settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ‘n vrou genesing en herstel beleef na ‘n aborsie?

Antwoord


Aborsiegenesing en -herstel is moontlik. Om ‘n aborsie te ondergaan en dit later te berou, is ‘n algemene ondervinding wat vroue beleef. Alhoewel dit wat gedoen is, nie ongedaan gemaak kan word nie, kan jy heling en herstel beleef. Die God van alle troos en heling is meer as in staat om die seer en pyn te verlig. Hy kan jou lewe en vreugde herstel.

‘n Ongewenste swangerskap kan ‘n vreesaanjaende ondervinding wees vir iemand wat nie finansieel, emosioneel of fisies voorberei is vir so ‘n verantwoordelikheid nie. Miskien is jy een van die baie vroue en tienerdogters wat bang, verward en desperaat is. In jou soeke na antwoorde is jy miskien wysgemaak dat jou ongebore kind ‘n afskryfbare “massaweefsel” is, nie regtig ‘n ongebore menslike wese nie. Dikwels kom die realiteit van die waarheid later, in die vorm van post-aborsiestres, skuld en depressie. Dit is waar aborsieheling en -genesing essensieel is.

Daar is goeie nuus vir enigeen wat ‘n aborsie ondergaan het en dit is dat God vergifnis bied vir enigeen wat dit vra. Aborsieheling en -genesing begin met die aanvaarding van vergifnis. Rom 3:23-24 sê, “Almal het gesondig en is ver van God af, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van Sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus.” Dit is nooit té laat om na God toe te kom vir heling nie. Daar is niks wat ons kan doen wat só sleg is dat dit onvergeeflik is nie. God bied vergifnis, deur Christus en daarmee saam gee Hy vrede van verstand en hart. Aborsiegenesing is vir jou, as jy dit net eenvoudig aanvaar deur jou geloof in Jesus te plaas, deur Hom toe te laat om permanent inwoning en outoriteit van jou lewe te neem.

Miskien is jy reeds ‘n Christen, tog het jy op ‘n aborsie besluit, miskien uit vrees vir hoe die Christen-gemeenskap jou sou aanvaar. Selfs as jy verstaan het hoe God voel oor aborsie, wat jy uit desperaatheid sou gevoel het, dat jy ontslae moet raak van “getuienis (bewys).” Verstaan asseblief dat aborsiegenesing beskikbaar is. God is gereed om vergifnis te bied, bevryding, heling en herstel. Ja, om ‘n aborsie te gehad het,was verkeerd; dit was om ‘n lewe te neem, maar is nie onvergeeflik nie. Die Bybel sê dat daar geen veroordeling is vir hulle wat aan Christus Jesus behoort nie (Rom 8:1), en dus, wanneer ons ons sondes bely voor Hom, vergewe Hy vrylik (1 Joh 1:9). Dit is nie omdat ons vergifnis verdien nie, maar as gevolg van die liefdevolle natuur van ons Here.

As jy die gevolge besef nadat jy ‘n aborsie gehad het, mag jy dit moeilik vind om jouself te vergewe. God wil egter nie dat ons met ewigdurende skuldgevoel moet leef nie; Hy wil dat ons uit ons foute moet leer en dit tot Sy voordeel moet gebruik, so wel as ons eie. Genesing en herstel van aborsie sal vryheid meebring van skuldgevoelens. Dit sal baie gebed vra, wat eenvoudig kommunikasie met God beteken. Dit en Bybelstudie help ons om God beter te leer ken, sodat ons Hom kan vertrou om heling te bring en ons beter toe te rus om Sy werk te doen. In plaas van om te wik en te weeg om ‘n aborsie te ondergaan, wees bemoedig om jou ondervinding te gebruik om ander te help. Dit mag wees dat jy Christelike berading benodig om daardeur te kom, maar deur die helingsproses, indien jy op die Here vertrou, sal jy sterker raak en geestelik meer groei. Jy kan aborsieheling en herstel beleef! Jy sal deur ‘n ervaring gaan dat God by magte is om jou karakter te versterk en jou voor te berei om ander mense te bedien.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ‘n vrou genesing en herstel beleef na ‘n aborsie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries