Wat beteken dit om in die gees/in tale te bid? Is dit ‘n gebedstaal tussen die gelowige en God?




Vraag: "Wat beteken dit om in die gees/in tale te bid? Is dit ‘n gebedstaal tussen die gelowige en God?"

Antwoord:
Vir agtergrond, lees asseblief ons artikel oor die gawe van in tale spreek. Daar is vier primęre hoofstukke wat dien as bewys daarvoor: Rom 8:26, 1 Kor 14:4-17, Efes 6:18 en Judas:20 praat van “bid in die gees”. Om in tale te spreek, soos asof ‘n gebedstaal, is waarskynlik nie ‘n interpretasie van “bid in die gees” nie.

Rom 8:26 leer ons die volgende, “Die Gees staan ons ook in ons swakhede by; ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesę word nie.” Hierin sien ons twee sleutelgedagtes, wat dit hoogs onwaarskynlik maak dat Rom 8:26 na “spreek in tale” as gebedstaal verwys. Eerstens, Rom 8:26 sę dat dit die Gees is wat “met versugtinge pleit”, nie gelowiges nie. Tweedens sę Rom 8:26 dat hierdie “versugtinge nie met woorde gesę word nie.” Die werklike wese van praat in tale is om woorde uit te spreek.

Dit laat ons dan by 1 Kor 14:4-17 en spesifiek vers 14: “want as ek ongewone tale of klanke gebruik wanneer ek bid, dan bid my gees, maar my verstand is nie daarby betrokke nie.” 1 Kor 14:14 verwys spesifiek hier na “bid in die Gees.” Wat beteken dit? Eerstens, om dit in konteks te bestudeer, is baie waardevol. 1 Kor 14 is primęr ‘n vergelyking/teenstelling van die gawe om in tale te spreek en die gawe van profesie. Verse 2-5 maak dit duidelik dat Paulus profesie hoër stel, as om in tale te spreek . Terselfdertyd verkondig Paulus dat hy die waarde van in tale spreek hoog ag en verklaar dat hy bly is, dat hy meer ongewone tale of klanke gebruik as enige iemand anders (vers 18).

Hand 2 beskryf die eerste gebeurtenis, van die spreek in tale. Op Pinksterdag het die dissipels in tale gespreek. Dit word duidelik gemaak dat die dissipels in ‘n menslike taal gepraat het (Hand 2:6-8). In beide Hand 2 en 1 Kor 14 word “spreek in tale” afgelei van “glossa”, wat “taal” beteken. Dit is van daardie woord waar die moderne Engelse woord “glossary” vandaan kom. Om in tale te praat, was die vaardigheid om in ‘n taal te praat wat aan die spreker onbekend was, om sodoende die Evangelie oor te dra aan ‘n spreker van daardie taal. In die multi-kulturele omstreke van Korinte was die praat van tale veral waardevol en algemeen. Die gelowige Korintiërs was by magte om die Evangelie en God se Woord beter oor te dra, as gevolg van die gawe van spreek in tale. Paulus maak dit egter baie duidelik dat selfs by die gebruik van spreek in tale, dit uitgelę of “vertaal” moes word (1 Kor 14:13, 27). ‘n Gelowige in Korinte sou in tale spreek en op so ‘n wyse die Waarheid van God aan ‘n spreker van daardie taal verkondig en dan moes daardie gelowige of ‘n ander gelowige in die kerk, uitlę wat gesę is, sodat die hele byeenkoms sou kon verstaan.

Wat is dan nou bid in die gees/bid in tale en hoe verskil dit van spreek in tale? 1 Kor 14:13-17 dui aan dat om in tale te praat, ook uitgelę moet word. Gevolglik lyk dit dat om in tale te spreek, beteken het om ‘n gebed aan God voor te lę. Hierdie gebed sou dan aan die spreker van daardie taal bedien word, maar moes ook uitgelę word, sodat die hele byeenkoms daardeur verryk kon word.

Hierdie interpretasie stem nie ooreen met diegene wat spreek in tale en bid in die gees/bid in tale as dieselfde sien nie. Die alternatiewe siening kan as volg opgesom word: om in die gees te bid, beteken dat daar ‘n persoonlike gebedstaal tussen ‘n gelowige en God is (1 Kor 13:1), wat ‘n gelowige gebruik om homself geestelik op te bou (1 Kor 14:4). Hierdie interpretasie is onbybels as gevolg van die volgende redes: 1) Hoe kan om in die gees te bid ‘n private gebedstaal wees, as dit uitgelę moet word (1 Kor 14:13-17)? 2) Hoe kan bid in die gees tot opbou van die bidder wees, as die Skrif sę dat die geestelike gawes tot opbou van die kerk gebruik word en nie vir die bidder nie (1 Kor 12:7). 3) Hoe kan bid in die gees ‘n privaat gebedstaal wees, as die gawe om in tale te spreek “ ‘n teken vir ongelowiges” is (1 Kor 14:22)? 4) Die Bybel maak dit duidelik dat nie almal die gawe om in tale te spreek, besit nie (1 Kor 12:11, 28-30). Hoe kan spreek in tale ‘n gawe vir die geestelike opbou van ‘n spesifieke persoon wees, as nie almal dit kan besit nie? Het ons nie almal nodig om geestelik opgebou te word nie?

Sommige verstaan dat bid in die gees ‘n “geheime kode-taal” is, wat verhoed dat Satan en sy demone ons gebede verstaan en daardeur voordeel bo ons trek nie. Hierdie interpretasie is onbybels as gevolg van die volgende redes: 1) Die Nuwe Testament beskryf deurentyd “spreek in tale” as ‘n menslike taal. Dit is onwaarskynlik dat Satan en/of sy demone onbevoeg is om menslike taal te verstaan. 2) Die Bybel praat van vele gelowiges wat hardop in die gees gebid het, sonder vrees dat Satan die gebed sou onderskep. Selfs as Satan en/of sy demone ons gebede hoor en verstaan, het hulle absoluut geen mag om te voorkom dat God ons gebede volgens Sy wil verhoor nie. Ons weet dat God ons gebede hoor en dus is dit van geen belang of Satan en sy demone ons gebede hoor en verstaan nie.

Wat sal ons dan sę aangaande so baie Christene wat ondervind het dat hulle persoonlik opgebou word deur in die gees te bid? Eerstens, ons moet ons geloof en praktyk op die Skrif fundeer, nie op ondervinding nie. Ons moet ons ondervindinge op grond van die Skrif sien en nie in die lig van ons ondervindinge nie. Tweedens, baie van die kultusse en węreld-godsdienste rapporteer ook van die voorkoms van spreek in tale/ bid in die gees. Dit is duidelik dat die Heilige Gees nie gawes uitdeel aan ongelowiges nie. Dus lyk dit asof die duiwels by magte is om die gawe van “spreek in tale” te vervals. Dit veroorsaak dat ons ons ondervindinge nog versigtiger met die Skrif moet vergelyk. Derdens, studies het getoon dat om in tale te spreek/in die gees te bid/in tale te bid kan aangeleer word. Deur na ander te luister, kan ‘n persoon dit selfs onbewustelik aanleer. Dit is die waarskynlikste verduideliking vir die groot aantal voorvalle waar dit onder Christene voorkom. Vierdens, die gevoel van geestelike opbou van die persoon self, is natuurlik. Die menslike liggaam produseer adrenalien en endorfiene, as dit iets nuuts ervaar, opgewonde, emosioneel en/of afgeskakel word van rasionele denke.

Bid in die gees is baie definitief ‘n onderwerp waaroor Christene respekvol en in liefde kan saamstem, om oor te verskil. Bid in die gees is nie iets wat nodig is vir redding nie. Bid in die gees is nie iets wat ‘n volwasse Christen van ‘n onvolwasse Christen skei nie. As daar wel so iets is, soos om in die gees te bid as ‘n persoonlike gebedstaal, is dit nie fundamenteel vir die Christelike geloof nie. As ons glo dat die Bybelse interpretasie van “bid in tale” nie die pad aanwys, vir die opvatting van ‘n private gebedstaal vir persoonlike opbou nie, moet ons ook erken dat diegene wat dit beoefen, ons broers en susters in Christus is en ons liefde en respek verdien.


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit om in die gees/in tale te bid? Is dit ‘n gebedstaal tussen die gelowige en God?