settings icon
share icon
Vraag

Wat is teïstiese evolusie?

Antwoord


Teïstiese evolusie is een van die vernaamste wêreldsienings rakende die oorsprong van lewe. Die ander twee is die ateïstiese evolusie (ook algemeen bekend as Darwinistiese evolusie en naturalistiese evolusie) en spesiale skepping.

Ateïstiese evolusie sê dat daar geen God is nie en dat lewe op ‘n natuurlike manier ontstaan uit nie-lewende boublokke wat voorheen bestaan het, onder die invloed van natuurlike wette (soos swaartekrag, ens.). Die oorsprong van daardie natuurlike wette word nie verduidelik nie. Spesiale skepping sê dat God lewe direk geskep het, óf van niks óf van vorige bestaande materiaal.

Teïstiese evolusie sê een van twee dinge. Die eerste opsie is dat daar ‘n God is, maar Hy was nie direk betrokke by die ontstaan van lewe nie. Hy het miskien die boublokke geskep, Hy mag miskien die natuurlike wette geskep het, Hy mag selfs hierdie dinge geskep het met die uiteindelike ontstaan van lewe in gedagte, maar op ‘n sekere vroeë tydstip het Hy teruggestaan en toegelaat dat die skepping oorneem. Hy laat dit doen wat dit wil, wat dit ook al is en lewe ontstaan geleidelik uit nie-lewende materiaal. Hierdie siening is dieselfde as ateïstiese evolusie in die sin dat dit ‘n natuurlike oorsprong veronderstel.

Die tweede alternatief van teïstiese evolusie is dat God nie net een of twee wonderwerke gedoen het om lewe te laat ontstaan, soos ons dit ken nie. Sy wonderwerke was aanhoudend. Hy het lewe stap vir stap laat ontstaan vanaf oeroue eenvoud tot hedendaagse kompleksiteit, baie dieselfde as Darwin se evolusionêre boom van die lewe (vis word amfibieë, wat reptiele word, wat voëls en soogdiere, ens. word). Waar lewe nie kon ontspring op natuurlike wyse nie (hoe het ‘n reptiel se ledemaat op natuurlike wyse in ‘n voël se vlerk verander?), het God ingegryp. Hierdie siening is baie dieselfde as spesiale skepping, omdat dit veronderstel dat God op ‘n sekere wyse bonatuurlik lewe geskep het, soos ons dit ken.

Daar is noemenswaardige verskille tussen die Bybelse spesiale skeppingsperspektief en die teïstiese perspektief van evolusie. Een belangrike verskil wat pla, is hul onderskeie sienings oor die dood. Teïstiese evolusioniste gee voor dat hulle glo dat die aarde biljoenjare oud is en dat die geologiese kolom die fossielrekord bevat, wat dan nou lang tydperke verteenwoordig. Aangesien die mens eers laat in die fossielrekord verskyn, glo teïstiese evolusioniste dat baie kreature wat gelewe het, doodgegaan het en is lank voor die mens se vertraagde koms uitgewis. Dit beteken dat die dood voor Adam en sy sonde bestaan het.

Bybelse kreasioniste glo dat die aarde relatief jonk is en dat die fossielrekord gevorm is gedurende en na Noag se vloed. Die laagvorming sou dus plaasvind as gevolg van die hidrologiese uitsortering en smeltingsaksies. Beide word fenomenaal waargeneem. Dit plaas die fossielrekord en die dood en die slagting wat dit beskryf, honderde jare na Adam se sonde.

‘n Ander belangrike verskil tussen die twee posisies is hoe hulle Genesis lees. Teïstiese evolusioniste is geneig om óf die dag-oud- teorie of die raamwerk -teorie aan te hang, waarvan beide sinnebeeldige interpretasies van Genesis 1 se skeppingsweek inhou. Beide teïstiese evolusioniste is geneem vanuit ‘n Christen-perspektief en sodoende is dit nie in lyn met die Genesis skeppingsverslag nie.

Teïstiese evolusioniste stel hulle ‘n Darwinse scenario voor waarin sterre ontstaan, dan ons sonnestelsel, dan die aarde, dan plante en diere en uiteindelik die mens. Die twee teïstiese evolusionêre sienings stem nie saam met die rol wat God in die ontvouing van die gebeure gespeel het nie, maar hul stem gewoonlik saam rakende die Darwinse tydlyn. Laasgenoemde is in konflik met die skeppingsverhaal in Genesis. Genesis 1 sê dat die aarde op dag een geskep is en die son, maan en sterre was eintlik op dag een geskep, maar kon nie deur die aarde se atmosfeer gesien word voor dag vier nie. Dit gee dan aanleiding tot hul plasing op dag vier. Dit is effens te ver gevat, want die Genesisverhaal is baie duidelik dat die aarde nie ‘n atmosfeer voor op die tweede dag gehad het nie. Indien die son, maan en sterre op dag een geskep is, sou hulle sigbaar wees op dag een.

Genesis sê ook duidelik dat voëls en seediere op die vyfde dag en landdiere op die sesde dag geskep is. Dit staan direk teenoor die Darwinistiese siening dat voëls vanuit landdiere ontstaan het. Die Bybel vertel dat voëls voor landdiere geskep is. Die teïstiese evolusioniste sê presies die teenoorgestelde.

Een van die rampspoedigste neigings in die moderne Christendom is die herinterpretering van Genesis om die evolusionêre teorieë te akkommodeer. Baie welbekende Bybel- onderwysers en apologete het plaasgeneem in die evolusioniste en glo om die letterlike betekenis van Genesis aan te hang, is nadelig teenoor die geloofwaardigheid van Christene. Evolusioniste het respek verloor vir diegene wie se geloof in die Bybel so swak is dat hulle gou inwillig om toe te gee. Alhoewel die getal ware kreasioniste in die akademie kan verdwyn, is daar verskeie gelowige organisasies soos Answers in Genesis, die Creation Research Society en die Institute for Creation Research wat verklaar het dat die Bybel nie net versoenbaar met suiwer wetenskap nie is, maar bevestig dat nie ‘n enkele woord in die Bybel ooit deur suiwer wetenskap weerlê is nie. Die Bybel is God se lewende Woord, aan ons gegee deur die Skepper van die heelal en Sy beskrywing van hoe Hy die heelal geskep het, is nie versoenbaar met die evolusieteorie of selfs ‘n teïstiese begrip van evolusie nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is teïstiese evolusie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries