settings icon
share icon
Vraag

Wat is Sionisme/Christelike Sionisme?

Antwoord


Sionisme, eenvoudig net ‘n politieke beweging aanvanklik, het vandag meer soos ‘n ideologie geraak as enigiets anders. Sionisme is ‘n internasionale beweging met die terugkeer van die Joodse volk na Sion, die land van Israel, terwyl die reg uitgeoefen was om outoriteit van regering oor die staat van Israel te behou, wat aan hulle belowe is in die Hebreeuse Skrif. Die oorsprong van Sionisme kry ons in Genesis 12 en 15, waarin God ‘n verbond met Abraham maak, deur aan hom te belowe dat sy nageslag die land tussen Egipte en die Eufraatrivier sou erf.

As gevolg van die feit dat Sionisme die begin van ‘n politieke beweging was, bestaan daar tussen sekulêre heidene en nie-godsdienstige Jode ‘n gedagte dat die godsdienstige agtergrond van die Joodse volk niks met Sionisme te doen gehad het nie. Daar word geargumenteer dat Sionisme eerder ‘n reaksie van die Joodse mense was teenoor die wêreldwye vervolging gedurende Wêreldoorloë 1 en 11. Geen nasie wou hulle opneem nie, dus was hulle geforseer om hul eie volk te skep, die land van hul voorvaders was die plek met die meeste geleenthede.

Nodeloos om te sê dat die Sionistiese beweging wat in die laat 1890’s begin het, het in 1948 verwesenliking gevind, toe Israel amptelik erken is as staat en soewereiniteit as ‘n volk gekry het, binne-in Palestina deur die Verenigde Nasies. Dit is wanneer, tegnies gesproke, die politieke Sioniste beweging geëindig het en die ideologie van Sionisme begin het en sodoende ‘n hoogs debatteerbare onderwerp geraak het. Sommige sou sê dat Sionisme ‘n motivering vir rasisme geword het of ‘n reaksie teen anti-Semitisme. Ander glo dat Sionisme, soos dit tans bestaan, merendeels Joodse pariotisme is. Geassosieer met Joodse Sionisme is Christelike Sionisme. Laasgenoemde is eenvoudig gestel, heidense ondersteuning van Joodse Sionisme, gebaseer op die beloftes aan Israel, soos in die Bybel gevind: Jeremia 32 en Esegiël 34. Christelike Sioniste is primêr evangelies en gee steun op enige moontlike wyse aan die Joodse staat van Israel. Die terugkeer van die Jode na die Beloofde Land is die vervulling van profesie en word gesien, veral deur dispensasionaliste, as ‘n teken dat die wêreld die eindtye bereik het.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Sionisme/Christelike Sionisme?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries