Wie was die seuns van God en dogters van mans in Genesis 6:1-4?




Vraag: "Wie was die seuns van God en dogters van mans in Genesis 6:1-4?"

Antwoord:
Genesis 6:1-4 verwys na die seuns van God en dogters van mans. Daar was al verskeie voorstelle wie die seuns van God was en hoekom die kinders wat hulle gehad het met die dogters van mans dan in reuse gegroei het (dit is wat die woord Nephilim aandui).

Die drie primêre sieninge oor die identiteit van die seuns van God is 1) hulle was afvallige engele, 2) hulle was magtige menslike heersers, 3) hulle was die godelike nageslag van Set wat getrou (inter-troue) het met goddelose nageslag van Kain. Die argument swaai in die guns van afvallige engele omrede die Ou Testament gebruik die uitdrukking “seuns van God” wanneer daar na engele verwys word (Job 1:6; 2:1; 38:7 – u sal vind dat die Hebreeuse woord wat in hierdie verse gebruik word is “benei ha Elohim” wat vertolk kan word as “seuns van God” of dan “hemelwesens”). ‘n Potensiële probleem met hierdie siening word in Matteus 22:30 gevind wat dit duidelik stel dat engele nie trou nie. Die Bybel gee ons geen rede om te glo dat engele ‘n manlike of vroulike geslag kan wees nie asook dat hulle kinders kan hê. Die ander twee sieninge oorbrug hierdie spesifieke probleem.

Die probleem met sieninge 2 en 3 is dat as gewone menslike mans met gewone menslike vroue trou kan hulle kinders nie “reuse” of “sterk mense van ou tyd, die manne van naam” wees nie. En vir watter rede sal God besluit om ‘n sondvloed oor die aarde te bring? Tog sekerlik nie omdat sterk menslike mans van Set se nageslag met gewone menslike vroue van Kain se afstamelinge getrou het nie? Die oordeel (vloed) van Genesis 6:5-7 moet tog gekoppel wees aan wat gebeur het in Genesis 6:1-4. Net die liederlike en perverse troue tussen vervalle engele en mense kan sulke harde oordeel regverdig.

Soos voorheen genoem, die probleem met die eerste siening is dat Matteus 22:30 verklaar, “Met die opstanding trou die mense nie meer nie, maar is hulle soos die engele in die hemel”. Daar moet egter in gedagte gehou word dan hierdie vers nie sê dat engele nie kan trou nie, dit sê net engele trou nie. Twedens Matteus 22:30 verwys na engele in die hemel en verwys nie na vervalle engele nie wat hulle nie steur aan God se orde maar slegs besig is met dinge wat God se plan deur mekaar maak. Die feit dat God se heilige engele nie trou of in seksuele verhoudings betrokke raak nie, beteken geensins dat dit die geval is met Satan en sy demone.

Siening 1 is die mees aanvaarbaarste siening. Ja, dit is wel ‘n interesante “weerspreking” om te sê dat engele is sonder seksuele gedrag en dan om te se dat die “seuns van God” het dan kinders voortgebring met menslike vrouens. Maar terwyl engele geestelike wesens is (Hebreërs 1:14) kan hulle in menslike gedaante verskyn (Markus 16:5). Die mans van Sodom en Gomorra wou seks gehad het met die twee engele wat daar saam met Lot was (Genesis 19:1-5). Dit is aanneemlik dat engele in ‘n menslike vorm kan voorkom, selfs tot die punt om menslike seksualitiet en moontlik kinders kan voortbring. So waarom doen vallend engele nie dit meer gereeld nie? Dit blyk dat God hierdie vervalle engele gevange geneem het wat hierdie sondes doen sodat ander vervalle engele dit nie sal doen nie (soos in Judas 6). Vroë Hebreuwse en apokriefse en pseudoniemlike skrywe is almal eens dat die “seuns van God” vervalle engele is. Maar dit beteken nie dat hierdie debat gesluit is nie. Die siening dat Genesis 6:1-4 vervalle engele is wat met menslike vrouens getrou het, het egter ‘n sterk basis in so ver as verband, gramaties en historiese is.


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wie was die seuns van God en dogters van mans in Genesis 6:1-4?