settings icon
share icon
Vraag

Wat gebeur na die dood?

Antwoord


Die vraag oor wat na die dood gebeur kan baie verwarrend wees. Die Bybel is nie eksplisiet duidelik oor wanneer mense hulle finale ewige bestemming sal bereik nie. Die Bybel vertel ons dat direk na ‘n mens se doodsoomblikke, hy/sy hetsy Hemel of Hel toe gestuur afhangende van hoe hy/sy Christus as sy/haar persoonlike Saligmaker aangeneem het. Vir gelowiges beteken die tyd na die dood om vry te wees van die fisiese liggaam en in die Here se teenwoordigheid te wees (2 Korinthiërs 5:6-8; Fillipense 1:23). Vir ongelowiges beteken die tyd na die dood ewigdurende straf in die Hel in (Lukas 16:22-23).

Dis presies op hierdie punt waar ons deurmekaar raak oor wat na die dood gebeur. Openbaring 20:11-15 beskryf dat al die mense wat hul in die Hel bevind, in die poel van vuur gegooi gaan word. In Openbaring 21-22 word ‘n Nuwe Hemel en ‘n Nuwe Aarde beskryf. Daarom blyk dit dat van nou af tot en met die finale opstanding, ‘n mens in werklikheid woonagtig is in ‘n “tydelike” Hemel en Hel. Alhoewel ‘n mens se ewige bestemming nie sal verander nie, sal die spesifieke “lokaliteit” van ‘n mens se ewige bestemming wel verander. Op ‘n gegewe tydstip na die dood, sal die gelowiges na die Nuwe Hemele en na die Nuwe Aarde toe gestuur word (Openbaring 21:1). So-ook sal die ongelowiges op ‘n spesifieke tydstip na die dood in die poel van vuur gegooi word (Openbaring 20:11-15). Wat so pas hier genoem is, dui op die finale, ewige bestemmings van alle mense – wat geheel en al gebaseer is op die feit of ‘n mens op Jesus Christus alleen vertrou het vir die verlossing van hul sondes.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat gebeur na die dood?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries