Wat behels die gawe van die spreke in tale? Is die gawe van die spreke in tale steeds geldig in vandag se tyd?




Vraag: "Wat behels die gawe van die spreke in tale? Is die gawe van die spreke in tale steeds geldig in vandag se tyd?"

Antwoord:
Die eerste geleentheid waartydens daar in tale gepraat is het op Pinksterdag plaasgevind. Ons lees daarvan in Handelinge 2:1-4. Die apostels het uitgegaan en die Evangelie met die skares gedeel deur met hulle in hulle eie tale te spreek, “Ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek!” (Handelinge 2:11). The Griekse woord wat as “tonge” vertaal word, beteken letterlik “tale”. Daaom kan die gawe van tale geďnterpreteer word as die praat van ‘n taal wat onbekend is aan ‘n persoon sodat hy wel iemand kan bedien wat daardie spesifieke taal praat. In 1 Korinthiërs 12-14 waar Paulus wonderbaarlike gawes bespreek, lewer hy kommentaar en sę dat, “ Maar nou broeders, as ek na julle kom en in tale spreek, tot watter nut sal ek vir julle wees as ek nie met julle spreek ňf deur ‘n openbaring ňf deur kennis, ňf deur ‘n profesie, ňf deur lering nie?” (1 Korinthiërs 14:6). Volgens die Apostel Paulus en ooreenkomstig die tale soos beskryf in Handelinge, is die spreke in tale waardevol ten opsigte van die een wat God se boodskap in sy/haar eie taal hoor, maar dit is nutteloos vir enige iemand anders – tensy dit geďnterpreteer/vertaal word.

Iemand wat oor die gawe van die uitleg van tale beskik het (1 Korinthiërs 12:30), kon verstaan het wat die taal-spreker gesę het, selfs al het hy/sy nie die taal geken wat gepraat is nie. Die taal-interpreteerder sou dan die boodskap van die taal-spreker aan al die ander mense oordra, sodat almal kon verstaan. “Daarom moet hy wat in ‘n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlę”. (1 Korinthiërs 14:13). Paulus se gevolgtrekking aangaande ongeďnterpreteerde tale is kragtig, “Maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook ander te onderrig, as tienduisend woorde in ‘n taal” (1 Korinthiërs 14:19).

Is die gawe van tale steeds geldig in vandag se tyd? In 1 Korinthiërs 13:8 vertel Paulus aan ons dat die gawe van tale wel tot niet sal gaan, met die aankoms van die “volmaakte” in 1 Korinthiërs 13:10. Sommige mense wys daarop dat daar ‘n verskil is ten opsigte van spesifieke tale in profesieë en in kennis wat enersyds sal verbygaan en die spreke in tale “wat verbygegaan het” as ‘n bewys van tale wat moes opsyskuif vir die aankoms van die “volmaakte”. Al is dit wel moontlik, blyk dit nie eksplisiet vanuit die teks nie. Dan is daar ook ander mense wat verwys na gedeeltes soos byvoorbeeld Jesaja 28:11 en Joël 2:28-29 as bewys dat die spreke in tale ‘n teken van God se komende oordeel was. In 1 Korinthiërs 14:22 word tale as “’n teken vir ongelowiges beskryf.” Volgens hierdie argument, was die gawe van tale gemik as ‘n waarskuwing teenoor die Jode dat God uitspraak oor Israel gaan lewer aangesien hulle Jesus Christus as Messias verwerp het. Toe God dus wel uitspraak oor Israel gaan lewer het (tydens die vernietiging van Jerusalem deur die Romeine in A.D.70), kon die gawe van tale nie langer sy voorgenome doel uitdien nie. Alhoewel hierdie siening wel moontlik is, dui die primęre doelwit van tale wat tot vervulling gebring word, nie noodwendig op die feit dat dit eendag tot niet sal gaan nie. Die Skrif maak dus nie noodwendig daarop aanspraak dat die gawe van die spreke in tale tot niet gegaan het nie.

Op presies dieselfde wyse kan ons dan ook tot die gevolgtrekking kom dat indien die gawe van die spreke in tale aktief is in die kerk van vandag, behoort dit uitgevoer te word, in ooreenstemming met die Skrif. Dit sal ‘n werklike en intelligente taal wees (1 Korinthiërs 14:10). Dit sal plaasvind met die spesifieke doel om God se Woord aan ‘n anderstalige persoon te kommunikeer (Handelinge 2:6-12). Dit sal in ooreenstemming wees met die opdrag wat God deur die Apostel Paulus gegee het, “En as iemand in ‘n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte en laat een dit uitlę. Maar as daar geen uitlęer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek” (1 Korinthiërs 14:27-28). Dit behoort ook te wees in onderwerping aan 1 Korinthiërs 14:33, “Want God is nie ‘n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges.”

God gee dus definitief die gawe van spreke in tale aan ‘n persoon om hom/haar in staat te stel om met ‘n persoon wat ‘n ander taal praat, te kommunikeer. Die Heilige Gees is soewerein ten opsigte van die verspreiding van geestelike gawes (1 Korinthiërs 12:11). Dink net hoeveel meer produktief sendelinge kon wees indien dit nie eens vir hulle nodig sou wees om tale te bestudeer nie en indien hulle sommer net onmiddellik in staat kon wees om met mense in hulle eie taal te kon praat. Dit lyk egter nie asof God op hierdie wyse te werk gaan nie. Die spreke in tale in vandag se tyd, geskied klaarblyklik nie in dieselfde vorm as waarin dit in die Nuwe Testament gebeur het nie, ten spyte van die feit dat dit ontsaglik nuttig sal wees. Die oorgrote meerderheid gelowiges wat beweer dat hulle die gawe van spreke in tale uitoefen, doen dit wel in ooreenstemming met die Skrifgedeeltes wat hierbo genoem is. Hierdie feite lei tot die gevolgtrekking dat die gawe van die spreke in tale redelik afgeneem het, of so nie is dit nogal ‘n groot seldsaamheid vir sover dit God se plan vir die kerk van vandag aangaan.

Diegene wie die gawe van die spreke in tale interpreteer as ‘n “gebedstaal” vir selfstigting, kry hul siening uit 1 Korinthiërs 14:4 en/of 14:28, “Hy wat in ‘n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig die gemeente.” Regdeur 1 Korinthiërs 14 beklemtoon Paulus die belangrikheid daarvan dat tale wel geďnterpreteer (vertaal) moet word, sien 1 Korinthiërs 14:5-12. Wat Paulus in werklikheid sę in 1 Korinthiërs 14:4 is, “Indien jy in ‘n taal spreek sonder dat dit geďnterpreteer word, stig jy in werklikheid net jouself, en laat jy jouself meer geestelik as ander vertoon. Indien jy egter in tale spreek en seker maak dat dit geďnterpreteer word, stig jy almal.” Nęrens in die Nuwe Testament word spesifieke instruksies vir “bid in tale” weergegee nie. So-ook word die ware doel van “bid in tale” nęrens in die Nuwe Testament weergegee of word daar spesifiek beskryf dat ‘n persoon “in tale bid nie”. En wat meer is, indien die “bid in tale” wel vir selfstigting bedoel is, sal dit nie juis onregverdig wees teenoor diegene wat nie oor die gawe van spreke in tale beskik nie en dus nie in staat is om hulself te stig nie? 1 Korinthiërs 12:29-30 stel dit baie duidelik aan ons dat nie almal van ons oor die gawe beskik om in tale te spreek nie.


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat behels die gawe van die spreke in tale? Is die gawe van die spreke in tale steeds geldig in vandag se tyd?