settings icon
share icon
Vraag

Is Luk 16:19-31 ‘n gelykenis of ‘n weergawe van gebeure wat werklik plaasgevind het?

Antwoord


Luk 16:19-31 is die fokus van baie twispunte. Sommige meen dat die storie van die ryk man en Lasarus waar is, ‘n historiese weergawe van gebeure wat eintlik gebeur het; ander sien dit as ‘n gelykenis of sinnebeeldige voorstelling.

Hulle wat hierdie verhaal as ‘n ware insident interpreteer, het verskeie redes daarvoor. Eerstens is die storie nooit ‘n gelykenis genoem nie. Baie ander stories van Jesus is aangewys as gelykenisse, soos die saaier en die saad (Luk 8:4); die vooruitstrewende boer (Luk 12:16); die onvrugbare vyeboom (Luk 13:6); en die huweliksfees (Luk 14:7). Tweedens gebruik die storie van die ryk man en Lasarus die werklike naam van ‘n persoon. Sulke spesifiekheid sou dit skei van gewone gelykenisse, waarin die karakters nie by name genoem word nie.

Derdens lyk dit nie asof hierdie besondere storie inpas by die definisie van ‘n gelykenis nie, wat ‘n aanbieding is van ‘n geestelike waarheid, deur ‘n aardse illustrasie te gebruik. Die storie van die ryk man en Lasarus verteenwoordig direkte geestelike waarheid, met geen aardse metafoor nie. Die agtergrond van die grootste deel van die storie, is die lewe ná die dood, in teenstelling met die gelykenisse, wat ontvou in aardse kontekste.

In teenstelling beweer ander dat hierdie storie ‘n gelykenis is en nie werklik ‘n gebeurtenis nie. Hulle wys uit dat Jesus se standaard praktyk was om gelykenisse in Sy onderrig te gebruik. Hulle beskou nie die bogenoemde argument as sterk genoeg om te waarborg dat die storie as enigiets anders geklassifiseer kan word, as ‘n gelykenis nie. Daar is ook sommige aspekte van die weergawe wat lyk asof dit nie met die res van die Skrif ooreenstem nie. Byvoorbeeld, kan mense in die hel en mense in die hemel mekaar sien en met mekaar praat?

Die belangrike ding is dat óf die storie ‘n ware insident óf ‘n gelykenis is, die lering daaragter bly dieselfde. Selfs al is dit nie ‘n “ware” storie nie, is dit realisties. Gelykenis of nie, Jesus het doodgewoon dit gebruik om te leer dat die onregverdiges na die dood vir ewig van God geskei sal wees, dat hulle sal onthou dat hulle die Evangelie verwerp het, dat hulle in pyniging is, en dat hul toestand nie verander kan word nie. In Luk 16:19-31, óf dit ‘n gelykenis óf ‘n letterlike weergawe is, Jesus het duidelik die bestaan van die hemel en die hel hier geleer, sowel as die misleiding van rykdom vir hulle wat hul vertoue op materialistiese voorspoed plaas.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is Luk 16:19-31 ‘n gelykenis of ‘n weergawe van gebeure wat werklik plaasgevind het?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries