settings icon
share icon
Vraag

Hoekom het God ‘n bose gees gestuur om koning Saul te ontstel?

Antwoord


1 Sam 16:14 sê, “Maar die Gees van die Here het van Saul gewyk en ‘n bose gees wat deur die Here gestuur is, het hom voortdurend ontstel.” Dit word ook genoem in 1 Sam 16:15-16, 23; 18:10 en 19:9. Hoekom het God toegelaat dat ‘n bose gees Saul ontstel het? Op watter manier het die bose gees “van” die Here af gekom?

Eerstens was die bose gees “van” die Here in die sin van, dat dit deur God toegelaat is om Saul te teister. Uiteraard is alle geskape dinge onder God se beheer. Dit is moontlik dat hierdie bose gees deel was van God se oordeel oor Saul vir sy ongehoorsaamheid. Saul was by twee geleenthede baie ongehoorsaam aan God gewees (1 Sam 13:1-14; 15:1-35). Dus het God Sy Gees van Saul weggeneem en toegelaat dat ‘n bose gees hom teister. Waarskynlik wou Satan en die demone altyd vir Saul aanval; God het nou eenvoudig net aan hul toestemming gegee om dit te doen.

Tweedens was die bose gees gebruik om Dawid in Saul se lewe in te bring. Hierdie weergawe is opgeneem onmiddellik na Dawid se salwing as die toekomstige koning van Israel. Die leser staan verwonderd hoedat ‘n skaapwagterseun koning kon word. 1 Sam 16 openbaar die eerste stap van hierdie reis. Toe die koning se amptenare die lyding van Saul gesien het, het hulle voorgestel, “U word ontstel deur ‘n boosaardige gees wat deur God gestuur is. Die koning moet maar net praat, dan soek ons iemand wat die lier kan speel. As die boosaardige gees u pla, kan die man speel en u sal beter voel” (1 Sam 16:15-16).

Een van die koning se amptenare het Dawid na die koning verwys deur die jongman as ‘n knap harpspeler te beskryf, tesame met ander dinge (vers 18). Saul het Dawid laat kom en gevind dat hy vir hom tot groot troos is: “So het Dawid dan by Saul gekom en vir hom gewerk. Saul het baie van Dawid gehou, sodat hy Saul se wapendraer geword het. Saul het ook na Isai toe gestuur en laat vra: “Laat Dawid tog vir my werk, ek hou van hom.” Telkens wanneer die boosaardige gees in Saul was, het Dawid die lier gevat en daarop gespeel. Dan het Saul bedaar en die boosaardige gees het van hom af padgegee” (1 Sam 16:21-23).

Dit is belangrik om raak te sien dat hierdie bose gees wat vir Saul geteister het, slegs tydelik was. Die laaste vers noem dit dat die bose gees op veelvuldige tye gekom het om Saul te ontstel, maar dit het ook by tye van hom weggegaan.

‘n Verwante vraag is of God vandag nog bose geeste stuur om mense te ontstel? Daar is voorbeelde van individue in die Nuwe Testament wat oorgegee is aan Satan of demone vir straf. God het Ananias en Saffira toegelaat om met die gees van Satan gevul te word as ‘n waarskuwing en voorbeeld aan die vroeë kerk (Hand 5:1-11). ‘n Man in die kerk van Korinte het bloedskande gepleeg, asook egbreuk en God het die leiers opdrag gegee om hom oor te gee aan Satan, om sy sondige natuur te vernietig en sy siel te red (1 Kor 5:1-5). God het ‘n boodskapper van Satan toegelaat om die apostel Paulus te teister, om hom sodoende te leer om op God se genade en almag staat te maak en nie verwaand te raak, as gevolg van die enorme oorvloed van geestelike waarhede wat aan hom gegee was nie (2 Kor 12:7).

Die Nuwe Testament openbaar hoe God die teenwoordigheid van bose geeste kan gebruik om Sy almag te openbaar. Jesus het Sy mag oor demone op tallose kere gewys; elke keer dat Jesus ‘n demoon uitgedryf het, was dit ‘n bevestiging van die Here se outoriteit. Die weergawe waar Jesus die demone uitgedryf het wat in ‘n trop varke ingevaar het, dui aan dat ongeveer 2,000 bose geeste teenwoordig was en tog het hulle almal die almag van Christus gevrees (Mark 5:1-13).

Indien God vandag nog toelaat dat bose geeste mense teister, doen Hy dit ten goede vir ons en tot Sy eer (Rom 8:28). Soos in Job se geval, kan Satan en sy volgelinge slegs doen wat God hulle toegelaat het om te doen (Job 1:12; 2:6). Hulle handel nooit onafhanklik van God se soewereine en volmaakte wil en doel nie. As gelowiges vermoed dat hulle deur demoniese magte geteister word, is die eerste optrede om enige sonde aan hul bekend, te bely. Dan moet ons vra vir wysheid om te verstaan wat ons vanuit die situasie moet leer. Dan moet ons, wat God ookal in ons lewens toegelaat het, onderwerp, in die vertoue dat dit tot gevolg sal hê dat ons geloof opgebou word tot die eer van God.

Bose geeste kan nie staande bly teen God se almag nie. Soos Ef 6:10-12 beveel, “Soek julle krag in die Here en in Sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly, ondanks die listige aanslae van die duiwel. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose magte van hierdie sondige wêreld, teen die bose geeste in die lug.”

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom het God ‘n bose gees gestuur om koning Saul te ontstel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries