settings icon
share icon
Vraag

Hoekom is dit belangrik om alleentyd met God te spandeer?

Antwoord


Alle verhoudinge het tyd nodig. ‘n Verhouding met God is baie anders in sekere opsigte as ander verhoudinge, maar volg tog die reëls van ander verhoudinge. Die Bybel is gevul met vergelykings om ons te help met die beskouing van ‘n verhouding met God. Byvoorbeeld, Christus word gesien as die Bruidegom en die kerk is die bruid. Die huwelik is waar twee een word (Gen 2:24). Sulke intimiteit verg om tyd, alleentyd, met mekaar deur te bring. ‘n Ander verhouding is dié van pa en kind. Hegte verhoudinge tussen ouers en kinders gebeur, waar spesiale alleentyd saam gebeur. Deur dit te doen saam met ‘n geliefde persoon, skep ons die geleentheid om daardie iemand beter te leer ken. Om alleentyd met Christus te spandeer, is nie anders nie. Wanneer ons alleen met God is, beweeg ons nader aan Hom en leer ken ons Hom op ‘n ander wyse, as in groepe.

God verlang “alleentyd” met ons. Hy soek ‘n persoonlike verhouding met ons. Hy het ons as individue geskep, ons “inmekaargeweef” in die moederskoot (Ps 139:13). God ken die intieme besonderhede van ons lewens, soos die getal hare op ons kop (luk 12:7). Hy ken die mossies individueel en “Julle is meer werd as baie mossies (Matt 10:29,31). Hy nooi ons uit om na Hom toe te kom en Hom te ken (Jes 1:18; Openbaring 22:17; Hooglied 4:8). As ons begeer om God intiem te ken, sal ons Hom soek (Ps 63:1) en tyd met Hom spandeer. Ons sal wees soos Maria en by Jesus se voete sit om na Sy stem te luister (Luk 10:39). Ons sal smag na geregtigheid en ons sal gevoed word (Matt 5:6).

Miskien is die beste rede vir ons om alleentyd met God te spandeer, om Bybelse voorbeelde na te volg. In die Ou Testament sien ons dat God profete roep om na Hom te kom, alleen. Moses het God alleen ontmoet by die brandende bos en op die Sinaiberg. In baie Psalms van Dawid, reflekteer hy‘n verhouding gelykstaande aan ‘n boesemvriend van God en gesels met Hom, terwyl hy vir Saul vlug (Ps 57). God se teenwoordigheid het verbygegaan, toe Elia in die grot was. In die Nuwe Testament, het Jesus alleentyd met God deurgebring (Matt 14:13; Mark 1:35; Mark 6:45-46; Mark 14:32-34; Luk 5:16; Luk 6:12; Luk 9:18; Joh 6:15). Jesus het vir ons opdrag gegee om op sekere tye alleen tot God te bid: “as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie” (Matt 6:6a).

Om op Jesus te steun as ons wingerdstok (Joh 15:1-8), het ons nodig om direk en intiem met Hom verbonde te leef. Soos ‘n tak direk aan die wingerdstok gekoppel is, deur die wingerdstok verbind aan ander lote, so is ons direk verbind aan Christus en so opgedeel in ‘n gemeenskap. Ons spandeer alleentyd met God en word so in verbondenheid met Hom, deur aanbidding die beste versorg. Sonder allentyd met God, sal ons behoeftes onbevredig bly en ons sal nie werklik die oorvloedige lewe ken, wat Hy bied nie.

Om tyd alleen saam met God te spandeer, sal ons gedagtes stroop van afleiding, sodat ons op Hom kan fokus en Sy Woord hoor. Deur in Hom te bly, geniet ons die intimiteit waartoe Hy ons roep, om Hom werklik te ken.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom is dit belangrik om alleentyd met God te spandeer?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries