settings icon
share icon
Vraag

Is die New World Translation ‘n geldige weergawe van die Bybel?

Antwoord


“The New World Translation” (NWT) is deur die Jehova Getuies se moeder-organisasie (The Watchtower Society) omskryf as “a translation of the Holy Scriptures made directly from Hebrew, Aramaic and Greek into modern-day English by a committee of anointed witnesses of Jehovah.” The NWT is die anonieme werk van die “New World Bible Translation Committee.” Die Jehova Getuies beweer dat die anonimiteit in plek is, sodat die krediet vir die werk aan God toegeken sou word. Natuurlik het dit die bykomende voordeel dat die vertalers beskerm word van enige verantwoordelikheid vir hul foute en dit voorkom dat ware geleerdes hul akademiese vaardighede nagaan.

Die NWT is uniek in een opsig – dit is die eerste intensionele, sistematiese poging om ‘n volledige weergawe van die Bybel te produseer, wat uitgegee en hersien is vir die spesifieke doel om saam te stem met ‘n spesifieke groep se doktrine. Die Jehova Getuies en die Watchtower Society het besef dat hul opvattings in stryd met die Skrif was. Dus, eerder as om hul opvattings te verander volgens die Skrif, het hulle die Skrif verander om saam te stem met wat hulle glo. Die NWT Committee het enige Skrif verander wat nie met die Jehova Getuies se teologie saamstem nie. Dit is duidelik merkbaar as gevolg van die feit dat soos nuwe uitgawes van die NWT gepubliseer was, bykomende veranderinge gemaak was,ten opsigte van die bybelse teks. Soos bybelse Christene aangehou het om Skrigedeeltes uit te wys wat duidelik argumenteer vir die goddelikheid van Christus (byvoorbeeld), sou die Watchtower Society ‘n nuwe uitgawe van die NWT publiseer, wat daardie Skrifte verander het. Die volgende is ‘n paar van meer prominente voorbeelde van intensionele hersienings:

Die NWT vertolk die Griekse term “staurós” (kruis) as “torture stake”, omdat die Jehova Getuies nie glo dat Jesus gekruisig was nie. Die NWT vertaal nie die woord “sheol” of die Griekse word “hades”, “gehenna” en “tartarus” as “hel” nie, omdat hulle nie in die hel glo nie. Die NWT gee die vertaling “presence” in plaas van “coming” vir die Griekse woord “parousia”, omdat Jehova Getuies glo dat Christus reeds teruggekom het, in die vroeë 1900’s. In Kol 1:16 plaas die NWT die woord “other” ten spyte van die feit dat dit heeltemal afwesig is in die oorspronklike Griekse teks. Dit is gedoen om die siening te gee dat “all other things” deur Christus geskep is, in plaas van wat die teks sê, “all things were created by Christ.” Dit is gedoen om te korrespondeer met hul geloof dat Christus ‘n geskape wese is, wat hulle glo, omdat hulle die Drie-eenheid ontken.

Die bekendste van al die NWT se verdraaiings is Joh 1:1. Die oorspronklike Griekse teks lees: “The Word was God.” Die NWT verander dit na “the word was a god.” Dit is ‘n kwessie van jou vooropgesette mening oor teologie in die teks in te lees, eerder as om toe te laat dat die teks vir homself spreek. Daar is geen onbepaalde lidwoord in Grieks nie (in Engels, “a” or “an”). Dus, enige gebruik van so ‘n onbepaalde lidwoord in die Engelse vertaling moet deur die vertaler ingevoeg word. Dit is grammatikaal aanvaarbaar in Engels, solank as dit nie die betekenis verander nie.

Daar is ‘n perfekte goeie verduideliking waarom “theos” geen bepaalde lidwoord in Joh 1:1 het nie en waarom die NWT se verandering verkeerd is. Daar is 3 algemene reels vir ons om dit te verstaan:

In Grieks bepaal die woordorde nie die woordgegebruik soos dit in Engels gebeur nie. In Engels word ‘n sin gestuktureer ten opsigte van woordorde: Onderwerp – Werkwoord – Voorwerp. Dus, “Harry called the dog” is nie ekwivalent tot “The dog called Harry” nie. In Grieks egter word ‘n woord se funksie bepaal deur die laaste letter (case), gebind aan die stam van die woord. In Joh 1:1 is daar 2 moontlike letter-afsluitings vir die stam “theo…”. Een is “s” (theos), die ander is “n” (theon). Die “s” identifiseer normaalweg aan die einde ‘n selfstandige naamwoord as die onderwerp van die sin, terwyl die “n” aan die einde normaalweg ‘n selfstandige naamwoord identifiseer as die direkte voorwerp.

As ‘n selfstandige naamwoord funksioneer as ‘n predikatiewe nominatief (in Engels ‘n selfstandige naamwoord wat ‘n “being” werkwoord volg, soos “is”) moet die laaste letter ooreenstem met die selfstandige naamwoord se letter wat dit hernoem, sodat die leser kan weet watter selfstandige naamwoord dit na verwys. Dus, “theo” moet op ‘n “s” eindig, omdat dit “logos” hernoem. Dus, Joh 1:1 transkribeer na: “kai theos en ho logos.” Is “theos” die onderwerp of is “logos?” Beide eindig op ‘n “s”. Die antwoord woord in die volgende reël gevind:

In gevalle waar twee selfstandige naamwoorde verskyn en beide het dieselfde letters (case endings) aan die einde, sal die skrywer dikwels die bepaalde lidwoord by die woord wat die onderwerp is,voeg om sodoende verwarring te voorkom. Johannes plaas die bepaalde lidwoord “on logos” (the Word) in plaas van “theos.” Dus, “logos” is die onderwerp en “theos” is die predikatiewe nominatief. In Engels word dit in Joh 1:1 as volg gelees: “and the Word was God” ( in plaas van “and God was the word”).

Die mees openbarende getuienis van die Watchtower se neiging is hul inkonsekwente vertalingstegniek. Regdeur die Johannes-evangelie kom die Griekse woord “theon” voor, sonder ‘n bepaalde lidwoord. Die NWT verander geeneen van hierdie as “’n god” nie. Selfs meer teenstrydig, in Joh 1:18 vertaal die NWT dieselfde term as beide “God” en “god” in presies dieselfde sin.

Die Watchtower het dus geen tekstuele gronde vir hul vertaling nie – net hul eie teologiese partydigheid. Terwyl NWT aanhangers sukses mag behaal deur te wys dat Joh 1:1 vertaal kon word soos hulle dit gedoen het, kan hulle nie bewys dat dit goeie vertaling is nie. Ook kan hulle nie die feit verduidelik dat die NWT nie dieselfde Griekse frases op ‘n ander plek in die Johannes-evangelie op dieselfde wyse het nie. Dit is slegs die vooropgesette, ketterse verwerping van die goddelikheid van Christus wat die Watchtower Society fors om die Griekse teks teenstrydig te vertaal, dus laat dit toe dat hul fout meer ‘n skyn van egtheid toon, teenoor hulle wat onkundig is, rakende die feite.

Dit is slegs die Watchtower se vooropgesette, ketterse opvattings wat agter die oneerlike en teenstrydige vertaling sit, die NWT. Die NWT is definitief nie ‘n geldige uitgawe van God se Woord nie. Daar is klein verskille tussen al die belangrike Engelse vertalings van die Bybel. Geen Engelse vertaling is perfek nie. Tog ander Bybelvertalers maak klein foute in die oorsit van die Hebreeuse en Griekse teks na Engels; die NWT verander intensioneel die oorsit van die teks om dit na die Jehova Getuies se teologie te omvorm. Die NWT is ‘n verdraaiing, nie ‘n weergawe van die Bybel nie.



English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is die New World Translation ‘n geldige weergawe van die Bybel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries