Hierdie kan verduidelik word met die voorbeeld dat iemand vir vyf mense geld gee in ‘n groep van twintig. Sal die vyftien wat niks gekry het sleg voel? Heel moontlik. Het hulle die reg om kwaad te wees? Nee, want die persoon wat geld uitdeel het nie een van hulle iets geskult nie. Hy het besluit om teenoor sekere van hulle gaaf te wees.

Indien dit God is wat kies, benadeel dit dan nie die mens se vrye wil om vir Jesus te kies (glo) nie? Die Bybel vertel ons, ons het ‘n keuse – almal wat glo in Christus sal gered word (Johannes 3:16; Romeine 10:9-10). Die Bybel sê nooit dat God iemand sal wegwys wat in Hom glo nie, of wat Hom soek nie (Deuteronomium 4:29). Op een of ander manier werk uitverkiesing hand aan hand met ‘n mens wat na God toe getrek word (Johannes 6:44) en wat glo (Romeine 1:16). God bestem wie sal gered word en ons moet Jesus kies om gered te kan word. Altwee hierdie feite is waar. Romeine 11:33 sê, “O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë!”

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die uitverskiesing? Is die uitverkiesingsleer Skriftelik?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries