settings icon
share icon

Die boek Amos

Skrywer: Amos 1:1 identifiseer die skrywer as die profeet, Amos.

Datum van Skrywe: Amos is waarskynlik tussen 760 en 753 v C geskryf.

Doel van Skrywe: Amos is 'n skaapwagter en 'n vrugteplukker in die dorpie Tekoa in Judea, toe God hom geroep het, ten spyte van die feit dat hy geen opleiding of agtergrond as priester gehad het nie. Amos se roeping was noordwaarts, in die rigting van sy buurman, Israel. Sy verdoemende boodskappe en ballingskap vir die volk, as gevolg van hul sonde, was grotendeels onpopulêr en ongegrond. Amos se bediening vind plaas terwyl Jerobeam II oor Israel regeer en Ussia oor Juda regeer.

Sleutelverse: Amos 2:4, "So sê die Here: 'Selfs as Israel net drie keer sonde gedoen het, sou Ek sy straf nie herroep het nie. Maar nou het hy 'n vierde sonde daarby gevoeg: hulle het die wet van die Here verwerp, hulle nie aan sy voorskrifte gehou nie en toe het die vals gode hulle verlei, die afgode agter wie hulle voorvaders aangeloop het.'"

Amos 3:7, "Die Here God doen niks as Hy nie sy besluit bekend gemaak het aan sy dienaars die profete nie."

Amos 9:14, "Ek sal die lot van my volk Israel verander: hulle sal die verlate stede herbou en bewoon, hulle sal wingerde plant en die wyn daarvan drink, hulle sal tuine aanlê en die vrugte daarvan eet."

Kort samevatting: Amos kan sien dat onderliggend aan Israel se uiterlike voorspoed en mag, is die volk innerlik korrup tot binne-in die kern. Die sondes waarvoor Amos die mense tugtig is omvattend: verwaarlosing van God se Woord, afgodery, heidense aanbidding, hebsug, korrupte leierskap en verdrukking van die armes. Amos begin deur 'n straf te verkondig oor al die omliggende volke, dan teenoor sy eie volk, Juda en uiteindelik is die ergste oordeel teenoor Israel. Sy visioene van God openbaar dieselfde uitdruklike boodskap: oordeel is naby. Die boek eindig met God se belofte aan Amos oor toekomstige herstel van die oorblyfsel.

Voorspellings: Die Die boek Amos eindig met 'n glorieryke belofte vir die toekoms. "Ek sal my volk weer in hulle grond plant, en hulle sal nie weer uitgeruk word uit die grond wat Ek hulle gegee het nie, sê die Here jou God" (9:15). Die uiteindelike vervulling van God se grondbelofte aan Abraham (Gen 12:7; 15;7; 17;8) sal gedurende Christus se duisendjarige ryk op aarde plaasvind (sien Joël 2:26,27). Openbaring 20 beskryf die duisendjarige regering van Christus op die aarde, 'n tyd van vrede en vreugde onder die volmaakte heerskappy van die Verlosser self. Teen daardie tyd word geglo, sal die heidense Christene in die kerk verenig wees en saam met Christus leef en regeer.

Praktiese Toepassing: Soms dink ons dat ons 'n "net-'n" is! Ons is net 'n verkoopsman, boer of huisvrou. Amos kan as 'n "net-'n" oorweeg word. Hy was nie 'n profeet of priester of die seun van iemand nie. Hy was net 'n skaapwagter, 'n kleinsake-ondernemer in Juda. Wie sou na hom luister? Tog, in plaas van verskonings maak, het Amos in gehoorsaamheid opgetree en God se kragtige stem, ten opsigte van verandering geword.

God het "net-'n's" soos skaapwagters, skrynwerkers, vissermanne regdeur die Bybel gebruik. Wat jy ookal in hierdie lewe is, God kan jou gebruik. Amos was nie veel nie. Hy was 'n "net-'n-dienaar" vir God. Dit is goed om God se "net-'n" te wees.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Die boek Amos
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries