settings icon
share icon
Vraag

As ‘n ongetroude paartjie seks beoefen, is hulle in God se oë getroud?

Antwoord


Dit is waar dat seksuele verhoudings die hoogste vervulling is van ‘n paartjie om “een vlees” te word (Gen 2:24). Tog is dit so, dat seks nie gelykstaande aan die huwelik is nie. Indien dit so was, sou daar nie iets soos voorhuwelikse seks gewees het nie – as ‘n paartjie seks gehad het, moes hulle getroud gewees het. Die Bybel praat van voorhuwelikse seks as “hoerery”. Dit word herhaaldelik in die Skrif veroordeel, saam met alle ander vorms van seksuele immoraliteit (Hand 15:20; 1 Kor 5:1; 6:13,18; 10:8; Gal 5:19; Ef 5:3; Kol 3:5; 1 Tess 4:3; Judas 7). Die Bybel promoveer onthouding voor die huwelik as die standaard van godvresendheid. Seks voor die huwelik is net so verkeerd as egbreuk en ander vorms van seksuele immoraliteit, omdat almal seks met iemand anders beoefen, anders as jou lewensmaat.

As ‘n ongetroude paartjie seks het, beteken dit dat hulle getroud is? Die Bybel gee ons geen rede om dit te glo nie. Die daad van seksuele verhoudings mag maak dat hulle vir ‘n oomblik fisies gebind word, maar dit beteken nie dat God hulle as man en vrou saam verbind het nie. Seks is ‘n belangrike aspek van die huwelik, die fisiese handeling van die huwelik. Seks tussen ongetroude mense, egter, is nie vergelykbaar met trou nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

As ‘n ongetroude paartjie seks beoefen, is hulle in God se oë getroud?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries