settings icon
share icon
Vraag

Wat is Taoisme/Daoisme?

Antwoord


Taoisme (of Daoisme) is ‘n godsdiens waarvan die aanhangers meestal in die Verre Oosterse lande soos China, Maleisië, Korea, Japan, Viëtnam en Singapore gevind word. Huidige bevindinge is dat ongeveer honderd miljoen mense een of ander vorm van Taoisme beoefen, met 20 tot 30 miljoen van hulle op die Chinese vasteland. Dit is nogal merkwaardig, aangesien die vasteland van China ‘n kommunistiese nasie is en baie vorme van godsdiens verbied. Taoisme se oorspronge kan sover as die 3de en 4de eeue v C teruggaan. Soos baie godsdienste, het Taoisme sy eie stel skrifte, waarvan die hoof een eenvoudig na verwys word as die “Tao.” Ander tekste word ingesluit en die volle spektrum van die Taoistiese kanon is bekend as die Daozang. Die woord “Tao” kom van die karakter in die Chinese alphabet met dieselfde naam. Die woord beteken “weg” of “pad.”

Taoisme was nooit ‘n verenigde godsdiens nie en sommige geleerdes plaas dit in 3 kategorieë: filosofies, dwepery en Chinese volksgodsdiens. Die breë stel opvattings maak dit moeilik om presies te definieer wat Taoisme is. In die algemeen, gaan Tao om met die vloei van die heelal of die krag agter natuurlike orde wat alles in balans en in orde hou. Tao word beskou as ‘n bestaansbron en “nie-bestaande.” Sommige Oosterse godsdienste verwys hierna as die “yin and yang” van die heelal, wat homself ook kan uitdruk as die gelyke krag van “goed” en “kwaad.”

Sommige volgelinge van Taoisme glo in politeïsme (geloof in baie gode); ander beoefen voorvader-aanbidding. Taoiste neig om meerendeels op vakansiedae volgens hul kalender te aanbid, wanneer kos as offer aan gode en geeste of gestorwe voorvaders uitgesit word. Ander vorme van offerande sluit in deur papiergeld te verbrand – Taoiste glo dat dit in die geesteswêreld weer sal materialiseer vir ‘n gestorwe voorvader om te gebruik. ‘n Aantal verweerkuns-dissiplines soos T’ai Chi Ch’uan en Bgua Zang het in Taoisme ontstaan. Min mense in die Westerse wêeld beoefen Taoisme en sommige het Tao verwar met Zen, volgens die boeke “The Tao of Physics” deur Fritjof Capra of “The Tao of Pooh” deur Benjamin Hoff.

Alhoewel die woord “Tao” “weg” beteken, is dit nie die ware “Weg” nie. Daar is baie godsdienste wat beweer dat hulle een van die paaie is om by God uit te kom. Maar Jesus Christus het gesê dat Hy die “enigste” weg na God toe is (Joh 14:6). Terwyl Taoisme dit ontken, misluk dit om met die sondige natuur van die mensekind te handel. Almal (behalwe Jesus) het in die wêreld gekom met ‘n sondige natuur, oorgeërf vanaf Adam en dit is sonde wat ons van God skei. ‘n Heilige en regverdige God kan niks wat sondig is in Sy oë aanvaar nie. Maar in Sy genade het Hy Sy Seun Jesus gestuur na die wêreld (wat God in die vlees was) om aan die kruis te sterf en Sy regverdigheid vir ons sondes te verruil (2 Kor 5:21). Dit is slegs deur hierdie versoeningsdood te aanvaar en in Christus te glo, dat ons die straf van God kan vrykom en die ewige lewe kan ontvang (Ef 2:8-9). Christus, nie Tao nie, is die weg na die ewige lewe.



English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Taoisme/Daoisme?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries