settings icon
share icon
Vraag

Wat is die eerste opstanding? Wat is die tweede opstanding?

Antwoord


Dan 12:2 som die twee verskillende noodlotte wat die mensdom in die gesig staar, so op: “Baie van dié wat ontslaap het, sal uit die graf opstaan, party tot die ewige lewe en party tot ewige skande en veragting.” Almal sal uit die dood opgewek word, maar nie almal sal dieselfde bestemming deel nie. Die Nuwe Testament openbaar die verdere uiteensetting van aparte opstandings vir die regverdiges en onregverdiges.

Openbaring 20:4-6 praat van ‘n “eerste opstanding” en identifiseer hulle wat betrokke is, as “geseënd en heilig.” Die tweede dood (die vuurpoel, Openbaring 20:14) het geen mag oor hierdie individue nie. Die eerste opstanding dan, is die opwekking van alle gelowiges. Dit stem ooreen met Jesus se lering oor “die opstanding van die wat reg gedoen het” (Luk 14:14) en “dié wat goed gedoen het, sal opstaan en lewe” (Joh 5:29).

Die eerste opstanding vind plaas op verskeie stadiums. Jesus Christus Self (“as eersteling uit dié wat gesterf het” 1 Kor 15:20), het die weg gebaan vir die opstanding van almal wat in Hom glo. Daar was ‘n opstanding van die heiliges in Jerusalem (Matt 27:52-53) wat in ons oorweging van die eerste opstanding ingesluit behoort te word. Wat ook nog moet kom, is die opstanding van “dié wat in Christus gesterf het” by die Wederkoms van die Here (1 Tess 4:16) en die opstanding van die martelaars teen die einde van die verdrukking (Openbaring 20:4).

Openbaring 20:12-13 identifiseer hulle ingesluit by die tweede opstanding, as die bose mense vooraf deur God veroordeel by die groot wit troon om in die vuurpoel gewerp te word. Die tweede opstanding, dan, is die opwekking van alle ongelowiges; die tweede opstanding is gekoppel aan die tweede dood. Dit hang saam met Jesus se onderrig oor “dié wat verkeerd gedoen het, sal opstaan en veroordeel word” (Joh 5:29).

Die gebeurtenis wat die eerste en tweede opstandings verdeel, skyn te wees die duisendjarige koninkryk. Die laaste van die regverdiges word opgewek “en saam met Christus duisend jaar lank geregeer” (Openbaring 20:4), maar die “ander dooies het nie lewend geword voordat die duisend jaar om was nie” (Openbaring 20:5).

Watter groot vreugde sal daar nie by die eerste opstanding wees nie! Watter groot angs en foltering sal daar nie by die tweede wees nie! Wat ‘n verantwoordelikheid het ons nie om die Evangelie uit te dra nie! “Ander moet julle red deur hulle uit die vuur te ruk” (Judas:23).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die eerste opstanding? Wat is die tweede opstanding?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries