settings icon
share icon
Vraag

Word daar enige swartmense in die Bybel genoem?

Antwoord


Ons kan met ‘n redelike mate van sekerheid sê dat, ja, die Bybel verwys na swartmense, alhoewel dit nie spesifiek enige persoon identifiseer as swart van vel nie. Ook identifiseer die Bybel ook nie spesifiek enige persoon met ‘n wit vel nie. ‘n Persoon se velkleur word seldsaam in die Bybel gemeld; die kleur van jou vel is betekenisloos ten opsigte van die boodskap van die Bybel.

Die oorgrote meerderheid van die Bybel se verhale vind plaas in die Midde Ooste, in en om Israel. Nie “swart-” of “wit-” mense kom algemeen in daardie streke voor nie. Die meerderheid van mense in die Bybel is Semities en sou lig tot donkerbruin van voorkoms wees. Dit maak uiteraard ook nie saak watter velkleur die mense in die Bybel gehad het nie.

Sommige geleerdes raai dat Moses se vrou, Sippora, swart was, aangesien sy ‘n Kussiet was (Numeri 12:1). Kus is’n antieke naam vir ‘n grondgebied in Afrika. Die Sulammiet kon swart gewees het (Hooglied 1:5), alhoewel die konteks aandui dat haar vel bruin was as gevolg van die son, waar sy gewerk het. Sommige meen dat Batseba swart was. Sommige glo dat die Koningin van Skeba, wat vir Salomo gaan kuier het (1 Kon 10:1) swart was. Simon van Sirene (Matt 27:32) kon swart wees en ook “Simeon wat ook Niger genoem is” in Hand 13:1. Die Ethiopiese ontmande in Hand 8:37 was sekerlik feitlik swart. Ethiopiërs word ongeveer 40 keer in die Bybel genoem en ons kan veronderstel dat hierdie verwysings na swartmense is, want Ethiopiërs is swart. Die profeet Jeremia het gevra, “Kan ‘n Kussiet sy vel verander?” (Jer 13:23) – die natuurlike gevolgtrekking is dat Jeremia na ‘n swart vel verwys het.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Word daar enige swartmense in die Bybel genoem?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries