settings icon
share icon
Vraag

Wat is die ontologiese argument vir die bestaan van God?

Antwoord


Die ontologiese argument is 'n argument gebaseer nie op die observasie van die wêreld nie (soos die kosmologiese en teologiese argument), maar eerder slegs op rede. Die ontologiese argument spesifiek redeneer vanuit die studie van bestaan (ontologie). Die eerste en mees populêre vorm van hierdie argument strek sover terug tot by St Anselm in die 11de eeu nC. Hy begin deur te sê dat die konsep van God is as volg:"a being than which no greater can be conceived." Aangesien bestaan moontlik is en om te bestaan groter is as om nie te bestaan nie, moet God wel bestaan (indien God nie bestaan nie, dan kon 'n groter wese voorgestel word, maar dit is selfverdediging – jy kan nie iets groter hê as dit wat nie groter voorgestel kan word nie!). Dus moet God bestaan. Descartes het feitlik dieselfde ding gedoen, net begin vanuit die gedagte van 'n volmaakte wese.

Ateïs Bertrand Russell het gesê dat dit baie makliker is om te sê dat die ontologiese argument nie so goed is nie, soos wat dit is om presies te sê wat daarmee verkeerd is! Ontologiese argument is egter nie baie populêr in die meeste Christelike kringe deesdae nie. Eerstens lyk dit asof hulle die vraag, hoe God is, versoek. Tweedens is subjektiewe pleidooi minderwaardig vir nie-gelowiges, want hierdie argumente het 'n tekort aan objektiewe steun. Derdens is dit moeilik om te staaf dat iets deur definisie moet bestaan. Sonder goeie filosofiese steun vir iets se bestaan, is eenvoudige definiëring van iets tot 'n bestaan, nie goeie filosofie nie (soos om te sê dat eenhorings magiese, enkelhoring perde is wat bestaan). Ongeag hierdie probleme, gaan verskeie prominente filosowe daagliks aan om te werk op hierdie meer ongewone vorm van teologiese argument.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die ontologiese argument vir die bestaan van God?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries