settings icon
share icon

Die boek Ester

Skrywer: Die boek Ester noem nie die skrywer nie. Mordegai is ‘n populêre moontlikheid en hoofkarakter in die boek Ester, Esra en Nehemia is ook moontlike skrywers en was bekend met die Persiese gebruike.

Datum van Skrywe: Ester is moontlik tussen 460 en 350 v C geskryf.

Doel van Skrywe: Die doel van die boek Ester is om God se voorsiening uit te beeld, veral ten opsigte van Sy uitverkore mense, Israel. Ester bevat die weergawe oor die instelling van die Purimfees en die verpligting van die ewigdurende viering daarvan. Die boek Ester is by die Purimfees gelees om die groot vrymaking van die Joodse volk te herdenk, wat deur God bewerkstellig is deur middel van Ester. Hedendaagse Jode lees nog steeds Ester gedurende die Purimfees.

Sleutelverse:
Ester 2:15, “Toe haar beurt kom om na die koning toe te gaan, het sy niks meer gevra as wat Hegai, die paleisbeampte wat oor die koning se vrouens toesig gehou het, vir haar aanbeveel het nie.”

Ester 4:14. “As jy nóú swyg en daar kom van ‘n ander kant af uitkoms en redding vir die Jode, sal jy en jou familie omkom. Wie weet, miskien is dit juis met die oog op ‘n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!”

Ester 6:13, “As dit so is dat Mordegai, voor wie jy hierdie eerste vernedering ondergaan het, tot die Joodse volk behoort, sal jy nie kan standhou voor hom nie. Voor hom sal jy heeltemal ondergaan.”

Ester 7:3, “As die koning my goedgesind is en die koning dit goedvind, laat my en my volk toe om te bly lewe. Dit is my wens en my versoek.”

Kort Samevatting: Ester kan in drie hoofgedeeltes verdeel word. Hoofstukke 1:1-2:18 (Ester vervang Vasti) 2:19-7:10 (Mordegai oorwin Haman) 8:1-10:3 (Israel oorleef Haman se poging om hulle te vernietig). Die edele Ester het haar lewe gewaag, toe sy besef wat besig was om te gebeur. Sy het vrywilliglik gedoen wat ‘n dodelike plan kon wees, om vir Haman, tweede in bevel van haar man se koninkryk, aan te vat. Sy was ‘n wyse en die waardigste opponent, altyd nederig en respekvol ten opsigte van die posisie van haar die koning, wat haar man was.

Dis baie dieselfde as die storie van Josef in Gen 41:34-37. Beide stories bevat buitelandse konings, wat die bestemming van die Jode beheer het. Beide weergawes beeld die dapperheid van Israelitiese individue uit, wat voorsien het dat hul mense en die volk gered word. Die hand van God is tasbaar in n situasie wat baie sleg voorkom en tog totaal onder beheer van die Almagtige God is, wat altyd die goeie vir Sy mense op die hart dra. Midde in hierdie storie is die voortdurende skeiding tussen die Jode en die Amalekiete, soos reeds in die boek van Eksodus aangeteken is. Haman se doel is die finale poging, soos aangeteken in die Oud Testamentiese tydperk, vir die algehele uitwissing van die Jode. Sy planne het uiteindelik geëindig met sy eie heengaan en die verheffing van sy vyand, Mordegai, tot sy eie posisie, sowel as die redding van die Jode.

Feesviering is die hooftema van die boek, Ester. Daar word van tien onthale gepraat en baie van die gebeure is beplan, saamgesweer of uitgevoer tydens hierdie feesmaaltye. Alhoewel God se Naam nooit in Ester gemeld word nie, is dit opmerklik dat die Jode van Susan God se ingrype gesoek het, toe hulle vir drie dae gevas en gebid het (Ester 4:16). Ten spyte van die wette van Medië en Persië is die uitvoering van hul vernietiging onveranderd gelaat, maar die weg was oop vir hul gebede om verhoor te word. Ester het haar lewe gewaag om nie een keer nie, maar twee keer ongenooid na die koning te gaan (Ester 4:1-2; 8:3). Sy was nie tevrede met die vernietiging van Haman nie; sy was gedrewe om haar mense te red. Die instelling van die Purimfees is geskryf en behou, sodat almal kan sien, vandag nog steeds: God se uitverkore mense, sonder dat Sy Naam direk genoem word, het behoue gebly deur die wysheid en nederigheid van Ester.

Voorspellings: In Ester sien ons die agter-die-skerms tonele van die ewigdurende geweld van Satan teen die planne van God en die ergste teen Sy beloofde Messias. Die inkom van Christus in die menslike ras is bevestig, as gevolg van die bestaan van die Joodse ras. Soos Haman teen die Jode saamgesweer het om hulle te vernietig, so het Satan homself teen Christus en God se mense verset. Soos Haman verslaan is op die galg wat hy vir Mordegai gemaak het, so gebruik Christus dieselfde wapen wat sy vyand gebruik om Hom en Sy geestelike saad te vernietig. Satan het beplan om die kruis te gebruik om die Messias te vernietig en so het Christus ook “die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem. Hy het die bose magte ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer” (Kol 2:14-15). Soos Haman gehang is aan die galg wat hy vir Mordegai gebou het, so is die duiwel ook gebreek deur die kruis wat hy opgerig het om Christus te vernietig.

Praktiese Toepassing: Die boek Ester wys ons op die keuse wat ons maak tussen die hand van God in ons lewensomstandighede en om dinge te sien as blote toeval. God is die soewereine Regeerder van die heelal en ons kan verseker wees dat Sy planne nie deur die optrede van bose mense geskuif sal word nie. Alhoewel Sy Naam nie in Ester genoem word nie, is Sy Voorsienigheid en omgee vir Sy mense, individue en volke, regdeur bewys. Ons kan byvoorbeeld nie misluk om raak te sien hoe die Almagtige Sy invloed uitoefen oor koning Ahasveros se tydige slaaploosheid nie. Deur die voorbeeld van Mordegai en Ester, gebruik ons Vader dikwels die stille liefdestaal om direk met ons gees te kommunikeer, soos dit in hierdie boek uitgebeeld word.

Ester bewys dat sy ‘n godvresende en ontvanklike gees het, wat ook groot sterkte en gewillige gehoorsaamheid toon. Ester se nederigheid het merkwaardig verskil van diegene rondom haar en dit het gemaak dat sy haar tot in die posisie van koningin kon ophef. Sy wys dat ons deur nederig te bly en respek te betoon, selfs in moeilike en menslik onmoontlike omstandighede, dikwels gebruik word as die houer gevul met ongekende seën vir onsself en andere. Ons sou goed doen indien ons haar godvresende eienskappe in al ons lewensareas toepas, maar spesifiek in moeilike tye. Nie eenkeer is daar ‘n klagte of slegte gesindheid in die boek geopenbaar nie. Baie maal lees ons dat sy die guns van diegene rondom haar gewen het. Sulke guns is, wat uiteindelik haar mense gered het. Ons kan sulke guns verleen word, wanneer ons, selfs onregverdige vervolging ervaar en dan ook nog Ester se voorbeeld volg, deur die behoud van ‘n positiewe gesindheid, gekoppel aan nederigheid en die vasberadenheid om op God te steun. Wie weet of God ons nie in so ‘n posisie plaas, vir juis ‘n tyd soos nou nie?

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Die boek Ester
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries